’n Verstandige antwoord
’n Jeugdige wat in Sierra Leone skoolgaan, is deur sy onderwysers gevra om kerkdienste by te woon. Hy het geantwoord dat hy reeds godsdiensvergaderinge hy die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies bywoon en het toe sommige van die dinge gemeld wat hy by sulke vergaderinge geleer het. Een leerstelling wat hy verduidelik het, was hoe God se Koninkryk vrede na die aarde sal bring en siekte en die dood sal uitwis.—Openbaring 21:3, 4.
“Weet julle van hierdie dinge?” het hy vir sy onderwysers gevra.
“Nee”, het hulle geantwoord.
“Ek het hierdie en talle ander dinge geleer deur net na die Koninkryksaal te gaan”, het hy voortgegaan. “Ek sien dus geen rede waarom ek kerkdienste moet bywoon waar mense hierdie dinge nie weet nie.”—Mattheüs 21:16.