Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 7/1 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 7/1 bl. 31

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die jongste nommers van “Die Wagtoring” te lees? Dan sal jy waarskynlik party van die volgende gedagtes onthou:

◻ Wat is die huidige verspreiding van die Bybel?

Ten minste 2 458 000 000 eksemplare.—1/3, bl. 29.

◻ Waarom is dit so belangrik om God se naam, Jehovah, te gebruik?

Die enigste manier waarop ’n mens na aan God kan kom om ’n persoonlike verhouding met hom te hê, is deur sy naam te ken en te gebruik (Johannes 17:26). As ’n mens God se naam dra, kom jy gevolglik onder sy invloed en beskerming (Psalm 91:14).—15/3, bl. 9.

◻ Waarom moet ’n Christen eerlik wees?

Want sodoende toon hy liefde vir God en naaste. Dit bring Jehovah se goedkeuring, goeie verhoudinge met ’n mens se naaste en gevolglik ’n goeie gewete mee. Dit is ’n basiese vereiste vir lewe in God se nuwe orde (Kolossense 3:9; Openbaring 21:8).—1/4, ble. 4, 5.

◻ Watter gevoel skep Markus se Evangelie wanneer dit Jesus se lewe en persoonlikheid beskryf?

Markus se verslag van Jesus se bedrywighede dra ’n gevoel van onmiddellikheid en dringendheid oor. Maar ondanks die beskrywing van voorvalle in die predikingswerk en van wonderdadige genesings wat mekaar vinnig opvolg, word Jesus uitgebeeld as ’n persoon met baie begrip en medelye (Markus 10:13-16).—1/4, ble. 26-29.

◻ Watter unieke kenmerke is opvallend in die boek Lukas?

Lukas het Jesus se wonderwerke en ander gebeure uit ’n dokter te oogpunt beskryf en mediese uitdrukkings en beskrywings gebruik. Hy toon ’n simpatieke belangstelling in vroue en wy spesiale aandag aan Jesus se gebede. Die “goeie nuus” waaroor hy skryf, is vir alle volke; sy Evangelie het dus universele byval.—1/5, ble. 11-14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel