Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/88 bl. 1-4
  • Help ander om geestelike dinge te waardeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om geestelike dinge te waardeer
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • NOOI HULLE UIT OM TE GETUIG
  • Wees ywerig vir wat goed is!
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Help almal wat reeds belangstelling getoon het
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om by die losprys baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 4/88 bl. 1-4

Help ander om geestelike dinge te waardeer

1 Wat ’n hartverblydende geleentheid is die Gedenkmaal tog nie! Elke jaar word ons herinner aan die waarde van Christus Jesus se offerande ten behoewe van die hele mensdom. Hierdie uiters spesiale viering bied ons die geleentheid om nuwelinge te help om groter waardering te verkry vir die geestelike dinge wat God deur sy geliefde Seun voorsien het (Mark. 9:7). Hoe kan ons diegene wat die Gedenkmaal bywoon, help om gereeld met die gemeente om te gaan?

2 Die meeste mense wat die Gedenkmaal bywoon, selfs vir die eerste keer, is ongetwyfeld daarvan bewus dat hulle ’n geestelike honger het wat gevul moet word (Matt. 5:3, NW). Hoe kan ons hulle aanspoor om maniere te vind om in hierdie behoefte te voorsien?

3 Een ding sal wees om hulle so gou moontlik te besoek. Toon persoonlike belangstelling en bied aan om hulle te help om geestelike vordering te maak. Talle wat die Gedenkmaal bywoon, het nie ’n persoonlike tuisbybelstudie nie. Help hulle verstaan dat hulle ’n gereelde studie nodig het om ten volle by Christus Jesus se offerande baat te vind en Jehovah se goedkeuring weg te dra. Probeer om so ’n geestelike voedingsprogram te reël vir ’n tyd wat hulle pas.

4 As jy hulle die week na die Gedenkmaal besoek en ’n Bybelstudie probeer reël, kan jy hulle terselfdertyd hartlik uitnooi na die spesiale toespraak op 10 April, “Waarom volgens Bybelstandaarde lewe?” Bied aan om hulle na die Koninkryksaal te vergesel en indien nodig vervoer te voorsien.

NOOI HULLE UIT OM TE GETUIG

5 Wat van diegene wat reeds studeer en vergaderinge miskien gereeld bywoon? Watter verdere vooruitgang moet hulle maak? Het jy voorgestel dat hulle probeer om informeel vir hulle vriende, familielede, werkmaats en ander te getuig? Dit sal hulle help om geestelik vooruitgang te maak. Hulle sal hulle dankbaarheid toon vir Jesus se offerande en die waarhede wat hulle leer.

6 Die Bybelstudent huiwer moontlik om met ander te praat omdat hy dink dat hulle nie na die waarheid sal luister nie. Hy moet dalk leer dat elke individu belangrik is vir God, wat die hart sien en weet wanneer iemand gereed is om die goeie nuus te aanvaar. Help jou student om te besef dat dit God se wil is “dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom” (1  Tim. 2:4; Hand. 17:26,  27). Wys vir hom dat Jesus Christus deur God gestuur is om homself as “’n losprys vir baie” te gee (Matt. 20:28). As jou student gehelp kan word om dit te waardeer, sal hy besef waarom hy moet probeer om met elkeen oor die waarheid te praat wanneer hy die geleentheid het. Sy persoonlike oortuiging sal versterk word, en hy sal die vreugde smaak wat verkry word wanneer hy van sy kosbaarste skat gee.​—Gal. 6:6; Hand. 20:35.

7 Diegene wat aan die vereistes voldoen, moet genooi word om gedurende April aan die veldbediening deel te neem (Matt. 9:37, 38; omAF bl.  97-99). Diegene wat Jehovah wil dien, selfs al is hulle vermoë beperk, geniet sy guns. Ons is almal waarlik uiters bevoorreg om ’n deel te hê aan ’n lewensreddende werk in navolging van ons Verlosser, Jesus Christus (Matt. 28:19). As ons die opdrag om te preek uitvoer, slaan ons almal ag op die raad wat die apostel Paulus gegee het: “In samewerking met hom, versoek ons julle ook dringend om die onverdiende goedheid van God nie te aanvaar en dan die doel daarvan te mis nie.”​—2 Kor. 6:1, NW.

8 Ons weet nie hoeveel mense nog die voorreg om Jehovah te dien sal begin waardeer nie. Maar ons is daarvan verseker dat ons, en hulle ook, wonderlike seëninge sal ontvang as ons voortgaan om ander te help om geestelike dinge te waardeer.​—2  Kor. 6:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel