Diensvergaderinge vir Julie
Week wat begin met 5 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor gemeente se velddiensrapport vir April. Prys broers vir die goeie werk wat gedoen is. Teokratiese nuus.
20 min: “Bid vir Jehovah se hulp.” Die inleidingskommentare moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Verduidelik hoe verskillende soorte opregte gebede ’n noodsaaklike rol in ’n suksesvolle bediening speel. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel van hoe tydige gebede hulle in hulle bediening gehelp het.—Sien Die Wagtoring van 15 Oktober 1996, bladsy 32.
15 min: Maak goed gebruik van die brosjures. Toespraak en demonstrasies. Verduidelik waarom brosjures sulke waardevolle instrumente in ons bediening is. Hulle behandel op doeltreffende wyse onderwerpe waarin baie mense belangstel, hulle vat een basiese tema bondig saam en gee ’n eenvoudige verduideliking van skriftuurlike leerstellings. Meld watter brosjures hierdie maand aangebied word en wys dié waarvan die gemeente ’n goeie voorraad het. Demonstreer twee of drie kort aanbiedings wat gebaseer is op wenke onder die opskrif “Presentations” in die Watch Tower Publications Index.
Lied 181 en slotgebed.
Week wat begin met 12 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Diensopsiener bespreek finale reëlings vir die ontoegekende gebied—datums, gebied, verblyf, reisreëlings en lektuuraanbod.
15 min: “Voorbereiding bring vreugde mee.” Toespraak en onderhoude. Verduidelik waarom dit noodsaaklik is om vir die veldbediening voor te berei en hoe dit ons help om groter vreugde te put uit wat ons doen. (Sien Skoolhandleiding, bladsy 39, paragrawe 1-3.) Voer ’n onderhoud met twee of drie bekwame verkondigers wat vertel hoe hulle vir die velddiens voorberei en hoe dit hulle help. Meld ondervinding in Die Wagtoring van 15 April 1993, bladsy 30, om toe te lig hoe die Redenering-boek met welslae gebruik kan word om vir die bediening voor te berei.
20 min: “Kom ons ‘kom tot die punt!’” Gehoordeelname en demonstrasies. Hersien elke wenk oor wat om te sê om ’n horende oor by die deur te vind. Laat ervare verkondigers verskeie doeltreffende inleidings demonstreer. Nooi gehoor om bykomende wenke te gee en aanmoedigende ondervindinge te vertel van wat werklik in die plaaslike gebied werk.
Lied 183 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Moet ek by ’n organisasie aansluit? Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 327-31. Ons kom dikwels mense teë wat ontvanklik vir die Koninkryksboodskap is, maar wat nie by ’n godsdiensorganisasie wil “aansluit” nie. Hersien die definisie van “organisasie” en die sewe kenmerke wat Jehovah se sigbare organisasie identifiseer. Verduidelik waarom dit van ander verskil en hoe omgang daarmee ware seëninge meebring.
Lied 189 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet by almal in hulle groep seker maak dat alle laat rapporte vir vorige maande ingegee is sodat dit by die gemeente se rapport vir Julie ingesluit kan word. Vraebus.
10 min: “Die nuwe kringbyeenkomsprogram.” ’n Toespraak. Kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan. Moedig nuwelinge aan om daaraan te dink om hulle te laat doop. Spoor almal aan om elke sessie by te woon.
20 min: Maak ons dissipels? Diensopsiener bespreek met een of twee bedieningsknegte punte uit Die Wagtoring van 15 Februarie 1996, bladsye 19-22. Beklemtoon skriftuurlike redes waarom ons die verdienstelikes in ons gebied moet soek en dissipels van hulle moet maak (Matt. 10:11). Dit is hulle wat sug oor al die bose en goddelose toestande wat hulle om hulle sien en wat Jehovah soek voor die dag van sy toorn aanbreek (Eseg. 9:4; Sef. 2:2, 3). Onder hulle is ‘diegene wat die regte gesindheid vir die ewige lewe het’ (Hand. 13:48). Ons opdrag is om dissipelmakers te wees, om mense al die dinge te leer wat Jesus beveel het (Matt. 24:14; 28:19, 20). Hoewel ons dalk deur huis-tot-huis-werk, informele getuieniswerk en straatwerk die aanvanklike belangstelling kan wek van diegene met wie ons in aanraking kom, word dissipels gemaak deur die opvolgbediening—deur herbesoeke en Bybelstudies. Gee praktiese wenke wat toon hoe dit gedoen kan word.
Lied 14 en slotgebed.