Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 9/15 bl. 3-4
  • Genot in die plek van God—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Genot in die plek van God—Waarom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom hulle die kerk verlaat
  • “’n Gedaante van godsaligheid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Wat gebeur met die kerke?
    Ontwaak!—2007
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 9/15 bl. 3-4

Genot in die plek van God—Waarom?

“JY IS nie alleen nie”, sê ’n advertensie in groot, vet letters. “Hierdie Sondag het 61 miljoen ander volwasse Amerikaners, ook verkies om nie kerk toe te gaan nie.” Die advertensie is op sigself ’n poging om sommige van hierdie miljoene, wat 41 persent van alle Amerikaners 18 jaar en ouer uitmaak, te oorreed om kerk toe te gaan.

Elders, veral in Wes-Europa, is die situasie dieselfde, behalwe dat die persentasie veel hoër is. In Brittanje gaan 98 persent van die 28 miljoen lidmate van die Anglikaanse Kerk byvoorbeeld nie Sondae kerk toe nie. Ondanks enkele vermeerderinge hier en daar, is die afwaartse neiging dwarsoor die wêreld te sien.

Waarom hulle die kerk verlaat

Wat laat massas mense die kerke die rug toekeer? Dit is duidelik ’n baie ingewikkelde vraag. Ateïsme, materialisme, die versuim van die kerke om mense te bevredig en baie ander faktore dra daartoe by. Maar het almal wat die kerk die rug toegekeer het dit gedoen omdat hulle nie meer aan God glo nie en dus geen nut meer vir godsdiens het nie? Klaarblyklik nie.

In hulle boek The Search for America’s Faith het skrywers George Gallup, Jr., en David Poling hulle verbasing uitgespreek oor hulle bevinding dat “die oorgrote meederheid persone wat nie kerk te gaan nie gelowiges is: en in die meeste gevalle is dit nie ongelowigheid wat daartoe gelei het dat mense nie meer kerk toe gaan nie”. Wat hou hulle dan weg?

Gallup en Poling het vier sleutelfaktore gemeld wat persone van die kerk af weghou:

“1. Sport, ontspanningsbedrywighede en stokperdjies

2. Sosiale bedrywighede saam met vriende

3. ’n Werkrooster wat dit moeilik maak om kerkdienste by te woon

4. Die begeerte om meer tyd vir myself en/of my gesin te hê’.”

Is dit nie waar dat die meeste mense nou aan Sondag dink as ’n tyd om te ontspan en om daardie rede daarna uitsien nie? Vir baie wat dit kan bekostig, is ’n rit deur die buitedistrikte, ’n piekniek of ’n uitstappie verreweg verkwikkender as kerkdienste. Dit is baie verfrissender om te gaan draf, te ski, gholf te speel, vis te vang of aan een van ’n magdom ander sportsoorte deel te neem as om na ’n vervelige preek te luister. En sulke bedrywighede word gewoonlik met ’n toewyding en ywer beoefen wat die deursnee-kerkganger in die skande kan steek.

Wat is die gevolg? Hierdie genotsugtige beskouing het die steun vir die kerke ’n kwaai knou toegedien. Maar dit hou ernstiger implikasies vir die individue in, want dit beteken dat liefde vir God vervang is deur liefde vir genot. Godsdiens, of wat daarvan oorgebly het, word gerelegeer na ’n paar spesiale geleenthede in die lewe, soos huwelike en begrafnisse, waar vroomheid steeds nodig geag word. Wêreldlike afleiding het die plek van geestelike toegewydheid ingeneem.

Hierdie toenemende wêreldlikheid onder mense wat bely dat hulle aan God glo, strook met wat die apostel Paulus in gedagte gehad het toe hy gepraat het van mense wat “meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God” is. En toe hy van sulke persone gepraat het, het hy hulle gebruik as ’n waarskuwing en ’n kenmerk wat sou toon dat “die laaste dae” aangebreek het wanneer “swaar tye” sou kom (2 Timotheüs 3:1, 2, 4). Die feit dat menigtes vandag “genot in die plek van God stel”, soos Paulus voorspel het, is een van die baie bewyse dat ons in die laaste dae lewe.—The New English Bible.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel