Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 11/1 bl. 6-7
  • Watter verligting is nou moontlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter verligting is nou moontlik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
    ‘n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
  • Ware veiligheid—nou en vir ewig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Maak nou ’n sukses van jou lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Is jy bereid om die waarheid onder die oë te sien?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 11/1 bl. 6-7

Voel jy veilig?

Watter verligting is nou moontlik?

TOT watter mate kan jy veilig voel waar dit kom by die probleme wat op bladsy 3 gemeld is? Die koning-digter Dawid gee ’n voorskrif sodat ’n mens selfs nou meer veiligheid kan geniet. Hy het geskryf: “Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. . . . ook sal my vlees in veiligheid woon.”—Psalm 16:8, 9.

Hoe sal dit jou met jou probleme en vrese help as jy ‘Jehovah altyddeur voor jou stel’? Kom ons hersien kortliks die vrae wat vroeër geopper is en dan kyk ons hoe Jehovah se raad kan help.

Die daaglikse toepassing van Bybelbeginsels kan ’n groot uitwerking hê op jou geleenthede om werk te kry. Die toepassing daarvan kan ’n pligsgetroue, eerlike, harde werker tot gevolg hê, want God se Woord vermaan: “Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is” (Efesiërs 4:28). Verstandige werkgewers sal gewoonlik na ’n betroubare werker soek. Al is die probleem van werkloosheid ’n wesenlike, behoort dit nie vir die waarlik Christelike werker so ’n ernstige probleem te wees nie.

Die Christelike lewenswyse kan selfs die uitwerking van inflasie versag. Waarom? Omdat die Christen sy beperkte middele verstandig gebruik. Geen deel van sy inkomste word op dobbelary, sigarette of op die misbruik van sterk drank en dwelms verkwis nie. Hy vermy duur vertoon, wat ’n vorm van ydelheid is, “want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader [God] nie, maar is uit die wêreld.”—1 Johannes 2:16, 17.

Hoe kan die ware Christen se beskouing hom met die immer teenwoordige probleem van misdadigheid help? Die Bybel se raad is: “Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. Vermy dit, gaan nie daarop nie” (Spreuke 4:14, 15). Op grond van sulke raad tref die Christen verstandige voorsorg op daardie gebiede en in situasies wat deur misdadigers uitgebuit word. Hy vermy omgang met mense wat tot misdadigheid geneig is.

Selfs al moet baie Christene weens ekonomiese redes in minderwaardige wonings bly, help hulle Bybelse beginsels hulle om skoon, aangename huise te hê wat bo die buurt se gemiddelde is. Hulle weet dat sindelikheid ’n deel van die ware aanbidding van die heilige God, Jehovah, is. Die profeet Jesaja het ons vermaan: “Reinig julle.”—Jesaja 52:11.

Christene word geleer om te bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” (Mattheüs 6:11). Daardie versoek dui op ’n gesindheid teenoor daaglikse voedselbehoeftes wat ’n mens tevrede maak met ’n daaglikse porsie sonder om onmatig bekommerd te wees oor more se behoeftes. As die gelowige sy deel doen, weet hy dat hy nie sonder sy daaglikse lewensbenodigdhede sal wees nie, net soos die psalmis Dawid geskryf het: “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.”—Psalm 37:25.

Is dit moontlik om tweedrag in die gesin te vermy of te verminder? Die Bybel vermaan: “Die lankmoedige laat die geskil bedaar” (Spreuke 15:18). Ook: “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Maar wees vriendelik . . . teenoor mekaar; vergeef mekaar” (Efesiërs 4:31, 32). As daardie Christelike gees geopenbaar word, sal alle huwelike mos daarby baat vind, of hoe?

Baie ouers is diep besorg oor hulle kinders en veral oor die onsedelike druk deur hulle eie ouderdomsgroep waaraan hulle by die skool onderwerp word. In die Christelike gesin moet lojaliteit aan beginsels en die gesin diep ingeskerp word om die jongmense te help om hedendaagse versoekings te weerstaan. Die Bybel spoor ouers aan om ’n intieme kameraadskap met hulle kinders op te bou en liefde met dissipline te laat balanseer. Dissipline impliseer omgang, opleiding, redenering en teregwysing.—Efesiërs 6:4; Spreuke 1:8.

Die Christen wat ’n gewisse hoop vir die toekoms het, sal nie so diep geraak word deur omstandighede wat neerslagtigheid en krisisse veroorsaak nie. Gewoontevormende ontvlugtingsdwelms is nie sy kruk vir die daaglikse lewe nie. Dit is soos die psalmis gesê het: “Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.”—Psalm 4:9.

Hoewel Christene weet dat nog ’n oorlog tussen die nasies moontlik is, besef hulle ook dat die aarde aan God behoort, nie aan die mens nie. Hulle weet dat God nie sal toelaat dat die mens die aarde of die mensdom deur middel van ’n globale kernoorlog heeltemal vernietig nie, want hy is die Een “wat die aarde geformeer en dit gemaak het . . . om bewoon te word” (Jesaja 45:18). Dit is waarom hy “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” vir die gehoorsame mensdom beloof en gewaarborg het. Nie ’n nuwe planeet en uitspansel nie, maar ’n splinternuwe aardse bedeling gebaseer op ’n geestelik georiënteerde opleiding vir almal. Dit strook met die geïnspireerde profesie van Jesaja: “Die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.”—Jesaja 65:17; 11:9.

Hoe en waarom sal hierdie verandering aangebring word? Sal God die wêreld se leiers gebruik om veiligheid te bewerkstellig? Sal jý ’n veilige toekoms kan geniet? Die laaste artikel in hierdie reeks sal daardie vrae beantwoord.

[Prent op bladsy 7]

Die toepassing van Bybelraad kan skoner huise tot gevolg hê, ondanks die buurt

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel