Dit kan jou help om te doen wat reg is
Die hoofkwartier van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap het onlangs ’n brief ontvang wat gerig was aan “Liewe Uitgewers”. Dit het gesê:
“Ek het so pas julle boek met die titel Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut klaar gelees. Ek wil net vir julle sê hoe ek dit geniet het. Die boek het my gehelp om baie dinge in die lewe wat my dronkgeslaan en banggemaak het, te verstaan.
“Ek probeer elke dag om die regte dinge te doen, maar ek skiet dikwels te kort. Nadat eie hierdie boek begin lees het, is ek versoek deur mense wat wou hê dat ek onsedelike rolprente saam met hulle moes gaan sien. Ek het amper ingewillig, maar omdat ek hierdie boek gelees het, het ek besluit om nie na hierdie rolprente te gaan kyk nie,
“Dis maklik om hierdie boek te verstaan, want dit verstrek voorbeelde waarin ek myself kan sien. Ek wil graag meer van julle boeke lees. Laat my asseblief weet waar ek nog van hierdie wonderlike boeke kan kry. Dankie!”
Jy kan ’n eksemplaar van hierdie puik publikasie, wat reeds ’n verspreiding van meer as 18 miljoen eksemplare het, bekom. Vul net die bygaande koepon in en pos dit.