Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lvs hfst. 14 bl. 187-199
  • Wees eerlik in alles

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees eerlik in alles
  • Hoe om in God se liefde te bly
  • Lees in ‘God se liefde’
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • EERLIKHEID MET ONSSELF
  • EERLIKHEID IN DIE GESIN
  • EERLIKHEID IN DIE GEMEENTE
  • EERLIKHEID IN DIE SEKULÊRE WÊRELD
  • DIE VOORDELE VAN EERLIKHEID
  • Wees eerlik in alles
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Eerlikheid is lonend
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Waarom eerlikheid die beste is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Wat beteken dit om eerlik te wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Hoe om in God se liefde te bly
lvs hfst. 14 bl. 187-199
’n Broer weier om na ongepaste beelde op sy rekenaar te kyk

HOOFSTUK 14

Wees eerlik in alles

“Ons wil ons in alles eerlik gedra.” – HEBREËRS 13:18.

1, 2. Hoe voel Jehovah wanneer hy sien dat ons hard probeer om eerlik te wees?

’N SEUNTJIE wat van die skool af huis toe loop, vind ’n beursie vol geld op die grond. Wat sal hy doen? Hy kan dit hou, maar hy besluit om dit eerder vir die eienaar terug te gee. Wanneer die seuntjie se ma hoor wat hy gedoen het, is sy baie trots op hom.

2 Die meeste ouers is bly wanneer hulle kinders eerlik is. Ons hemelse Vader, Jehovah, is “die God van waarheid”, en dit maak hom bly wanneer ons eerlik is (Psalm 31:5). Ons “wil ons in alles eerlik gedra” omdat ons sy goedkeuring wil hê (Hebreërs 13:18). Kom ons bespreek vier gebiede waarop dit moeilik kan wees om eerlik te wees. Daarna sal ons van die voordele bespreek wat ons geniet as ons eerlik is.

EERLIKHEID MET ONSSELF

3-5. (a) Hoe kan ons onsself bedrieg? (b) Wat sal ons help om eerlik met onsself te wees?

3 Ons kan nie eerlik met ander wees as ons nie eerlik met onsself is nie. Dit is nie altyd maklik nie. In die eerste eeu het broers in die gemeente in Laodisea hulleself bedrieg deur te glo dat hulle God se goedkeuring het, terwyl hulle dit in werklikheid nie gehad het nie (Openbaring 3:17). Ons kan onsself ook bedrieg as ons glo dat ons iemand is wat ons in werklikheid nie is nie.

4 Die dissipel Jakobus het verduidelik: “As enigiemand dink dat hy ’n aanbidder van God is, maar nie sy tong beheer nie, bedrieg hy sy eie hart en is sy aanbidding verniet” (Jakobus 1:26). Party bedrieg hulleself deur te dink: ‘So lank ek ’n paar goeie dinge doen, sal God my verskoon as ek onbeskof of sarkasties is of leuens vertel.’ Wat kan ons help om onsself nie te bedrieg nie?

5 Wanneer ons in ’n spieël kyk, sien ons hoe ons uiterlik lyk. Wanneer ons die Bybel lees, sien ons hoe ons innerlik lyk. Die Bybel kan ons help om te sien wat ons sterk punte en ons swakhede is. Ons leer watter veranderinge ons moet maak in die manier waarop ons dink, optree en praat. (Lees Jakobus 1:23-25.) Maar as ons vir onsself sê dat ons geen tekortkominge het nie, sal ons nie die nodige veranderinge kan maak nie. Daarom moet ons die Bybel gebruik om onsself eerlik te ondersoek (Klaagliedere 3:40; Haggai 1:5). Gebed help ons ook om onsself te sien soos ons werklik is. Ons kan Jehovah in gebed vra om ons te ondersoek en ons te help om te sien watter tekortkominge ons het sodat ons die nodige veranderinge kan maak (Psalm 139:23, 24). Ons hou in gedagte dat ‘Jehovah mense haat wat bedrieglik is, maar dat hy ’n goeie vriend is van dié wat reg lewe’. – Spreuke 3:32.

EERLIKHEID IN DIE GESIN

6. Hoekom moet ’n man en vrou eerlik met mekaar wees?

6 Eerlikheid is noodsaaklik in die gesin. As ’n man en vrou eerlik met mekaar is, voel hulle veilig en kan hulle mekaar werklik vertrou. Daar is baie maniere waarop mense oneerlik is in die huwelik. Party getroudes flirt of kyk na pornografie of het in die geheim ’n verhouding met iemand anders. Let op wat die psalmis gesê het: “Ek assosieer nie met bedrieglike mense nie, en ek vermy mense wat wegsteek wat hulle is” (Psalm 26:4). Selfs as jy net in jou gedagtes oneerlik is met jou maat, sal dit skadelik wees vir jou huwelik.

’n Broer weier om na ongepaste beelde op sy rekenaar te kyk

Jy moet enigiets wat jou huwelik kan laat verswak, onmiddellik verwerp

7, 8. Hoe kan jy die Bybel gebruik om jou kinders te leer dat dit belangrik is om eerlik te wees?

7 Kinders moet ook leer dat dit belangrik is om eerlik te wees. Ouers kan die Bybel gebruik om dit vir hulle kinders te leer. Dit bevat voorbeelde van mense wat oneerlik was: Agan, wat ’n dief geword het; Gehasi, wat gelieg het om geld te kry; en Judas, wat geld gesteel het en Jesus later vir 30 silwerstukke verraai het. – Josua 6:17-19; 7:11-25; 2 Konings 5:14-16, 20-27; Matteus 26:14, 15; Johannes 12:6.

8 Die Bybel bevat ook voorbeelde van mense wat eerlik was: Jakob, wat sy seuns aangespoor het om die geld terug te gee wat hulle gevind het; Jefta en sy dogter, wat ’n belofte aan God gehou het; en Jesus, wat selfs in moeilike situasies eerlik was (Genesis 43:12; Rigters 11:30-40; Johannes 18:3-11). Hierdie voorbeelde kan kinders help om te verstaan hoe belangrik dit is om eerlik te wees.

9. Hoe help dit kinders as hulle ouers eerlik is?

9 Ouers moet hierdie belangrike Bybelbeginsel in gedagte hou: “Jy, die een wat iemand anders leer, leer jy dan nie jouself nie? Jy, die een wat preek: ‘Moenie steel nie,’ steel jy?” (Romeine 2:21). Kinders weet wanneer hulle ouers een ding sê, maar iets anders doen. As ons vir ons kinders sê om eerlik te wees, maar ons nie self eerlik is nie, sal dit hulle verwar. As kinders agterkom dat hulle ouers lieg, selfs oor klein dingetjies, sal hulle waarskynlik dieselfde doen. (Lees Lukas 16:10.) Maar as kinders sien dat hulle ouers eerlik is, kan dit hulle help om betroubare ouers te wees wanneer hulle eendag kinders het. – Spreuke 22:6; Efesiërs 6:4.

EERLIKHEID IN DIE GEMEENTE

10. Hoe kan ons eerlik wees in ons gesprekke met mede-Christene?

10 Ons moet ook eerlik wees met ons Christenbroers en -susters. Alledaagse gesprekke kan maklik verander in skinderpraatjies, of selfs laster. As ons iets herhaal sonder om te weet of dit waar is, sal ons dalk leuens versprei. Dit is baie beter om ‘ons lippe te beheer’ (Spreuke 10:19). Om eerlik te wees, beteken nie dat ons alles moet sê wat ons dink, weet of gehoor het nie. Selfs as iets waar is, wil ons dit nie oorvertel as dit niks met ons te doen het en as dit nie nodig of liefdevol is om dit te herhaal nie (1 Tessalonisense 4:11). Wanneer party mense onbeskof is, sê hulle: “Ek is maar net eerlik.” Maar as Jehovah se knegte wil ons altyd hê dat ons woorde aangenaam en liefdevol moet wees. – Lees Kolossense 4:6.

11, 12. (a) Hoe kan iemand wat gesondig het, die situasie vererger deur oneerlik te wees? (b) Wat moet ons doen as ’n vriend ’n ernstige sonde pleeg? (c) Hoe kan ons eerlik wees met Jehovah se organisasie?

11 Jehovah het ouermanne die verantwoordelikheid gegee om die gemeente te help. En dit is makliker vir die ouermanne om ons te help as ons eerlik met hulle is. Hoekom? Sê nou jy is siek en jy gaan dokter toe. Sal jy doelbewus nie vir hom van party van jou simptome vertel nie? Hoe sal hy jou kan help as jy dit doen? As ons ’n ernstige sonde gepleeg het, is dit dus belangrik om eerlik te wees. Ons moet met die ouermanne gaan praat en niks vir hulle wegsteek nie (Psalm 12:2; Handelinge 5:1-11). Maar sê nou jy vind uit dat een van jou vriende ’n ernstige sonde gepleeg het? (Levitikus 5:1). Sal jy sê: “As ek regtig sy vriend is, sal ek dit geheim hou”? Of sal jy onthou dat die ouermanne daar is om hom te help sodat hy sy verhouding met Jehovah kan herstel en versterk? – Hebreërs 13:17; Jakobus 5:14, 15.

12 Ons moet ook eerlik wees met Jehovah se organisasie wanneer ons rapporte, soos ons velddiensrapport, invul. En ons is eerlik wanneer ons aansoek doen vir pionierdiens of vir enige ander diensvoorregte. – Lees Spreuke 6:16-19.

13. Hoe kan ons eerlik wees wanneer ons besigheid met ’n mede-Christen doen?

13 Christene moet seker maak dat hulle nie besigheid met aanbidding meng nie. Ons doen byvoorbeeld nie besigheid wanneer ons by die Koninkryksaal of in die bediening is nie. En ons probeer nie geld maak uit ons broers of susters nie. As Getuies vir jou werk, moet jy nie dink dat jy hulle nie op tyd hoef te betaal of minder kan betaal as wat jy belowe het nie. Jy moet ook vir hulle enige voordele gee wat deur die wet vereis word. Dit kan mediese versekering of betaalde verlof insluit (1 Timoteus 5:18; Jakobus 5:1-4). En as jy vir ’n Getuie werk, moet jy nie spesiale behandeling verwag nie (Efesiërs 6:5-8). Maak seker dat jy al die werksure werk waarop julle ooreengekom het en dat jy die werk voltooi waarvoor jy betaal word. – 2 Tessalonisense 3:10.

14. Wat moet Christene doen voordat hulle ’n besigheidstransaksie met mekaar aangaan?

14 Sê nou jy gaan ’n besigheidstransaksie aan met ’n broer of suster. Dalk is dit ’n belegging of ’n lening. In so ’n geval is dit baie belangrik om hierdie Bybelbeginsel te volg: Stel alles op skrif! Toe die profeet Jeremia ’n stuk grond gekoop het, het hy twee koopkontrakte uitgeskryf. Hy het die een deur getuies laat onderteken en toe albei dokumente gebêre sodat daar in die toekoms daarna verwys kon word. (Jeremia 32:9-12; sien ook Genesis 23:16-20.) Party voel dat dit sal lyk asof hulle hulle broer nie vertrou nie as hulle die kontrak op skrif stel. Maar eintlik kan ’n geskrewe kontrak baie misverstande, teleurstellings en meningsverskille voorkom. Onthou dat die vrede van die gemeente belangriker is as enige besigheidstransaksie. – 1 Korintiërs 6:1-8; sien Eindnota 30.

EERLIKHEID IN DIE SEKULÊRE WÊRELD

15. Hoe voel Jehovah as mense oneerlik is wanneer hulle besigheid doen?

15 Ons moet met almal eerlik wees, insluitende mense wat nie Getuies is nie. Dit is vir Jehovah belangrik dat ons eerlik is. “’n Bedrieglike weegskaal is vir Jehovah afskuwelik, maar akkurate gewigte maak hom bly” (Spreuke 11:1; 20:10, 23). In Bybeltye is ’n weegskaal dikwels in besigheidstransaksies gebruik. Maar party handelaars het kopers bedrieg deur hulle minder te gee of meer te laat betaal as wat hulle moes. Vandag is oneerlikheid in besigheidstransaksies ook baie algemeen. Jehovah het oneerlikheid in Bybeltye gehaat en hy haat dit nog steeds.

16, 17. Watter algemene vorme van oneerlikheid moet ons vermy?

16 Ons almal kom voor situasies te staan wat ons eerlikheid kan toets – soos wanneer ons aansoek doen vir werk, eksamen skryf of vorms invul wat deur die regering vereis word. En baie dink dat dit nie verkeerd is om te lieg, te oordryf of om misleidende antwoorde te gee nie. Dit verbaas ons nie. Die Bybel het voorspel dat mense gedurende die laaste dae van hierdie stelsel “selfsugtig [sal] wees, geldgierig, . . . sonder liefde vir wat goed is”. – 2 Timoteus 3:1-5.

17 Dit lyk soms of eerlike mense nie suksesvol kan wees in vandag se wêreld nie (Psalm 73:1-8). ’n Christen kan dalk sy werk of geld verloor of sleg behandel word by die werk omdat hy eerlik is. Maar eerlikheid is enige opoffering werd. Hoekom?

DIE VOORDELE VAN EERLIKHEID

18. Hoekom is ’n goeie reputasie so waardevol?

18 In hierdie wêreld is daar min mense wat die reputasie het dat hulle eerlik en betroubaar is. Elkeen van ons kan so ’n kosbare reputasie opbou (Miga 7:2). As jy eerlik is, sal party mense jou dalk spot en sê dat jy dom is. Maar ander sal jou eerlikheid waardeer en jou vertrou. Jehovah se Getuies is regoor die wêreld bekend vir hulle eerlikheid. Party werkgewers verkies om Getuies in diens te neem omdat hulle weet dat hulle eerlik is. En wanneer ander werkers oneerlik was en hulle werk verloor het, het die Getuies dikwels hulle werk behou.

’n Suster werk hard selfs wanneer ander by die werk dit nie doen nie

Ons kan Jehovah verheerlik deur hard te werk

19. Hoe sal Jehovah voel as ons in alles eerlik is?

19 As jy in alles eerlik is, sal jy ’n goeie gewete en innerlike vrede hê. Ons kan soos Paulus wees, wat geskryf het: “Ons is daarvan oortuig dat ons ’n eerlike gewete het” (Hebreërs 13:18). En bowenal sal jou liefdevolle Vader, Jehovah, jou pogings om in alles eerlik te wees, sien en waardeer. – Lees Psalm 15:1, 2; Spreuke 22:1.

BYBELBEGINSELS

1 ONS LEWE IN ’N ONEERLIKE WÊRELD

“Hulle lieg vir mekaar, en hulle . . . praat met bedrieglike harte.” – Psalm 12:2

Wat kan ons help om eerlik met onsself te wees?

  • Psalm 31:5; Hebreërs 13:18

    Jehovah wil hê dat ons eerlik met onsself en met ander moet wees.

  • Psalm 139:23, 24; Jakobus 1:23-25

    Gebed en Bybellees kan ons help om onsself te sien soos ons werklik is en om veranderinge te maak.

2 EERLIKHEID IN DIE GESIN LEI TOT VREDE EN EENHEID

“Ek vermy mense wat wegsteek wat hulle is.” – Psalm 26:4

Hoekom is eerlikheid belangrik in die gesin?

  • Spreuke 6:16-19

    Eerlikheid bou vertroue. Gesinslede moet eerlik met mekaar wees, selfs wanneer dit moeilik is.

  • Spreuke 22:6; Efesiërs 6:4

    As kinders sien dat hulle ouers eerlik is, is dit makliker vir hulle om ook eerlik te wees.

3 EERLIKHEID IS VOORDELIG VIR DIE GEMEENTE

“Jehovah haat mense wat bedrieglik is, maar hy is ’n goeie vriend van dié wat reg lewe.” – Spreuke 3:32

Hoekom is dit belangrik om eerlik te wees met ons broers en susters in die gemeente?

  • Spreuke 10:19; Kolossense 4:6

    Ons wil altyd die waarheid praat, maar ons woorde moet aangenaam en liefdevol wees.

  • Levitikus 5:1; Hebreërs 13:17; Jakobus 5:14, 15

    As ons eerlik is met die ouermanne in die gemeente, kan hulle ons help.

  • Jeremia 32:9-12; Efesiërs 6:5-8

    As ons besigheid doen met ons broers en susters, moet ons heeltemal eerlik wees, hulle regverdig behandel en by ons ooreenkomste bly.

4 EERLIKHEID IS ALTYD TOT ONS VOORDEEL

“’n Goeie naam is beter as baie rykdom.” – Spreuke 22:1

Op watter ander gebiede in die lewe moet ons eerlik wees?

  • Psalm 37:21; Matteus 22:17-21; Romeine 13:1-7; Efesiërs 4:25, 28

    Ons is eerlik met ons werkgewer, wanneer ons besigheid doen, wanneer ons eksamen skryf en wanneer ons vorms invul, soos belastingopgawes of ander dokumente.

Waarom is eerlikheid beter as materiële rykdom?

  • Psalm 15:1, 2; Spreuke 11:1; 1 Timoteus 6:9, 10

    ’n Reputasie as ’n eerlike en betroubare persoon is baie kosbaar. Eerlikheid help ons om ’n goeie gewete te hê. Jehovah waardeer al ons pogings om eerlik te wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel