Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 10/1 bl. 3-4
  • Ervaar jy vrees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ervaar jy vrees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrees ’n Teken van die einde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Laaste dae
    Redenering uit die Skrif
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
  • Die tekens van die tye—Wat beteken dit vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 10/1 bl. 3-4

Ervaar jy vrees?

DAAR is vandag groot tragedies in die wêreld.” So het René Dubos, wetenskaplike en filosoof, in sy onlangse boek Celebrations of Life geskryf. Hy het voorts gesê: “Die paradoks is egter dat baie van die huidige somberheid nie te wyte is aan die moeilikhede wat ons werklik ondervind nie, maar aan rampe wat nog nie plaasgevind het nie, en dalk nooit sal plaasvind nie.” Met ander woorde, die mens vrees die toekoms omdat hy dinge wat onseker en onbeheerbaar is, verwag.

Wat is volgens Dubos sommige van die rampe wat in die toekoms moontlik is? “Ons is erg verontrus oor die moontlikheid van kernoorlog en waarlik ernstige ongelukke in kernreaktors . . . Ons is gesamentlik bekommerd omdat ons voorsien dat wêreldtoestande gaan versleg indien die bevolking en tegnologie teen die huidige tempo bly groei. Die aarde sal binnekort oorbevolk en sy hulpbronne uitgeput wees; daar sal rampspoedige hongersnode wees.” Hoewel René Dubos self ’n optimis is, erken hy dat ons wel in ’n “somber atmosfeer lewe wat nou in die grootste deel van die wêreld heers”.

Alvin Toffler, ’n sosioloog en skrywer, het vyf jaar lank onderhoude gevoer met ’n groot verskeidenheid mense oor die uitwerking van verandering en die toekoms op hulle lewe. “Nobel-pryswenners, hippies, psigiaters, geneeshere, sakemanne, profesionele futuriste, filosowe en opvoedkundiges het uiting gegee aan hulle besorgdheid oor veranderinge, hulle angs oor aanpassing, hulle vrese oor die toekoms.” (Ons kursiveer.) Sy ondersoek het vir hom getoon dat angs en vrees oor die toekoms algemeen is.

Hierdie gevoel van naderende onheil wat die hele mensdom hierdie eeu ervaar, is bykans 2 000 jaar gelede raak deur Jesus Christus voorspel. Hy het voorspel dat die tempel in Jerusalem vernietig sou word, en sy dissipels wou graag weet: “Wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?”—Lukas 21:7

In die eerste deel van sy antwoord het Jesus van gebeure vertel wat baie lede van daardie geslag gesien het. Maar hy het gebruik gemaak van hulle vraag om gebeure in te sluit wat wêreldwyd sou plaasvind en nie deur daardie laaste geslag van Joodse aanbidders by die tempel aanskou sou word nie, maar, nog belangriker, deur diegene wat deur die voleinding van die teenswoordige wêreldstelsel sou lewe. Hy het gewaarsku: “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.”—Lukas 21:25, 26, 32.a

Mense in vorige geslagte het natuurlik ook in vrees gelewe—vrees vir plaaslike oorloë, plae, rampe en maatskaplike verandering. Maar het die geslag van 1914 iets anders aanskou? Beslis, want die hele “wêreld”, al die nasies, is sedert daardie keerpunt bevrees (Lukas 21:25, 26). Soveel dinge het in die afgelope 69 jaar plaasgevind dat ouer mense wat dit beleef het, verward en bang is. En as gevolg van die kernbedreiging is mense van alle ouderdomme, selfs kinders, nou bekommerd oor hulle vermoedelike lewensduur. Daar is al tereg gesê dat die heersende gevoel, of vernaamste emosie, van die 20ste eeu VREES is.

Maar jy dink dalk dat ons oordryf. Is vrees vir huidige en toekomstige gebeure algemeen genoeg om te glo dat dit Jesus se profesie vervul? Is dit werklik deel van die bewys dat ons in die tyd van die einde lewe? Is dit die tydperk wanneer “mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom”?

[Voetnoot]

a Die Spaanse Katolieke Cantera-Inglesias-Bybel bevat ’n voetnoot oor die parallelle verslag in hoofstuk 24 van Mattheüs. Dit sê: “Die prag van die tempel bied Jesus die geleentheid om die vernietiging daarvan te voorspel: die dissipels vra wanneer daardie vernietiging sal plaasvind (vers 3), en met daardie vraag word die tema van die finale wêreldramp, die datum daarvan en die voorafgaande tekens ingelui.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel