Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 9/1 bl. 17
  • Godsdienshuigelary

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdienshuigelary
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Onheil en rampe—Amos bied insig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Jehovah se oordeel sal oor die goddeloses kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Bybelboek nommer 30—Amos
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 9/1 bl. 17

Godsdienshuigelary

DIE “Post-Times” van Palm Beach, Florida, het ’n brief van ’n jong knaap gepubliseer. Dit het ten dele gelui:

“Ek hou nie daarvan om kerk toe te gaan nie, want ek sien mense daar wat ek weet dronkaards, skinderbekke, leuenaars en bedrieërs is . . . Ek het geen respek vir huigelaars nie, en ons kerk is vol van hulle.”—27 Mei 1979.

Godsdienshuigelary is nie buitengewoon nie. Dit is ook nie nuut nie. Selfs toe God nog met die Israeliete as ’n volk gehandel het, was huigelary soms algemeen. God het sy beskouing daarvan deur die profeet Amosa bekend gemaak, en dit is ook Sy beskouing van die verskillende vorms van godsdienshuigelary wat vandag voorkom.

Deur Amos het God gesê: “Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei, deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit—om die efa [die houer om ’n efa koring mee af te meet] te verklein en die sikkel [die gewig wat gebruik is om items te weeg wanneer ’n mens iets koop] te vergroot en bedrieglik te handel met ’n valse weegskaal; om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir ’n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.”—Amos 8:4-6.

Hierdie Israeliete het dus die fees van die nuwemaan en die weeklikse sabbat nougeset gehou deur geen sake te doen nie. Maar hulle kon nie wag dat hierdie rusdae verby moes wees sodat hulle hulle wettelose gebruike kon hervat nie. Hulle oneerlikheid het die armes en beproefdes se ondergang beteken. Sodoende het hulle die ootmoediges ‘uitgeroei’. Hierdie goddelose manne het die armes gevoelloos bedrieg deur valse gewigte en mate te gebruik. Die armes sou gevolglik later niks meer besit nie en gedwing word om hulself as slawe te verkoop, en dan het hierdie selfsugtige manne hulle gekoop. ’n Arm man sou miskien nie vir ’n paar skoene kon betaal nie, en dan het sy skuldeiser hom as ’n slaaf laat verkoop. Daar is nie alleen gekul met die hoeveelhede koring wat verkoop is nie, maar ook met die gehalte van die graangewasse. Dit was blote “afval” wat verkoop is.

Die dade van die ontroue Israeliete is deur Jehovah God waargeneem. Hy het hulle godsdienshuigelary verfoei. Deur sy profeet het hy bepaal: “Die HERE het gesweer by die hoogheid van Jakob [dit wil sê, by homself, aangesien hy by niemand groter kon sweer nie; vergelyk Hebreërs 6:13]: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie. Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.”—Amos 8:7, 8.

Hierdie woorde toon duidelik dat die Allerhoogste nie al die skandelike werke van die ontroue Israeliete sou vergeet nie. Weens sy veroordeling sou die land bewe en die bewoners treur. Die land sou as’t ware oprys en wegsak soos die Nyl wanneer dit sy oewers oorstroom en dan weer daal.

Jehovah God het nie sy beskouing van godsdienshuigelary verander nie. Net persone wie se werke volkome met sy Woord ooreenstem, is Sy goedgekeurde knegte (Jak. 1:25-27). Dit is waarom ons moet seker maak dat ons inderdaad uit God se standpunt opregte lewens lei.

[Voetnoot]

a Die boek Amos word op bladsye 13-16 bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel