Teokratiese nuus
Marshall-eilande: In Februarie was daar altesaam 203 verkondigers—’n vermeerdering van 4 persent in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar!
Noorweë: Daar was in Februarie 1999 ’n vermeerdering van 72 persent in hulppioniers; 9 persent in gewone pioniers; 4 persent in herbesoeke en 6 persent in Bybelstudies oor die syfers van Februarie 1998. Meer boeke en brosjures is ook versprei.
Roemenië: Daar was goeie vermeerdering in die pioniergetalle en in die aantal Bybelstudies wat gehou is, met ’n nuwe hoogtepunt gedurende Februarie van 37 502 verkondigers in die veld.
Suid-Afrika: Die aantal Koninkryksale wat in hierdie diensjaar toegewy is, staan nou op 11 ná die toewyding van die volgende drie sale: Eersterivier (Wes-Kaap), Rookdale (Bergville) en Bloemfontein-Noord. Eersterivier is die tweede snelbousaal in daardie gebied. Rookdale het slegs 12 verkondigers, maar hulle het ’n pragtige saal gebou met sitplek vir 80 mense. Met die hulp van die broers van Gauteng is ’n tweede snelbousaal in Bloemfontein gebou.