Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 8/1 bl. 8-9
  • Raad aan Martha, en onderrig oor gebed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Raad aan Martha, en onderrig oor gebed
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Raad aan Martha, en onderrig oor gebed
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Lesse oor gasvryheid en gebed
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • “Ek het geglo”
    Volg hulle geloof na
  • “Ek het geglo”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 8/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Raad aan Martha, en onderrig oor gebed

GEDURENDE Jesus se bediening in Judea kom hy in die dorpie Betanië. Dit is waar Martha, Maria en hulle broer Lasarus woon. Jesus het hierdie drie dalk vroeër in sy bediening ontmoet en is dus reeds goeie vriende met hulle. In elk geval, Jesus gaan nou na die huis van Martha en word deur haar verwelkom.

Martha wil graag vir Jesus net die beste gee van wat sy het. Dit is inderdaad ’n groot eer as die beloofde Messias ’n mens se huis besoek! Martha is dus baie besig om ’n groot maaltyd voor te berei en na talle ander dinge om te sien sodat Jesus se verblyf genotvol en gerieflik kan wees.

Daarenteen sit Martha se suster Maria by Jesus se voete na hom en luister. Martha kom naderhand na Jesus en sê vir hom: “Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.”

Maar Jesus weier om enigiets vir Maria te sê. Hy gee Martha eerder raad omdat sy te besorg is oor materiële dinge. “Martha, Martha”, vermaan hy vriendelik, “jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig.” Jesus sê dat dit nie nodig is om baie tyd daaraan te bestee om talle geregte vir ’n maaltyd voor te berei nie. Net ’n paar geregte of self net een gereg is genoeg.

Martha se bedoelings is goed; sy wil ’n gasvrye gasvrou wees. Maar deur haar besorgdheid oor die voorsiening van materiële dinge verspeel sy die kans om persoonlike onderrig van God se eie Seun te ontvang! Jesus sluit dus af: “Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.”

Later, by ’n ander geleentheid, vra ’n dissipel vir Jesus: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.” Hierdie dissipel was dalk ongeveer anderhalf jaar gelede nie teenwoordig toe Jesus die modelgebed in sy Bergpredikasie gegee het nie. Jesus herhaal dus sy instruksies maar gee dan ’n illustrasie om te beklemtoon hoe belangrik dit is om in gebed te volhard.

“Wie van julle sal ’n vriend hê”, begin Jesus, “en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, want ’n vriend van my het van ’n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie—en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie. Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy [vrymoedige volharding] opstaan en hom gee soveel as wat hy nodig het.”

Deur hierdie vergelyking probeer Jesus nie impliseer dat Jehovah God, soos die vriend in sy verhaal, nie bereid is om op ons versoeke ag te slaan nie. Nee, maar by lig toe dat as ’n onwillige vriend op herhaalde versoeke sal reageer ons hemelse Vader dit soveel te meer sal doen! Jesus sê dus voorts: “En Ek sê vir julle: [Hou aan] bid, en vir julle sal gegee word; [hou aan] soek, en julle sal vind; [hou aan] klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat [aanhou] bid, ontvang; en hy wat [aanhou] soek, vind; en vir hom wat [aanhou] klop, sal oopgemaak word.”

Jesus maak dan melding van onvolmaakte, sondige menslike vaders en sê: “En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ’n klip gee; of ook ’n vis, en hy sal hom in plaas van ’n vis ’n slang gee; of ook as hy ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?” Jesus verskaf inderdaad sterk aansporing om in gebed te volhard. Lukas 10:38–11:13, vgl. NW.

◆ Waarom tref Martha sulke omvattende voorbereidings vir Jesus?

◆ Wat doen Maria, en waarom prys Jesus haar pleks van Martha?

◆ Wat het daartoe aanleiding gegee dat Jesus sy instruksies oor gebed herhaal het?

◆ Hoe het Jesus die belangrikheid om in gebed te volhard toegelig?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel