Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 10/1 bl. 28-29
  • Hulle waardeer die rubriek “God se Woord is lewend”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle waardeer die rubriek “God se Woord is lewend”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus se lewe en bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Hoe om tydskrifaanbiedings voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 10/1 bl. 28-29

Hulle waardeer die rubriek “God se Woord is lewend”

MEER as twee jaar lank bevat Die Wagtoring, in die eerste nommer van feitlik elke maand, ’n geïllustreerde rubriek wat twee bladsye beslaan met die titel “God se Woord is lewend”. Hierdie artikels is in maklike, eenvoudige taal geskryf, veral met die oog op jongmense en persone wat nog nie Bybelleerstellings ken nie. Geniet jy hierdie rubriek? Gebruik jy dit om ander te leer? Dit is wat baie doen. Een leser skryf:

“Ek wil net my waardering uitspreek vir die puik reeks Wagtoring-artikels met die titel ‘God se Woord is lewend’. Die feit dat die artikels kort is, baie prente bevat en oor basiese Bybelleerstellings handel, maak dit ideaal vir studie saam met my kinders. Dit is ook maklik om die artikels te hersien danksy hulle leesbare ontwerp, en dit help om die lewegewende informasie daarin goed tuis te bring.

“Boonop laat ek dikwels Wagtorings wat by hierdie artikels oopgemaak is by mense in die velddiens omdat ek meen dat die prente en die sterk bewoorde vraagtemas die huisbewoner iets sal leer al kyk hy net vlugtig na die artikel.”

’n Aantal lesers het geskryf en vertel hoe hulle persoonlik by die artikels baat vind. ’n Moeder van Olympia, Washington, sê:

“My dogter is slegs veertien maande oud, maar sy hou daarvan dat ons vir haar voorlees, veral uit ‘grootmense’ se tydskrifte. Julle kan julle voorstel hoe bly hierdie artikels haar maak. Sy is lief vir haar ‘verhale’-boek, maar dit wil voorkom of hierdie selfs meer besonder is omdat hulle altyd nuut en verskillend is. Hulle is kort genoeg om haar nie te verveel nie en die illustrasies boei haar.

“Die inhoud is ook ’n goeie vermaning vir my en my man en herinner ons dikwels aan punte wat ons vergeet het. Ons gaan ’n plakboek maak sodat ons dit van tyd tot tyd kan hersien. . . . Ek gebruik dit in die diens wanneer ek ’n huisbewoner met kinders teëkom, en die meeste persone vir wie ek dit wys, aanvaar die tydskrifte dankbaar.”

’n Brief met soortgelyke gedagtes is uit Keulen, Duitsland, ontvang. Die leser het gesê: “Ek wil al lankal skryf om my dank en waardering te betuig vir die tweebladsyartikels ‘God se Woord is lewend’, wat nie alleen vir my, as ’n volwassene, van groot hulp is nie, maar veral vir my kinders.” Die persoon sê verder:

“My boek met Bybelverhale het ons groot vreugde verskaf, maar dit is beperk. Net soos ons as volwassenes gereeld geestelike voedsel nodig het, het ons kinders dit ook nodig. . . . Dit is waarom ek die gemelde artikels wat verlede jaar begin verskyn het, waardeer. Elkeen handel oor een onderwerp, maar is gewoonlik eenvoudig en saaklik geskryf. En daar is altyd ’n prent vir feitlik elke toneel. Die kinders hou baie van die Bybelverhale-boek, maar daar word dikwels gedagtes bespreek wat nie in die prent voorkom nie, en dit is gewoonlik geskiedenis. Hulle waardeer die artikels in ‘God se Woord is lewend’ dus net soveel, indien nie meer nie.”

Ander lesers beskryf hoe die koms van tydskrifte met hierdie spesiale rubriek deur lede van die gesin afgewag word. ’n Moeder van Ogdensburg, New York, sê dat haar “sesjarige elke maand met groot afwagting na daardie eksemplaar uitsien”. Sy sê:

“My man het dit ’n gereelde deel van ons seun se Bybelstudie gemaak. My man sê dit is soos ’n maandelikse bylae tot die Bybelverhale-boek! Die nuwe materiaal maak werklik ons seun se belangstelling gaande. Alhoewel hy lief is vir sy Bybelverhale-boek, ken hy elke verhaal daarin, maar hy weet nie wat om elke maand van sy nuwe verhaal te verwag nie, en hy raak werklik opgewonde daaroor. Wanneer hy ons pos uit die bussie haal, is hy die eerste een wat die tydskrifte gryp en die omslae afskeur in die hoop om ’n nuwe verhaal te vind! Ons hoop dat hierdie rubriek nog in baie nommers sal verskyn.”

’n Moeder van Seattle, Washington, het haar dank uitgespreek vir die nuwe Wagtoring-rubriek en verduidelik:

“Elf jaar gelede het ek tot God gebid dat hy my die waarheid moes toon, want ek het pas tevore my eerste kind gehad en het nie geweet hoe ek haar in hierdie bose wêreld reg kon grootmaak nie. Minder as twee weke daarna het Jehovah se Getuies my genader en het ek begin om saam met hulle te studeer. Nou, jare later, het ek twee voorbeeldige Christen-dogters wat elke dag vir middagete huis toe kom om te luister na die goeie voorbeelde van ware Christene wat in die tydskrifte bespreek word en om te luister na artikels soos ‘God se Woord is lewend’. Ek is so dankbaar dat Jehovah my gebed om hulp gehoor en verhoor het en dat hy dit steeds deur middel van die tydskrifte verhoor.”

’n Vader van Duluth, Georgia, wys op die permanente waarde van hierdie artikels:

“Ek versamel die artikels ‘God se Woord is lewend’ en ek vind dit baie nuttig om dit van tyd tot tyd weer te lees. Hulle is kort, maar bevat so baie. Dit is my stokperdjie om elkeen uit te knip en in ’n fotoalbum te sit. Ek het al die ‘God se Woord is lewend’-artikels van 1981 in die album. Ek vind dit baie aangenaam om die artikels met ander en veral met my kinders te bespreek, en ek het selfs die informasie daarin tydens velddiens gebruik.”

Nadat hierdie vader sy waardering vir hierdie artikels uitgespreek het, het hy sy brief soos volg afgesluit: “Ek was diep teleurgesteld om te vind dat die Watchtower van 15 Januarie 1982 nie ‘God se Woord is lewend’ bevat het nie, en hoop dat die reeks nie gestaak is nie. Ek sien met afwagting na volgende maand se Watchtower uit.”

“God se Woord is lewend” het sedertdien in die eerste nommer van feitlik elke maand verskyn en ons beplan om hierdie rubriek nog geruime tyd te publiseer. Ons hoop dat jy dit self sal geniet en dit sal kan gebruik om baie ander te help om die basiese waarhede van God se Woord te leer ken.

[Lokteks op bladsy 29]

’n Waardevolle hulp om nuwelinge te leer

“Ek hou van die baie eenvoudige taal wat gebruik word, taal wat elke huisgesin behoort te verstaan. Ons het so iets nodig om tot die mense deur te dring. Ek hoop dat hierdie artikels steeds sal verskyn. Dit is nie net verhale nie, maar bewys ook leerstellings. Ek dink dit is wonderlik,”

—’n Waarderende leser van “God se Woord is lewend”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel