Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 2/1 bl. 30
  • Nuwe sendelinge aangespoor: “Bly lojaal!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe sendelinge aangespoor: “Bly lojaal!”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Dubbele rede tot blydskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Nuwe sendelinge—voorbereid vir sukses in die veld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Nuwe sendelinge streef ware sukses na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Gileadsendelinge is uniek!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 2/1 bl. 30

Nuwe sendelinge aangespoor: “Bly lojaal!”

SONDAG, 12 September 1982, was ’n warm, bedompige dag in die stad New York. Maar een groep van omtrent tweeduisend het dit skaars opgemerk. Dit was diegene wat vroeg daardie dag na die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Queens op pad was om die gradeplegtigheid van die drie-en-sewentigste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead by te woon.

Stiptelik om 10 vm. het die voorsitter vir die dag. Leo Greenlees, ’n lid van die Onderrigtingskomitee van die Bestuursliggaam, om almal se aandag gevra. Nadat almal hulle sitplekke ingeneem het, is die verrigtinge met ’n loflied tot Jehovah en ’n gebed geopen. In sy inleidende kommentaar het broer Greenlees die studente daaraan herinner dat hulle “vissers van mense” is (Mattheüs 4:19). Hy het gesê dat tot op hede hulle meestal in “plaaslike water” visgevang het. Nou sou hulle na afgeleë plekke gaan vlr “seevissery”. Gilead het hulle die nodige tegnieke vir hierdie soort vissery geleer.

Toe het broer Greenlees Grant Suiter, ’n lid van die Uitgewerskomitee, aan die woord gestel. Hierdie spreker het die herstellingsprofesie in Hosea 2:20-22 bespreek. Hy het gesê dat die gegradueerde baie geseënd was om die sendingsveld tydens ’n saaityd te betree en op ’n tyd wanneer Jehovah God en sy volk ‘mekaar werklik antwoord’.

Toe het Calvyn Chyke van die Fabriekskomitee die studente aangespoor om voort te gaan om “godvrugtige toewyding” te verkry (1 Timotheüs 4:7, 8, 12, NW). “Die krag van julle godvrugtige toewyding”, het hy gesê, “sal die begeerte by ander wek om saam met julle heilige diens te verrig.”

Dan Sydlik, wat die Personeelkomitee verteenwoordig het, was volgende aan die woord. Hy het verduidelik dat intieme persoonlike verhoudinge tussen mense nie toevallig ontstaan nie. Jy moet dit laat gebeur. “Selfs iets gerings en gratis soos ’n glimlag kan help”, het hy gesê.—Romeine 12:13.

Die Skryfkomitee is deur Lloyd Barry verteenwoordig, en hy het die nuwe sendelinge aangespoor om seker te maak dat hulle nie goeie geestelikheid vergeet wanneer hulle ingepak het om na hulle toewysings te reis nie. Hy het hulle ook in die woorde van die profeet Haggai vermaan: “Skep moed  . . . en werk!”—Haggai 2:4.

Die twee instrukteurs van Gllead-skool is toe genooi om afskeidsraad te gee. Gewese sendeling Jack Redford het die studente vermaan: “Ons het almal ons voor- en teenspoed. Enigiemand kan die voorspoed verwerk. Dit is hoe julle die teenspoed verwerk wat sal bepaal hoe lank julle in die sendingdiens gaan volhard.” En Skool-registrateur Ulysses Glass het hulle aangespoor om die probleme waarmee hulle in hulle toewysings te kampe sou hê op ’n volwasse wyse, soos grootmense, onder die oë te sien.

Die president van dle Skool, Frederick Franz, het die studente laaste toegespreek. Hierdie spreker, wat nou nege-en-tagtig jaar oud is, het hulle daaraan herinner dat hulle ’n groot Herder dien wat ook ’n wêreldheerser is. Hy het hulle aangespoor om verenig en lojaal in die wêreldwye kudde te bly en het afgesluit met die woorde: “Mag die allerhoogste God julle deur sy Herder, Jesus Christus, seën en julle kragtig in julle toewysings gebruik.”

Die studente het hulle diplomas ontvang, en toe het die voorsitter die vergadering tot na middagete verdaag. Om 2:15 nm. het Don Adams van die Bethelhuiskomitee die Wagtoring-studie gehou waartydens die studente die antwoorde gegee het. Daarna het hulle ’n genotvolle program, bestaande uit musiek en ondervindinge, aangebied, waarna hulle ’n roerende en bemoedigende Bybeldrama opgevoer het.

Die program het om 4:30 nm. ten einde geloop. Met hierdie goeie raad nog vars in hulle geheue, het die studente hulle toe voorberei om na hulle afgeleë sendingtoewysings te gaan en “vissers van mense” te wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel