Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Mei
“Sal jy dit geniet om onder die toestande te lewe wat in hierdie geïnspireerde vers beskryf word? [Lees 2 Petrus 3:13. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die nuwe hemele en die nuwe aarde is. Dit beskryf ook hoe die lewe sal wees wanneer God sy voorneme met die aarde vervul.”
Ontwaak! Mei
“Party mense glo dat jy aggressief moet wees as jy in vandag se wêreld sukses wil behaal. Maar let op wat Jesus gesê het. [Lees Matteus 5:5, 9.] Stem jy hiermee saam? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif beklemtoon drie voordele van vredeliewendheid.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 28 begin.
Wagtoring 1 Junie
“In die meeste kulture was daar ’n tyd toe bejaardes met respek behandel is, soos hierdie wet uit die ou tyd toon. [Lees Levitikus 19:32.] Dink jy dat sulke respek vandag nog algemeen is? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif toon hoeveel God vir bejaardes omgee en hoe ons dit ook kan doen.”
Ontwaak! Junie
“Terrorisme is niks nuuts nie, maar vandag het dit ’n wêreldwye verskynsel geword wat byna elkeen se lewe raak. Waarom dink jy is dit die geval? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie nommer van die Ontwaak! wys wat die Bybel sê oor die einde van terrorisme en hoe God ware vrede op aarde tot stand sal bring.” Lees Miga 4:4.