Onthou jy?
Het jy gevind dat die onlangse nommers van Die Wagtoring vir jou van praktiese waarde is? Toets gerus jou geheue met die volgende vrae.
▫ Wat is die oplossing vir vandag se probleem van tienerswangerskap?
Jongmense moet sedelike en geestelike leiding ontvang. Die Bybel toon dat dit ouers se verantwoordelikheid is om dit te doen (Efesiërs 6:4).—4/15, bladsy 4.
▫ Wat maak dit moeilik om kinders suksesvol groot te maak?
Ouers en kinders is onvolmaak en maak gevolglik foute (Romeine 5:12). Groeiende kinders word ook grootliks beïnvloed deur die slegte neigings van die hedendaagse samelewing; dit het ’n nadelige uitwerking op hulle waardes en lewensbeskouing (2 Timotheüs 3:1-5).—5/1, bladsy 4.
▫ Wat is vier treffende verskille tussen ware Christene en naamchristene?
Ware Christene onthou hul van bloed (Handelinge 15:28, 29). Hulle handhaaf ’n hoë sedelike standaard (1 Korinthiërs 6:9, 10). Ware Christene bly neutraal ten opsigte van die politiek en die talle nasionale geskille (Johannes 17:16). Diegene wat Jesus navolg, gebruik sy voorbeeld as ’n model vir hulle gesinsbetrekkinge (Efesiërs 5:21-25).—5/1, bladsye 17-19.
▫ Waarom het die Jode Jesus ’n Samaritaan genoem? (Johannes 8:48).
Die Jode het die Samaritane gehaat. Die benaming is gevolglik deur hulle gebruik as ’n uiting van minagting en smaad teen Jesus.—5/15, bladsy 8.
▫ Wat is die “suiwer taal” waarvan Sefanja 3:9 (NW) praat?
Dit is die taal van Skriftuurlike waarheid wat godvresende mense van alle nasies en rasse in staat stel om Jehovah skouer aan skouer te dien.—5/15, bladsy 16.
▫ Watter bevrydings het dit tot gevolg as ons ’n verhouding met God opbou?
Bevryding van die verslawende mensevrees en van die veeleisende gebruike wat geen ware betekenis of waarde het nie (Spreuke 29:25). Ook bevryding van die vrees vir die dood (Prediker 9:5, 10; Johannes 5:28, 29).—6/1, bladsye 5, 6.
▫ Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het: “Die nag kom wanneer niemand kan werk nie”? (Johannes 9:4).
Jesus het hier gepraat van die tyd wanneer hy in die graf sou wees en nie meer die wonderwerke sou kon doen wat hy gedoen het terwyl hy lewend was nie.—6/1, bladsy 8.
▫ Wat beteken waterdoop?
Algehele onderdompeling in water is ’n gepaste simbool van ’n persoon se toewyding aan God, waardeur hy ’n geordende bedienaar word. Terwyl hy onder die water is, sterf hy in werklikheid sy vorige lewenswandel af, en wanneer hy uit die water opkom, word hy as ’t ware lewend op ’n nuwe weg van selfopoffering in Jehovah se diens. (Vergelyk Romeine 6:2-4; 12:1; Filippense 3:16, NW.)—6/15, bladsy 29.
▫ Wat is sommige maniere waarop ons dankbaarheid teenoor Jehovah kan betoon?
Wanneer dankbaarheid sterk is, wel ’n dwingende begeerte om God te dien in die waarderende hart op. Een uitlaatklep vir hierdie begeerte is deelname aan die bediening, miskien aan die pionierdiens. ’n Ander een is om die bouprogram te ondersteun wat nou rondom die wêreld aan die gang is.—7/1, bladsy 11.
▫ Waarom het Jesus 70 van sy dissipels die mag gegee om die siekes te genees toe hy hulle op ’n predikingsveldtog in Galilea uitgestuur het?
Hierdie dissipels het deur sulke wonderwerke die weg vir Jesus berei om opvolgwerk te doen. Die wonderwerke wat hulle gedoen het, sou talle van die huisbewoners gretig maak om Jesus te ontmoet en na sy Koninkryksboodskap te luister.—7/1, bladsye 16, 17.
▫ Het Jesus van Judas gepraat toe hy vir Pilatus gesê het: “Hy wat My aan u oorlewer, [het] groter sonde”?—Johannes 19:11.
Jesus het blykbaar gepraat van almal wat daarvoor verantwoordelik was dat by voor Pilatus tereggestaan het. Dit het beslis Judas Iskariot, wat Jesus verraai het, ingesluit (Lukas 22:2-6). Maar die hoëpriester Kajafas en ander godsdiensleiers het ook deel daaraan gehad dat Jesus gevange geneem is (Mattheüs 26:59-65; 27:1, 2, 20-23). Al hierdie skuldiges was blykbaar ingesluit in Jesus se woorde in Johannes 19:11.—7/15, bladsy 30.
▫ Watter besonder dodelike gevaar hou verband met beeldaanbidding?
Die psalmis het van die Israeliete gesê: “Hulle het ook hierdie volke se afgode begin aanbid en so verstrik geraak in die afgodediens, dat hulle hulle kinders vir die duiwelse geeste geoffer het” (Psalm 106:36, 37, Die Lewende Bybel.) Die Christelike Griekse Skrifte waarsku teen dieselfde gevaar (1 Korinthiërs 10:19, 20, NAV). Beeldaanbidding van enige aard maak dit moontlik dat demoniese magte ’n beeld as kontakpunt sal gebruik.—8/1, bladsy 6.