Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 10/1 bl. 32
  • ‘Ek het om die boek gesoebat’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Ek het om die boek gesoebat’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 10/1 bl. 32

‘Ek het om die boek gesoebat’

Dit is wat ’n jong persoon in Zimbabwe geskryf het. ’n Vriend het ’n eksemplaar van die boek “My boek met Bybelverhale” gehad, maar geweier om dit vir hom te gee al het hy vurig daarom gesoebat. Hy het egter vir hom die adres gegee waarheen hy kon skryf vir ’n eksemplaar van die boek en gesê: “Gaan koop jou eie.” Die seun het geskryf:

“Ek het nie geld nie, maar sê asseblief vir my wat dit kos, Meneer, sodat ek die geld by my ryk stiefpa kan leen. Luister asseblief na my versoek, Meneer. Hoe wens ek tog dat u hierdie boek vir my sal stuur. Ek dink ek sal nooit so wreed met my vriende wees soos daardie seun by wie ek die boek gesien het nie. Ek sal elke dag op u antwoord wag. Ek is twaalf jaar oud.”

Rondom die wêreld is daar ’n geweldige aanvraag vir hierdie boek. Dit is reeds in meer as 40 tale beskikbaar, en nagenoeg 20 miljoen eksemplare is al versprei.

“My boek met Bybelverhale” het groot druk en meer as 125 groot prente, waarvan die meeste veelkleurig is. Die 116 Bybelverhale daarin gee die leser ’n idee van die Bybel se inhoud. Die verhale verskyn in die volgorde waarin dit plaasgevind het. Jy sal vind dat dit jou waarlik baie help om te sien waar sekere gebeure ten opsigte van ander in die geskiedenis plaasgevind het. Bestel hierdie waardevolle boek met 256 bladsye deur die koepon in te vul en te pos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel