Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/08 bl. 4
  • Wanneer ’n huisbewoner ’n ander taal praat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n huisbewoner ’n ander taal praat
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om belangstelling in die anderstalige veld te ontwikkel
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Wees onpartydig in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Ons werk saam om in veeltalige gebied te preek
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 6/08 bl. 4

Wanneer ’n huisbewoner ’n ander taal praat

1. Waarom is daar ’n toenemende behoefte aan samewerking wanneer daar in ’n gebied gewerk word?

1 Regoor die wêreld kom Koninkryksverkondigers al hoe meer dikwels belangstellendes teë wat ’n ander taal as dié van die plaaslike gemeente praat. Om hierdie mense geestelik te help, vind baie takkantore dit nodig om anderstalige groepe en gemeentes te stig. Aangesien ’n paar tale dalk in een gebied gepraat word, preek verskeie gemeentes van verskillende tale dalk in dieselfde gebied. Hoe kan die gemeentes saamwerk om te verseker dat die predikingswerk op ’n ordelike wyse gedoen word?—1 Kor. 14:33.

2. Hoe kan ons, wanneer ons van deur tot deur getuig, ons samewerking aan ’n anderstalige groep of gemeente in ons gebied gee?

2 Goeie samewerking: Wanneer ’n verkondiger straatwerk doen of informeel getuig, moet hy die vrymoedigheid hê om enigiemand te nader, ook diegene wat dalk ’n ander taal praat, en lektuur aanbied in die taal wat die persoon verkies om te lees. Maar wanneer hy van huis tot huis werk in ’n buurt waar anderstalige groepe of gemeentes ook werk, moet die verkondiger oor die algemeen konsentreer op die huise van diegene wat die taal praat van die gemeente waarin hy is. Wanneer verskillende gemeentes in dieselfde buurt werk, is dit uiters noodsaaklik dat goeie rekords gehou word. Die diensopsieners moet met mekaar kommunikeer en sake so reël dat dit almal pas (Spr. 11:14). Maar wanneer ’n verkondiger iemand van ’n ander taal in die deur-tot-deur-bediening ontmoet en daar nie ’n gemeente wat daardie taal praat, daar naby is nie, moet hy probeer om ’n getuienis te gee en na die belangstelling om te sien.

3. Hoe moet ons reageer wanneer ons verkondigers van ’n anderstalige groep of gemeente teëkom wat in dieselfde gebied as ons werk?

3 Dieselfde werk: Hoe moet sake hanteer word wanneer verkondigers van verskillende gemeentes toevallig op dieselfde dag in dieselfde buurt werk? Christelike liefde sal natuurlik enige taalgrens oorkom, en almal sal hoofsaaklik besorg wees oor die behoeftes van die gebied (Joh. 13:34, 35). Diegene wat die leiding neem, sal dus redelikheid en liefde aan die dag lê wanneer hulle besluit of een groep tydelik na ’n ander gebied sal gaan.—Jak. 3:17, 18.

4. Watter profesie word vandag vervul?

4 Die Bybel het voorspel dat mense van verskillende tale die goeie nuus sal hoor (Op. 14:6, 7). Noue samewerking deur almal wat betrokke is, kan onnodige duplisering van die werk voorkom, en talle nuwes, ook dié wat ’n ander taal praat, sal met die goeie nuus bereik word.—Ef. 4:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel