Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 10/15 bl. 3-4
  • Wanneer ’n ramp tref

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n ramp tref
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus verdryf ’n weduwee se verdriet
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus verdryf ’n weduwee se verdriet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Tragiese gebeurtenisse
    Ontwaak!—2014
  • Jesus wek ’n weduwee se seun op
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 10/15 bl. 3-4

WANNEER ’N RAMP TREF

DIE gesin was skynbaar nie ryk nie. Maar hulle het baie gehad om voor dankbaar te wees. Hulle grond was vrugbaar, die klimaat was die grootste deel van die jaar aangenaam warm en hulle het op ’n ideale plek gewoon.

Hulle stad, Nain, was pragtig geleë in die vrugbare vlakte van Esdraelon aan die noordwestelike kant van die heuwel More. Van hulle huis af kon die gesin uitkyk oor ’n groen vallei na die bosryke heuwels van Galilea net ’n paar kilometer daarvandaan. En ’n ent verder kon hulle die sneeubedekte kruin van die berg Hermon en die Libanon-gebergte sien. Hoe aangenaam was dit tog om aan die einde van die dag op die dak te sit en die natuurskoon te aanskou—net die drie van hulle saam—die man, sy vrou en hulle jong seun!

Maar eendag het ’n ramp die gesin getref—die man het gesterf. Wat ’n bittere ondervinding tog! Nou het daardie vreedsame aandjies saam tot die verlede behoort. Maar die vrou het troos geput uit die feit dat sy nog haar seun gehad het. Sy toekoms het die middelpunt van haar verwagtings, begeertes en ambisies geword. So het sy weer sin en doel in die lewe gevind.

Maar toe het nog ’n ramp hulle getref. Die seun het gesterf. Nou was daar niemand wat haar kon vertroos nie. Groot was die weduwee se smart terwyl die seun se stoflike oorskot vir die begrafnis voorberei is.

Jy ken moontlik die leemte wat ontstaan wanneer ’n dierbare sterf. Hoe terneergedruk en magteloos kan ’n mens tog voel! Die dood is voorwaar ’n bittere vyand. By sulke geleenthede is ’n persoon baie besorg oor die toekoms van die dode. Is daar werklik hoop vir hulle?

Maar gestel iemand kon die hand van jou dierbare vat en hom weer lewend en gesond aan jou terugbesorg. Hoe bly sou jy tog nie wees nie! Hoe wonderlik sou dit tog nie wees nie!

‘Maar dit is onmoontlik’, sê jy dalk. Dit het weliswaar nog nooit in ons leeftyd gebeur nie. Maar dit het al gebeur. Vroue het hulle oorledenes deur ’n opstanding teruggekry.

Wanneer het dit gebeur? Waarom kan ons dit glo? Wat beteken dit vandag vir ons?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel