God se Woord is lewend
Volg Hanna en haar seun na
INDIEN jy ’n jong moeder is, woon jou kinders waarskynlik saam met jou. Maar kyk na Hanna en haar seun Samuel. Hanna bring hom na Jehovah se tabernakel in Silo. Dit is waar die priesters woon en God dien. Waarom bring sy haar seun om hier te kom woon? Het sy nie haar seuntjie lief nie?
Ja, Hanna het Samuel lief. Maar toe sy kinderloos was, het sy tot Jehovah gebid om ’n seun, en in haar gebed het sy beloof: “Ek [sal] hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe” (1 Samuel 1:10, 11). Dit is wat Hanna nou doen. Sy gee Samuel om die res van sy lewe by Jehovah se tabernakel te dien.
Hanna gaan Samuel baie mis. Sy is nietemin bereid om hom te laat gaan omdat sy Jehovah God liefhet en weet dat haar seun hier in Jehovah se diens gebruik kan word. Is jy, as jy ’n ouer is, bereid om jou kinders in Jehovah se diens te laat gebruik?
Namate Samuel ouer word, het hy groter klere nodig. Jy kan sien hoedat Hanna vir hom die jongste mantel bring wat sy vir hom gemaak het. En wanneer sy hom elke jaar besoek, kan jy daarvan seker wees dat sy Samuel aanspoor om getrou te bly in sy diens by Jehovah se tabernakel (1 Samuel 2:18, 19). Is Hanna nie ’n goeie voorbeeld vir hedendaagse ouers in die wyse waarop sy haar seun aangespoor en gehelp het om in die voltydse diens te bly nie?
Maar ons almal kan ook Samuel se voorbeeld volg. Hy was bereid om in God se diens gebruik te word. Al het hy soms sterk huis toe verlang en gewens dat hy by sy moeder en vader kon wees, het hy met sy diens by die tabernakel voortgegaan. Samuel se geloof is ook op ander, moeiliker maniere beproef.
Kyk net! die seuns van die hoëpriester Eli neem hierdie jong vroue wat by die ingang van die tabernakel dien en hulle gaan by hulle lê en hoerery bedryf! Sulke slegte dinge is gedoen terwyl Samuel grootgeword het, maar Samuel het gedoen wat reg is (1 Samuel 2:22-26). Ons is gewis verstandig as ons sy voorbeeld navolg en nie die verkeerde weg van diegene om ons bewandel nie.