Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 6/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • “Julle is met ’n prys gekoop”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Die lang stryd teen slawerny
    Ontwaak!—2002
  • “Dien Jehovah as slawe”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Die gelykenis van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 6/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Moet Christene hulleself, met die oog op Jesus se woorde in Johannes 15:15, as sy “slawe” beskou, of kan ons onsself as sy “vriende” beskou?

Ons kan en moet albei wees. Waarom? Let op wat Jesus daar op sy laaste nag saam met sy getroue apostels vir hulle gesê het:

“Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer [slawe] nie, omdat die [slaaf] nie weet wat sy [meester] doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.”—Johannes 15:13-15, vgl. NW.

Ten eerste, wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat sy lojale dissipels slawe was? Hy het nie bedoel slawe in die sin dat alle menslike afstammelinge van Adam onvolmaak gebore is en sodoende in die sonde verkoop of slawe van die sonde is nie (Johannes 8:34; Romeine 5:18, 19; 6:16; 7:14). Soos die geval met Christene sedert daardie tyd, was die apostels ook eenkeer op daardie manier in slawerny, maar Jesus se offerande sou die middele voorsien om hulle te bevry, of te verlos (1 Petrus 1:18, 19; Galasiërs 4:5). Maar hulle het nie daarna volkome vry geraak nie. Soos die apostel Paulus later geskryf het, is hulle “met ’n prys gekoop”, Jesus se bloed, sodat hulle slawe van God en van Christus geword het.—1 Korinthiërs 6:20, vgl. NW; 7:22, 23.

Jesus het nie in Johannes 15:15 te kenne gegee dat die getroue apostels wat kort daarna heilige gees sou ontvang en gesalfde Christene sou word, nie meer slawe was nie. (Vergelyk Johannes 15:20.) Diensbaarheid aan God deur Christus is natuurlik nie onderdrukkend en dodelik nie. Dit is liefdevol en lewensreddend (2 Timotheüs 4.8; Titus 1:1, 2). ’n Christen wat die waarde van Christus se bloed met blydskap aanvaar en ’n slaaf van God word, sal slegs permanente dood ondergaan as by later daardie offerande verwerp en homself weer aan die sonde oorgee en weer ’n slaaf daarvan word (Galasiërs 1:10; 4:8, 9; Hebreërs 6:4-6). Jesus se dissipels sou dus voortgaan om slawe van God en van Christus te wees, maar hulle was selfs meer as slawe. Waarom?

Jesus en die apostels het verstaan dat ’n slaaf’ destyds in ’n gewone koue of formele verhouding tussen meester en slaaf ‘nie sou weet wat sy meester doen nie’. ’n Menslike meester sal gewoonlik nie met sy gekoopte slaaf beraadslaag nie, ook sal by nie sy privaat gedagtes en gevoelens aan hom openbaar nie.

Ons kan uit Jesus se woorde sien dat dit egter anders met die apostels was. Hy het gesê: “Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Johannes 15:15). Ja, soos wat gewoonlik die geval tussen dierbare vriende is, het Jesus besonderhede en begrippe wat verborge was aan hulle geopenbaar (Mattheüs 13:10-12; 1 Korinthiërs 2:14-16). Hoewel hulle steeds diensknegte, of slawe, van God deur middel van Jesus was, het die apostels ’n hartlike intimiteit geniet wat hulle ook as vertroulike vriende gekenmerk het. (Vergelyk Psalm 25:14, NW.) Dit kan en moet ook met ons die geval wees. Wat ’n voorreg is dit tog om in die hemel Meesters te hê wat ons as betroubare en gerespekteerde vertrouelinge, as vriende, behandel!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel