Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/89 bl. 1-2
  • Jongmense, lewer ’n doeltreffende getuienis op skool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense, lewer ’n doeltreffende getuienis op skool
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE OM DIT TE DOEN
  • ’n Boek wat mense help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Hou aan praat oor die dinge wat jy gesien en gehoor het
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Hoe kan ek vir my skoolmaats getuig?
    Ontwaak!—2002
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 8/89 bl. 1-2

Jongmense, lewer ’n doeltreffende getuienis op skool

1 Dit is wonderlik om Jehovah te dien wanneer jy jonk en vol waardering vir sy beloftes is (Pred. 12:1). Julle jongmense het die spesiale geleentheid om die waarheid met klasmaats en onderwysers te deel, ’n gebied wat gewoonlik vir volwassenes ontoeganklik is. Is jy wakker vir die talle maniere waarop jy informeel by die skool kan getuig?

2 Waarom vind sommige dit moeilik om die waarheid met ander by die skool te deel? Kan dit wees omdat hulle bang is vir wat hulle klasmaats van hulle sal dink as hulle oor God praat? (Vergelyk Markus 8:38) Miskien het jy hierdie soort vrees ervaar toe jy begin het om die goeie nuus van huis tot huis te verkondig. Maar as jy besef dat ander jongmense ’n behoefte aan die waarheid het en dat jy as ’n evangeliedienaar ’n verantwoordelikheid het, sal jy geleenthede soek om die Koninkryksboodskap met ander te deel (Matt. 9:36-38; Luk. 12:8, 9). Dit verg voorbereiding en beplanning van jou kant as jy ’n doeltreffende informele getuienis aan diegene by jou skool wil gee.

HOE OM DIT TE DOEN

3 Een jongmeisie het haar Bybelverhale-boek elke dag by die skool gedurende ’n vry periode van 15 minute gelees. Toe ’n klasmaat navraag gedoen het omtrent die boek is sy genooi om te sit en ’n verhaal saam met haar te lees. Daarna het sy haar nie laat nooi vir ’n studie nie, maar sy het gretig gekom om die volgende verhaal te bespreek. Sy het wat sy geleer het met haar moeder gedeel. Die moeder het gevolglik die Bybel begin studeer en vergaderinge by die Koninkryksaal saam met haar jong dogter begin bywoon.

4 Neem gerus die inisiatief en praat met ander oor die Bybelverhale-boek. Jy kan byvoorbeeld sê: “Hierdie boek toon hoe God sy getroue knegte kan beskerm. [Blaai na verhaal 79.] Jehovah het Daniël in die leeukuil beskerm. Dink jy God sal sy volk red deur in die toekoms ’n einde aan goddeloosheid te maak?” Nadat hulle geantwoord het, kan jy na verhaal 114 blaai om te toon dat Jehovah goddeloosheid sal vernietig en sy volk sal red.

5Jy kan die Skepping-boek op jou lessenaar plaas sodat ander dit sal opmerk. Of wanneer die geleentheid hom voordoen, kan jy na die prent op bladsy 83 blaai en ’n klasmaat of ’n onderwyser vra: “Dink jy/u dat ons voorouers so gelyk het?” Nadat jy ’n antwoord gekry het, kan jy die informasie op bladsy 89, paragrawe 19 en 20 bespreek. Ander se nuuskierigheid kan geprikkel word as jy die titels van die hoofstukke wat op bladsy 5 aangegee word vir hulle wys. Jy kan, na gelang van hulle reaksie, bykomende informasie uit ander dele van die Skepping-boek met hulle bespreek, of jy kan demonstreer hoe die boek bestudeer kan word deur ’n paragraaf te lees en dan die vraag onderaan die bladsy te vra.

6 Toe sy hoërskool toe gegaan het, het een tienerverkondiger haar dit ten doel gestel om ’n Bybelstudie te begin, ’n Klasmaat het Probleme ondervind met haar ouers en het met die Getuie-meisie hieroor gepraat. Die jong verkondiger het haar ’n gepaste “Jongmense vra . . . ”-artikel in Ontwaak! getoon. Die klasmaat was beïndruk deur die materiaal en het meer vrae gestel. Die jong verkondiger het die Paradys op aarde-boek by haar gelaat en verduidelik dat dit kan help om haar vrae te beantwoord, en het ’n Bybelstudie begin.

7 Om ’n getuie vir Jehovah te wees, moet ons oor hom praat (Jes. 43:10-12). Het jy ’n opregte poging aangewend om die waarheid met klasmaats en onderwysers by jou skool te deel? Berei interessante onderwerpe voor wat jy met hulle kan bespreek. Doen die moeite. Vra jou ouers of ander om jou te help. Bid tot Jehovah om jou pogings te seën, net soos hy die pogings van talle ander jong verkondigers geseën het wat bekwame getuies vir Jehovah by die skool is.​—Kol. 1: 9, 10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel