Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 2/15 bl. 3-4
  • TV-vervolgverhale—Hoe hulle jou kan beinvloed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • TV-vervolgverhale—Hoe hulle jou kan beinvloed
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Artikels oor TV-vervolverhale-Lesers reageer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Verderf hulle jou hart?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Van luukse tot noodsaaklikheid—Die geskiedenis van seep
    Ontwaak!—2005
  • TV—Die “subtiele onderrigter”
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 2/15 bl. 3-4

TV-vervolgverhale—Hoe hulle jou kan beinvloed

“TOE ek na televisievervolgverhale begin kyk het, was dit nie lank voordat die lewens van die karakters my geboei het nie”, het een Christin berig. “Dit was vir my asof ek ’n lid van hulle gesin was. Mettertyd was ek net so geheg aan hierdie karakters as aan die lede van die Christengemeente.”

Sulke kykerbetrokkenheid is kenmerkend van die meeste televisievervolgverhale. Daarom het die tydskrif Time hulle “die kragtigste vermaak, hetsy op televisie of nie”, genoem en bygevoeg: “Geen verhoogstuk of rolprent dwing sulke langdurige toewyding af nie; geen TV-program lok gereeld soveel toeskouers nie.” Vier TV-vervolgverhale in die Verenigde State duur al langer as 25 jaar!

Hierdie vervolgverhale word geskryf om jou hart te roer. “Ek soek na dinge wat mense se lewens raak”, verduidelik vervolgverhaalskrywer William Bell. “Ek is teleurgesteld as my aflewerings die gehoor nie drie keer per week laat huil nie.” Miljoene vroue en mans van alle ouderdomme, rasse en stande sal selde ’n vertoning misloop. Dit sluit gewone arbeiders sowel as welgestelde beroepslui in, onder meer ’n Amerikaanse appèlregter en ’n voormalige goewerneur. In Brasilië oefen die telenovelas (televisieromans) ’n oorheersende invloed uit gedurende die spitskyktyd in die aand. In die Verenigde State kyk van 30 miljoen tot 70 miljoen persone na die vervolgverhale.

Watter faktore in verband met hierdie programme moet jy in aanmerking neem as jou hart aan Jehovah God toegewy is? Is sulke vervolgverhale bloot onskadelike vermaak, ’n manier om te ontspan en van die dag se probleme te vergeet? Onthou, die Bybel spoor ons aan: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spreuke 4:23). Omdat die hart bedrieglik is en maklik beïnvloed kan word, moet ’n Christen voortdurend takseer wat hy sy hart voed (Jeremia 17:9; Spreuke 28:26). Maar wat maak die vervolgverhale so aantreklik?

“Jy bou ’n verhouding met ’n karakter in die program op omdat jy hom feitlik daagliks sien”, het een twee-en-dertigjarige kyker erken. “Hoe meer ek omtrent hom te wete gekom het, des te meer wou ek weet. Dit was iets heel natuurliks.” Die programme buit hierdie natuurlike begeerte uit. Nadat hierdie karakters hulle “in die harte van luisteraars ingegrawe het”, het ’n vroeëre vervolgverhaalskryfster, Elaine Carrington, geskryf, sal die kykers “eenvoudig moet inskakel . . . as gevolg van hulle gevoel vir hulle”.

Die karakters word vir jou wesenlik en jy gee vir hulle om. Party kykers “praat selfs met die skerm” in ’n poging om hulle gunstelinge van advies te dien! Volgens een terapeut word die karakters inderdaad “’n vriendekring”. Hou hierdie aanloklike kenmerk ’n subtiele gevaar in? Kan hierdie programme geleidelik ’n Christen se hart verderf? Wat het navorsing en ondervindinge getoon?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel