Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 5/1 bl. 6
  • ‘Ons het eerlike mense nodig’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Ons het eerlike mense nodig’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • “Moet nooit moed opgee nie”
    Ontwaak!—1991
  • Wees eerlik in alles
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Wees eerlik in alles
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Wees eerlik in alles
    ‘Hou julle in God se liefde’
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 5/1 bl. 6

‘Ons het eerlike mense nodig’

EERLIKHEID is iets skaars in vandag se wêreld. Tog is dit ’n basiese vereiste vir Christene. Paulus het geskryf: ‘Ons wil ons in alles eerlik gedra’ (Hebreërs 13:18). Dit is wat Wilma, een van Jehovah se Getuies in Faenza, Italië, wou doen.

Die koerant Il Resto del Carlino vertel hoe sy, toe sy ’n notebeurs met ’n groot som geld daarin buite ’n supermark in haar stad opgetel het, dit “sonder aarseling” aan die polisie oorhandig het sodat dit aan die eienaar terugbesorg kon word.

Toe die burgemeester hiervan te hore kom, het hy onmiddellik ’n kort dankiesêbriefie aan Wilma gestuur. “Namens die Stad”, het hy geskryf, “wil ek u hartlik bedank vir u goeie gebaar. Ons edele stad Faenza het goeie en eerlike mense nodig.”

Hetsy goeie dade bekend word of nie, ons moet altyd daarna streef om eerlik te wees. Soos die Heilige Skrif ons vermaan, “probeer ons reg doen, nie net voor God nie, maar ook voor die mense”.—2 Korintiërs 8:21, The Jerusalem Bible.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel