Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 11/1 bl. 9
  • ’n Uitstekende opvoeding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Uitstekende opvoeding
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Lê jou daarop toe om beter te lees
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Opvoeding—Gebruik dit om Jehovah te loof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Opvoeding met ’n doel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Waarom moet ek lees?
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 11/1 bl. 9

’n Uitstekende opvoeding

DAAR is al gesê dat ’n persoon oor ’n tydperk van jare ’n groot en breë opvoeding sal kry as hy Die Wagtoring en Ontwaak! saam met ander publikasies van Jehovah se Getuies lees. Dit word toegelig deur ’n brief wat een van Jehovah se Getuies geskryf het:

“Ek is ongeveer vyf-en-twintig jaar gelede in standerd sewe uit die skool. Ek het sedertdien geen sekulêre onderwys ontvang nie. Ek moes na regte verstandelik traag geword het. As gevolg van ekonomiese omstandighede—ek moes voltyds begin werk om my gesin te onderhou—het ek dit nodig gevind om terug te gaan skool toe vir ’n matrieksertifikaat. Ek het twee dae gelede begin en die onderwyseres het besluit om vir my ’n toets te gee soos die een waarin ek moet slaag om my sertifikaat te kry. Die toets het onderwerpe soos die wetenskap, die wet en sosiale studies asook ’n begripstoets ingesluit. Ek het vir die onderwyseres gesê dat ek dit nie wou aflê nie omdat ek geweet het dat ek swak sou vaar. Maar sy het daarop aangedring.

“Die gevolg was dat ek onder die was wat die beste gevaar het. Die toetspunt wat nodig is om die sertifikaat te verkry, is 35, wat die gemiddelde punt was. Ek het 55 gekry, gelykstaande aan die vlak van vierdejaar-universiteitstudente. Waarom vertel ek julle al hierdie dinge? Omdat my vernaamste leesstof die afgelope agt jaar die publikasies van Jehovah se Getuies was. Ek lees hulle graag en doen heelwat navorsing.

“In die toets wat ek afgelê het, het ek gesien dat baie van die antwoorde in onlangse nommers van ons publikasies was. Op die gebied van die wetenskap was daar byvoorbeeld vrae oor fluoorkoolstowwe, ’n onderwerp wat in Ontwaak! bespreek is. Daar was eweneens vrae oor die fisika, die wet en ander onderwerpe, onder meer onlangse nuuswaardige gebeure. Sulke gebeure is in die rubriek ‘Ons beskou die wêreld’ in Ontwaak! gedek. Daarbenewens was my leesbegrip besonder goed. Dit is te danke aan die feit dat ek so baie lees, iets wat nodig is om tred te hou met die groot hoeveelheid publikasies van Jehovah se Getuies.

“Jehovah God verdien die eer omdat hy sy volk in elke opsig opvoed. Ek kan nog steeds nie die uitslag van die toets glo nie, en daarom moes ek julle daarvan vertel. Julle moet weet hoe waardevol ons tydskrifte en boeke werklik is, en dat julle werk in hierdie verband ons werklik in elke opsig tot voordeel strek. Ek wil julle sowel as Jehovah bedank vir ’n opvoeding wat ek nooit besef het ek gehad het totdat ek die toets afgelê het nie. Dit het my heelwat selfvertroue gegee, iets wat ek nodig het op ’n tydstip wanneer die finansiële las op my skouers gaan rus.”

Sou jy graag jou kennis wou verbreed en ’n opvoeding verkry wat baie waardevoller is as enige opvoeding wat ’n universiteit kan bied? Dit is moontlik deur gereeld hierdie tydskrif en sy metgesel. Ontwaak!, te lees. Hierdie tydskrifte sal jou nie alleen help om op hoogte van wêreldgebeure te bly nie, maar hulle sal jou ook help om te sien hoe hierdie gebeure Bybelprofesieë oor die tyd van die einde van hierdie ganse stelsel vervul. Ja, as jy hierdie publikasies gereeld lees, sal dit nie alleen jou kennis van sekulêre sake verbreed nie, maar ook vir jou kennis gee wat jou die geleentheid sal bied om vir ewig in God se regverdige nuwe stelsel te lewe.—Johannes 17:3; 2 Petrus 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel