Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 5/1 bl. 8-9
  • Die gelykenis van die talente

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die gelykenis van die talente
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Les oor ywer – Die talente
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die afrekening oor die gebruik van Christus se fondse
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Die teken van die laaste dae
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Leer uit die illustrasie van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 5/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Die gelykenis van die talente

JESUS sit die bespreking met sy apostels op die Olyfberg voort deur hulle nog ’n gelykenis te vertel, die tweede in ’n reeks van drie. ’n Paar dae vroeër, toe hy in Jerigo was, het hy die gelykenis van die ponde, of mines, vertel om te toon dat die Koninkryk nog ver in die toekoms was. Hoewel die gelykenis wat hy nou vertel in ’n paar opsigte daarmee ooreenstem, beskryf dit in sy vervulling bedrywighede gedurende Christus se teenwoordigheid in Koninkryksmag. Dit lig toe dat sy dissipels moet werk om “sy besittings” te vermeerder terwyl hulle op aarde is.

Jesus begin: “Want dit [dit wil sê, omstandighede wat met die Koninkryk verband hou] is soos ’n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.” Jesus is die man wat, voor hy hemel toe reis, sy besittings aan sy diensknegte—dissipels wat in aanmerking is vir die hemelse Koninkryk—toevertrou. Hierdie besittings is nie fisies nie maar verteenwoordig ’n bewerkte veld waarin hy ’n potensiaal opgebou het om meer dissipels voort te bring.

Jesus vertrou sy besittings aan sy diensknegte toe kort voor hy in die hemel opvaar. Hoe? Deur aan hulle die opdrag te gee om aan te hou om in die bewerkte veld te werk deur die Koninkryksboodskap tot aan die uiterste van die aarde te verkondig. Soos Jesus sê: “Aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.”

Die agt talente—Christus se besittings—word dus volgens die vermoë, of geestelike potensiaal, van die diensknegte verdeel. Die diensknegte verteenwoordig klasse dissipels. In die eerste eeu het die klas wat die vyf talente ontvang het klaarblyklik die apostels ingesluit. Jesus vertel verder dat die diensknegte wat die vyf en die twee talente ontvang het die talente verdubbel het deur die Koninkryk te verkondig en dissipels te maak. Maar die dienskneg wat een talent gekry het, het dit in die grond weggesteek.

“Ná ’n lang tyd”, vervolg Jesus, “het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.” Christus het eers in die 20ste eeu, sowat 1 900 jaar later, teruggekeer om met hulle af te reken; dus was dit beslis “ná ’n lang tyd”. Jesus verduidelik voorts:

“Die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien. En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” Die dienskneg wat twee talente ontvang het, het ook sy talente verdubbel, en hy het dieselfde lof en beloning ontvang.

Maar hoe gaan hierdie getroue diensknegte in die vreugde van hulle Heer in? Wel, die vreugde van hulle Heer, Jesus Christus, was om die Koninkryk te ontvang toe hy na sy Vader in die hemel gereis het. Wat die getroue diensknegte in hedendaagse tye betref, hulle ondervind groot vreugde omdat verdere Koninkryksverantwoordelikhede aan hulle toevertrou word, en hulle vreugde sal ’n hoogtepunt bereik wanneer hulle, nadat hulle hul aardse lewe voltooi het, na die hemelse Koninkryk opgewek word. Maar wat van die derde dienskneg?

“Meneer, ek het u geken, dat u ’n harde man is”, kla hierdie dienskneg. “Omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.” Die dienskneg het opsetlik geweier om in die bewerkte veld te werk deur te preek en dissipels te maak. Daarom noem die heer hom ‘sleg en lui’ en spreek hy die oordeel uit: “Neem dan die talent van hom weg . . . En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” Die lede van hierdie ‘slegte dienskneg’-klas word alle geestelike vreugde ontneem omdat hulle uitgewerp word.

Dit is ’n ernstige les vir almal wat verklaar dat hulle Christus volg. As hulle wil hê dat hulle hemelse Heer hulle moet prys en beloon en as hulle wil verhoed dat hulle in die buitenste duisternis uitgewerp en uiteindelik vernietig word, moet hulle werk om sy besittings te vermeerder deur ’n volle aandeel in die predikingswerk te hê. Is jy ywerig om jou vermoëns in hierdie opsig te gebruik? Mattheüs 25:14-30.

◆ Watter les leer hierdie gelykenis ons?

◆ Wie is die diensknegte, en wat is die besittings wat aan hulle toevertrou word?

◆ Wanneer kom die heer om rekenskap te eis, en wat vind hy?

◆ Wat is die vreugde waarin die getroue dienskneg ingaan, en wat gebeur met die slegte dienskneg?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel