Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 7 AUGUSTUS
12 min: Plaaslike aankondigings en verslag aan gemeente oor vorige maand se velddiensbedrywigheid. Verwittig broers van wat verrig is, en spoor hulle aan vir die werk wat voorlê. Bespreek “Let voortdurend op hoe julle wandel.” Spoor almal aan om planne te maak om kringbyeenkoms by te woon. Bespreek hoe bejaardes en siekes wat hulp nodig het, gehelp kan word. Gee praktiese wenke. Moedig tydskrifwerk vir hierdie Saterdag aan. Sluit kort demonstrasies in oor aanbieding van jongste tydskrifte.
20 min: “Die ewige lewe—ons doelwit.” Vraag-en-antwoordbespreking. Sluit twee demonstrasies in deur wenke op bladsy 1 van Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1989 te gebruik. In een demonstrasie kan die verkondiger, wanneer die huisbewoner die aanbod van die hand wys, afsluit deur ’n gepaste vraag uit die Redenering-boek te opper, wat by ’n ander geleentheid bespreek kan word.
13 min: “Beplan vooruit vir September.” Toespraak. Begin beplan wat individue sowel as gemeente kan doen om die verkondiging van die waarheid te bevorder. Moedig pionierdiens vanaf September aan. Gedagtes uit Die Wagtoring van 1 Mei 1985, bladsye 13-17, kan ingesluit word.
Lied 15 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 14 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Rekeningverslag en enige erkennings van bydraes. 20 min: “Bied die goeie nuus aan—met verskeidenheid in huis-tot-huiswerk.” Moet as ’n bespreking met gehoordeelname behartig word. Laat goed voorbereide verkondiger tydskrifaanbieding van 30 tot 60 sekondes demonstreer wanneer paragrawe 2 en 3 bespreek word. Wanneer paragrawe 4 en 5 bespreek word, kan eenvoudige, direkte benadering gedemonstreer word deur twee verskillende inleidings uit Redenering-boek of Die Wagtoring van 15 Julie 1988 te gebruik. Kies inleidings wat prakties vir plaaslike gebied is.
15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op artikel “Watter waardes rig jou lewe?” uit Ontwaak! van 22 Maart 1989, bladsye 8-10. Lied 34 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 21 AUGUSTUS
10 min: Plaaslike aankondigings. Stel artikels in jongste tydskrifte voor wat hierdie Saterdag gebruik kan word. Hersien “Staan vas as een kudde”, en kondig datum vir spesiale byeenkomsdag aan as dit reeds bekend is. Meld reëlings vir wanneer gemeente weer na ontoegekende gebied gaan. Spoor gemeente hartlik aan om dit hulle volle ondersteuning te gee. Indien gemeente in gebied werk wat selde gedek word, kan hulle aangespoor word om gebied deeglik te dek met aanbod vir ontoegekende gebied.
15 min: “Toon jy respek vir julle Koninkryksaal?” Vrae en antwoorde. Ouere man moet dit behartig, en dele van die artikel wat plaaslik van toepassing is, beklemtoon.
20 min: “Gebruik jy wat jy het?” Bespreek materiaal in byvoegsel met gehoor. Gebruik jaarlikse saakregisters in Die Wagtoring van 15 Desember en Ontwaak! van 22 Desember om toe te lig hoe informasie gevind kan word wat al plaaslik nodig was.
Lied 80 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 28 AUGUSTUS
8 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om hierdie naweek aan velddiens deel te neem. Doen gesprekspunte aan die hand vir aanbieding van Skepping-boek gedurende September.
24 min: “Jongmense, lewer ’n doeltreffende getuienis op skool.” Sluit drie demonstrasies in met jong Getuies wat die voorgestelde aanbiedings in paragrawe 4-6 gebruik.
13 min: Resultate van jongmense wat op skool getuig het. Moet deur ’n ouere man behartig word. Gebruik plaaslike ondervindinge. Indien geen plaaslike ondervindinge beskikbaar is nie, kan die volgende ondervindinge deur ’n paar voorbeeldige jongmense vertel word: Yearbook van 1989, bladsy 45, paragrawe 1, 2 en bladsy 49, paragrawe 1, 2; Yearbook van 1988, bladsy 53, paragrawe 1-3 en bladsy 60, paragrawe 1-3. Spoor jongmense aan om die inisiatief te neem om geleenthede te soek om op skool te getuig. Moedig ouers aan om hulle kinders te help om voor te berei sodat hulle op skool ’n doeltreffende getuienis kan lewer.
Lied 75 en slotgebed.