Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 11/1 bl. 8-9
  • Die skaapstalle en die herder

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die skaapstalle en die herder
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Die skaapstalle en die Herder
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die goeie herder en die skaapkrale
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die goeie herder en “hierdie stal” van hom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die “goeie herder” en die “klein kuddetjie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 11/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Die skaapstalle en die herder

JESUS is in Jerusalem tydens die Fees van die Tempelwyding, of Chanoeka, ’n fees wat die hertoewyding van die tempel aan Jehovah herdenk. In 168 v.G.J., ongeveer 200 jaar tevore, het Antiochus IV Epiphanes Jerusalem verower en die tempel en sy altaar verontreinig. Maar drie jaar later is Jerusalem herower, en die tempel is weer toegewy. Daarna is ’n jaarlikse hertoewydingsfees gehou.

Hierdie Fees van die Tempelwyding vind plaas op die 25ste Kislew, die Joodse maand wat met die laaste deel van November en die eerste deel van Desember op ons hedendaagse kalender ooreenstem. Daar is gevolglik net ’n bietjie meer as honderd dae oor tot die betekenisvolle Pasga van 33 G.J. Omdat dit ’n koue seisoen is, noem die apostel Johannes dit “winter”.

Jesus gebruik nou ’n gelykenis waarin by drie skaapstalle en sy rol as die Goeie Herder meld. Die eerste skaapstal waarvan by praat, slaan op die Mosaïese Wetsverbondreëling. Die Wet was soos ’n muur wat die Jode afgeskei het van die verdorwe gebruike van diegene wat nie in hierdie spesiale verbond met God was nie. Jesus verduidelik: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant of inklim, hy is ’n dief en ’n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape.”

Ander het gekom en beweer dat hulle die Messias, of Christus, is, maar hulle was nie die ware herder van wie Jesus voorts praat nie: “Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. . . . Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.”

Die “deurwagter” van die eerste skaapstal was Johannes die Doper. As die deurwagter het Johannes vir Jesus ‘oopgemaak’ deur sy identiteit te openbaar aan daardie simboliese skape wat hy sou uitlei om hulle te laat wei. Hierdie skape wat deur Jesus by hulle naam geroep en uitgelei word, word uiteindelik in ’n ander skaapstal ingebring, soos by verduidelik: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape”, dit wil sê, die deur van ’n nuwe skaapstal. Wanneer Jesus die nuwe verbond met sy dissipels instel en heilige gees die daaropvolgende Pinkster op hulle uitgegiet word, word hulle in hierdie nuwe skaapstal ingebring.

Jesus verduidelik sy rol verder en sê: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal by gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. . . . Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. . . . Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

Jesus het sy volgelinge kort tevore getroos en gesê: “Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.” Hierdie klein kuddetjie, wat uiteindelik 144 000 tel, kom in hierdie nuwe, of tweede, skaapstal. Maar Jesus sê verder: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.”

Aangesien die “ander skape . . . nie aan hierdie stal behoort nie”, moet hulle aan ’n ander stal, ’n derde een, behoort. Hierdie laaste twee stalle, of skaapkrale, bled verskillende lewensvooruitsigte. Die “klein kuddetjie” in een stal sal saam met Christus in die hemel regeer, en die “ander skape” in die ander stal sal op die paradysaarde lewe. Ondanks die feit dat daar twee stalle is, is die skape nogtans nie jaloers nie en voel hulle nie afgeskeie nie, want hulle word, soos Jesus sê, “een kudde” onder “een herder”.

Die Goeie Herder, Jesus Christus, lê sy lewe gewillig af vir albei skaapstalle. “Ek lê dit uit Myself af” se hy. “Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.” Toe Jesus dit sê, ontstaan daar verdeeldheid onder die Jode.

Talle in die skare sê: “Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?” Maar ander sê: “Hierdie woorde is nie van ’n besetene nie.” Dan sê hulle, blykbaar met die genesing van die blindgebore man ’n paar maande tevore in gedagte: “’n Duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.” Johannes 10:1-22; 9:1-7; Lukas 12:32; Openbaring 14:1, 3; 21:3, 4; Psalm 37:29.

◆ Wat is die Fees van die Tempelwyding, en wanneer word dit gevier?

◆ Wat is die eerste skaapstal, en wie is die deurwagter daarvan?

◆ Hoe maak die deurwagter vir die Herder oop, en waarin word die skape daarna ingebring?

◆ Wie maak die Goeie Herder se twee stalle uit, en hoeveel kuddes word hulle?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel