Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 11/15 bl. 9-12
  • Sendingywer—’n kenmerk van ware Christene

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sendingywer—’n kenmerk van ware Christene
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SENDINGYWER WEER IN ONS DAG OPGEWEK
  • NUWE VOORSIENING BEVORDER SENDINGWERK IN ANDER LANDE
  • HET JY WARE SENDINGYWER?
  • “Die hand van Jehovah was met hulle”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Sendelinge bevorder wêreldwye uitbreiding
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Doen Jehovah se Getuies sendingwerk?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Handhaaf ons ywer in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 11/15 bl. 9-12

SENDINGYWER—’n kenmerk van ware Christene

“HULLE het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.” Hierdie woorde is ’n raak samevatting van die pas en ywer van Jesus Christus terwyl hy die sendingtoewysing wat hy van sy hemelse Vader ontvang het, uitgevoer het (Mark. 6:31). Hy was so heelhartig dat hy kon sê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (Joh. 4:34). Jesus het op en af deur die land gegaan om die “evangelie” te verkondig (Luk. 8:1). Watter vertoning van sendingywer tog!

Om hierdie werk te bespoedig, het Jesus, nadat hy oor die saak gebid het, 12 dissipels gekies en hulle in die jaar 31 G.J. uitgestuur. Hy het hulle beveel: “Moenie gaan op pad na die heidene nie, . . . maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom” (Matt. 10:5-7). Hulle het op daardie tydstip nie alleen volledige instruksies ontvang oor hoe om te werk te gaan nie, maar hierdie woorde het ook duidelike perke gestel aan die gebied waar hulle moes preek. In hierdie gebiede het hulle en hulle Heer reg tot in die jaar 33 G.J. ywerig gearbei.

Met hierdie gebiedsbeperkings in gedagte was party van Jesus se dissipels dalk verbaas oor wat hy net voor sy dood gesê het. Jesus het vir hulle ’n “teken” gegee wat die einde van “die wêreld” sou kenmerk en voorspel dat die “evangelie” dan in die hele bewoonde aarde verkondig sou word “tot ’n getuienis vir al die nasies” voordat die einde sou kom. Later het die verrese Jesus sy dissipels op die hart gedruk dat hulle “dissipels van al die nasies” moes maak. Laastens, kort voor sy hemelvaart, het hy vir sy dissipels gesê: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.”—Matt. 24:3, 14; 28:19; Hand. 1:8.

Op Pinkster, 33 G.J., het die beloofde uitgieting van die heilige gees gevolg en is Petrus gemagtig om die eerste ‘sleutel van die koninkryk’ te gebruik. Die gevolg was dat ongeveer 3 000 Jode en proseliete Christene geword het (Matt. 16:18, 19; Hand. 2:14, 14-41). Gedurende die daaropvolgende drie-en-’n-half jaar het Petrus nog twee “sleutels” gebruik, sodat die sendingwerk waarlik mense van alle nasies bereik het (Hand. 8:14-17; 10:23-48). Hoe waar was dit tog dat die heilige gees “krag” gegee het sodat dieselfde sendinggees wat Jesus aan die dag gelê het weer baie duidelik was! Die verslag van die sendingwerk van daardie vroeë Christene, soos aangetref in die Bybelboek Handelinge, bied duidelike getuienis van geweldige ywer. Dit moes die apostel Paulus bly gemaak het om omstreeks 61 G.J. te kan sê dat die “evangelie” “verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel”!—Kol. 1:23.

SENDINGYWER WEER IN ONS DAG OPGEWEK

Maar met die voorspelde afval en die gepaardgaande verlies van God se gees het daardie sendingywer meer as 1700 jaar lank so te sê verdwyn. Die valse Christendom het eerder van die swaard, kolonialisme en ander onskriftuurlike metodes gebruik gemaak om haar “bekeerlinge” te maak. Het Christus en sy ware dissipels se sendingywer vir ewig verdwyn? Onmoontlik, want Jesus self het voorspel dat die Koninkryksevangelie gedurende sy teenwoordigheid, wat in 1914 begin het, in die hele wêreld verkondig sou word tot ’n getuienis vir al die nasies.

In die sewentigerjare van die negentiende eeu het dit duidelik geword dat God se heilige gees met Charles T. Russell en opregte Bybelstudente wat met hom geassosieer het, was. Ware sendingywer het gevolglik weer eens duidelik geword. Dit was nie lank nie of gemeentes Bybelstudente het dwarsoor die Noord-Amerikaanse vasteland opgeskiet. Die eerste takkantoor van die Wagtoringgenootskap buite die Verenigde State is in 1900 in Londen, Engeland, geopen. Russell het predikingsreise na Europa onderneem, en tydens die tweede van hierdie reise is ’n takkantoor van die Genootskap in 1903 in Duitsland geopen. Die volgende jaar is nog ’n tak geopen, hierdie keer in Australië, waar die sendingwerk gedurende die vorige jaar begin het. In 1911 en 1912 het Russell en ander ’n wêreldreis onderneem en in plekke soos Singapoer, die Filippyne, China en Japan gepreek. Die sendingywer wat deur Jesus aan die dag gelê is, was weer eens baie duidelik. Maar net soos in die geval van Jesus het hulle ywer om te getuig die openlike teenstand van Satan uitgelok. Die sendingwerk was dus nie sonder probleme en beproewings nie.

In 1915 het broer Russell die mening gelug dat daar nog baie sendingwerk gedoen moes word. Maar in 1916 het hy sy aardse loopbaan voltooi. Sou hierdie groepie vervolgde Christene voortgaan om sendingywer aan die dag te lê? Hulle het. J. F. Rutherford, die Genootskap se tweede president, het al hierdie Christene (vandag bekend as Jehovah se Getuies) sterk aangespoor om ywerig sendingwerk te doen. Diegene wat na ander lande kon verhuis, is genooi om dit te doen, met die gevolg dat klein groepies na Afrika, Indië, Birma, Thailand, China en baie eilande gegaan het. Teen die tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het, is daar reeds in meer as 60 lande ten minste op beperkte skaal sendingwerk gedoen. Party wat destyds na hierdie afgeleë plekke gegaan het, dien nou nog daar, na 40 of 50 jaar!

NUWE VOORSIENING BEVORDER SENDINGWERK IN ANDER LANDE

Die Tweede Wêreldoorlog het die sendingwerk wat in baie van hierdie lande gedoen is erg ontwrig. Sou daardie oorlog in Armageddon oorgaan? (Openb. 16:14, 16). Het die sendingwerk waarmee Jesus begin het dus voltooiing genader? Hierdie vrae is beantwoord deur die duideliker begrip van Openbaring 17:8, wat aangebied is in die openbare toespraak “Vrede—Kan dit voortduur?” wat in 1942 by die byeenkoms van Jehovah se Getuies gehou is. Uit hierdie toespraak het die Getuies geleer dat daar ’n naoorlogse tydperk van vrede sou wees. N. H. Knorr, die derde president van die Wagtoringgenootskap, en die res van die direksie van die Wagtoringgenootskap, het gevolglik planne gemaak om die tydperk van vrede wat hulle nou verwag het te benut.

’n Skool spesiaal om Christene vir sendingwerk in die buiteland op te lei, is beplan, asook groter gemeentelike opleiding vir plaaslike sendin1943 het die eerste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead met hul kursus begin. Watter geloof het dit tog getoon! Daar was destyds feitlik geen lande waarheen hierdie sendelinge gestuur kon word nie. Met die vertroue dat daar ’n tydperk van vrede sou wees wat benut kon word, is hulle nietemin opgelei.

Mettertyd kon die meeste van die sendelinge van die eerste klasse van Gileadskool na lande in Sentraal- en Suid-Amerika en eilande van die Karibiese See gaan om hulle opleiding te gebruik om ander daar te help. In daardie dae was daar baie probleme wat hulle te bowe moes kom. Die gesukkel om ’n woonplek te kry, die taal, gebruike, kos, teenstand deur geestelikes en bygelowe het bygedra tot die moeilikhede wat hierdie nuwe sendelinge die hoof moes bied. In die meeste van hierdie lande was daar slegs een of twee persone wat in die Christelike getuieniswerk belang gestel het of daaraan deelgeneem het toe die sendelinge aangekom het. Ondanks al die hindernisse dien baie van daardie eerste sendelinge nog steeds in hierdie lande. Hoe bly is hulle tog dat daar nou meer as 380 000 Getuies in Sentraal- en Suid-Amerika en die eilande van die Karibiese See saam met hulle dien!

Hoe het Gilead-skool die sendelinge voorberei? Een sendeling wat 24 jaar in die Ooste gedien het, het gesê: “Aangesien ons vernaamste instrument in die sendingveld die Bybel sou wees, was die boek-vir-boek en dikwels vers-vir-vers-studie van die Bybel, tesame met verwante kursusse in geskiedenis, aardrykskunde en mense se lewenswyse in Bybeltye myns insiens die belangrikste deel van my opleiding. Daarbenewens het ons oefensessies gehad om ons meer bekwaam te maak om met mense te gesels en hulle te leer. Ons is gehelp om te sien watter aanpassings ons dalk sou moes maak om die lewe in ’n nuwe omgewing te geniet. Nog iets wat my baie gehelp het, was om vyf maande lank by Gilead saam met ’n groot ‘gesin’ met allerhande agtergronde te lewe. Dit het my gehelp om aan te pas by ’n sendeling-‘gesin’ wat lede met verskillende agtergronde insluit.” Met verloop van jare is die Gilead-leerplan aangepas sodat dit selfs praktieser en nuttiger is om nuwe sendelinge vir hulle buitelandse toewysings voor te berei.

Wie kwalifiseer dan om sulke gespesialiseerde opleiding te ontvang? Die basiese vereistes is dat aansoekers tussen die ouderdom van 21 en 40 moet wees en geen afhanklikes of ander verpligtinge moet hê wat sal verhoed dat hulle op enige plek in die wêreld dien nie. Hulle kan ongetroud wees, of ten minste twee jaar getroud, en moet goeie gesondheid geniet. Hulle moet ten minste drie jaar tevore gedoop gewees het, en moet al ten minste twee jaar lank ononderbroke voltydse Koninkryksverkondigers wees. Aansoekers moet ook die ware sendinggees hê—hulle moet nie aangespoor word deur avontuurlus nie, maar eerder deur die begeerte om die toegewese werk te doen. Dit verg dat hulle beweeg word deur innige liefde vir Jehovah God en hulle medemens in hulle toekomstige toewysing. As hulle deur hierdie soort liefde aangespoor word, kan hulle waarlik genoegdoening in hulle toewysing smaak, selfs al is dinge nie so gerieflik of gemaklik as waaraan hulle gewoond is nie.—Luk. 10:27.

HET JY WARE SENDINGYWER?

Dit is duidelik dat slegs ’n betreklik klein aantal van Jehovah se Getuies as sendelinge in die buiteland kan dien. Alle toegewyde knegte van Jehovah God behoort egter daardie selfde sendingywer te hê. Maar dit verg weliswaar vlyt om daardie ywer te behou, want daar is baie dinge wat ’n mens se aandag kan aflei.

Soms spreek jong Getuies op hoërskool die begeerte uit dat hulle eendag voltyds sendingwerk wil doen, hetsy tuis of oorsee. Maar wanneer hulle oud genoegwerk. Op 1 Februarie g is om vir sulke spesiale diens te kwalifiseer, het daardie oorspronklike ywer verdwyn. Wat het gebeur? Het hulle toegelaat dat die gees van die wêreld hulle aandag aftrek? Die gees van die wêreld is een van selfbevrediging, genotsug en minagting vir harde werk en verantwoordelikheid. Hierdie gees het party dermate beïnvloed dat hulle nie meer tevredenheid daaruit put om ’n werk net goed te doen nie. Vir baie in die wêreld moet ’n loopbaan “pret”, “opwindend” of “betowerend” wees. Anders het hulle geen sin daarin nie. Veral jong Christene en Christinne moet hulself dus afvra: Is ek in ’n mate beïnvloed deur hierdie liefde vir die gemaklike lewe? Het die gees van die wêreld—of enigiets anders—my ywer vir die sendingwerk laat verflou?

Ongeag hoe oud jy is, en of jy nou tuis of oorsee voltyds sendingwerk sal kan doen of nie, dit sal goed wees om jouself te ondersoek om vas te stel of jy ware sendingywer het of nie. Gestel jy meen dat jou sendingywer nie sterk genoeg is nie. Wat kan jy daaromtrent doen?

’n Studie van Handelinge hoofstuk vier sal jou moontlik help om gebiede te vind waaraan jy meer aandag moet skenk sodat jy die sendingywer van eerste-eeuse Christene beter kan navolg. Let daarop dat die teenstanders, volgens vers 13, besef het dat die apostels “metgeselle van Jesus” was. Die verskillende strewes van hierdie lewe het moontlik verhinder dat jy deur middel van Bybelstudie ’n ‘metgesel van Jesus’ is, met die gevolg dat jy van jou aanvanklike ywer verloor het.

Vers 23 toon dat die apostels, selfs na ’n beproewing, weer so gou moontlik met hulle medegelowiges vergader het vir geestelike bemoediging en om mekaar se ywer aan te blaas. Wanneer ’n persoon andersyds toelaat dat ontspanning en ander bedrywighede wat nie op sigself verkeerd is nie, verhinder dat hy gereeld saam met mede-Christene vergader, sal hy geleidelik ware sendingywer verloor. Die mooi gebed wat in verse 24-30 opgeteken is, bied verdere voorligting oor hoe om groter ywer na te streef. Let op hoe Jesus se dissipels om vrymoedigheid gebid het. Streef jy die krag van God se gees om jou te help om jou ywer te vergroot net so naarstiglik na as wat daardie gelowiges in gebed gedoen het? Dan kan jy soortgelyke resultate verwag as die wat in vers 31 opgeteken is. Jehovah het hulle gebed verhoor, hulle is met die heilige gees vervul en “het die woord van God met vrymoedigheid gespreek”.

Jesus het gesê dat die “goeie nuus” in die hele wêreld tot ’n getuienis verkondig sou word. Terwyl hulle die voorreg geniet om daardie werk te doen, lê Christene sendingywer aan die dag, party in hulle tuisgebied, ander in buitelandse gebiede. Hulle spreek God se Woord geesdriftig ‘met vrymoedigheid’.

As gevolg van Jehovah se onverdiende goedheid word die Koninkryksboodskap nou in meer as 200 lande gehoor, vergeleke met 54 toe Gilead-skool gestig is. Watter soort lewe lei ’n sendeling? Hoe word daar in hulle materiële behoeftes voorsien? Waar woon hulle? Hoe hanteer hulle taalprobleme? As jy sendingwerk in die buiteland oorweeg, sal die volgende verslag veral gerusstellend wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel