Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 9/1 bl. 4-6
  • Die grondslag vir ’n versekerde geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die grondslag vir ’n versekerde geloof
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE ONMEETLIKE—DIE INFINITESIMALE
  • Waar het die instruksies vandaan gekom?
    Vyf belangrike vrae oor—Die oorsprong van lewe
  • ’n Kykie deur die mikroskoop
    Ontwaak!—1999
  • Jou selle​—⁠Lewende biblioteke!
    Ontwaak!—2015
  • Ondersoek die bewyse
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 9/1 bl. 4-6

DIE GRONDSLAG VIR ’N VERSEKERDE GELOOF

PARTY persone wat geloof as onprakties beskou, het nog nooit goed nagedink oor die saak of geloof ’n vaste grondslag het nie. Het jy?

Gestel jy wil ondersoek instel na die saak. Waar sou jy begin en watter getuienis sou daarmee verband hou? Wel, jy kan baie dinge in die wêreld random jou ondersoek en pertinente feite onderskei.

DIE ONMEETLIKE—DIE INFINITESIMALE

Dit sou reg wees om te sê: Jy kan die onmeetlike bestudeer—die oënskynlik grenslose heelal in die buitenste ruimte. Of jy kan na die infinitesimale kyk—selfs mikroskopiese deeltjies van ons en ons wêreld. In albei gevalle sou jy rede vir geloof in die Skepper vind.—Gen. 1:1; 2:1-4.

Sowat 3 000 jaar gelede het ’n man genaamd Elihu in die Midde-Ooste gesê: “Kyk op na die hemel en sien” (Job 35:5). Hy het gemeen dat getuienis van ’n Skepper in die hemele daarbo gesien kan word. Met die blote oog kon Elihu natuurlik minder as 5 000 van die meer as 100 000 000 000 sterre in ons Melkweg gesien het. Hy sou nie geweet het dat daar duisendmiljoene melkweë bestaan wat elk miljarde sterre bevat nie. Maar gestel hy het dit te wete gekom, soos ons dit nou weet. Dink jy dat dit sy geloof in God sou verswak het? Of sou hierdie kennis daardie geloof versterk het? Heelwat later het die psalmis Dawid gesê: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.”—Ps. 19:2.

Nou het wetenskaplikes die sonnestelsel met snuffeltuie verken, die buitenste ruimte met ligteleskope bestudeer en met radioteleskope geluister na klanke uit die uithoeke van die heelal. Hierdie groter kennis het ons meer redes vir geloof in God gegee.

Fisikus Wernher von Braun, voormalige hoof van NASA (Nasionale Lugvaart-en-Ruimteadministrasie) se ruimtesentrum in die V.S.A., het geskryf: “Die materialiste van die negentiende eeu en hulle Marxistiese erfgename van die twintigste eeu, het ons probeer wysmaak dat ons sonder geloof in ’n Skepper kan klaarkom namate die wetenskap vir ons meer kennis oor die skepping gee. Tot dusver het ons met elke nuwe antwoord nuwe vrae ontdek. Hoe beter ons . . . die breë plan vir die melkweë verstaan, des te meer rede vind ons om ons aan God se skepping te verwonder.”

Dieselfde gevolgtrekking kan bereik word as jy jou ondersoek van die onmeetlike heelal na die uiters klein deeltjies van ons liggame verskuif. Dawid is beweeg om tot God uit te roep: “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. . . . Wat U gedoen het, vervul my met verwondering” (Ps. 139:13, 14, NAB). Gedurende sy loopbaan as neurochirurg het professor Robert J. White, M.D., die geleentheid gehad om die mense-brein baie noukeurig te ondersoek. Hy vertel:

“My ondervindinge met my pasiënte, en tydens my neurologiese navorsing om die raaisels van die brein uit te pluis, het my meer ontsag vir die brein gegee as ooit tevore. En ek het geen keuse as om die bestaan van ’n Bomenslike Intellek te erken nie, een wat verantwoordelik is vir die ontwerp en ontwikkeling van die ongelooflike brein-verstand-verhouding—iets wat ver bo die mens se vuurmaakplek is.”

As jy in die posisie was om selfs die samestelling van die mensesel te ondersoek, sou jy oorgenoeg rede vir geloof in die Skepper vind. Die sel is die basiese onderdeel van elke lewende ding op aarde. Jy het sowat 100 000 000 000 000 selletjies in jou liggaam. Maar elkeen is verbasend ingewikkeld en goed ontwerp.

In elk van jou liggaamselle het jy byvoorbeeld tienduisende gene en die veelbesproke DNS, wat vir die sel sê hoe hy moet werk en voortplant. Dit het die kleur van jou hare, die tempo waarteen jy gegroei het en tallose ander besonderhede bepaal. Vra jouself af: Hoe is dit moontlik dat al hierdie informasie in die DNS van elk van my selle bevat word?

In sy boek Whence and Wherefore (1978) vertel dr. Zev Zahavy van ’n bespreking wat plaasgevind het tydens ’n biochemie-les aan Cornell-Universiteit se Departement van Mediese Wetenskappe. Die professor het “die geprogrammeerde DNS-molekules” bespreek. Ons lees:

“Die klas het bestaan uit jong studente wat grootgeword het in die eeu van rekenaartegnologie, en was gevolglik heeltemal op hoogte van die programmeur se onontbeerlike rol by die formulering van ’n gerekenariseerde program. Die melding van ‘geprogrammeerde molekules’ het ’n wakker student se gedagte geprikkel.

“Hy het gevra: ‘As die RNS-en DNS-strukture geprogrammeer is om volgens hulle bepaalde patrone te werk en voort te plant, waar kom die programme dan vandaan?’

“Die professor het met ’n ondeunde glimlag geantwoord: ‘Van die Voortbrenger van Verskeidenheid [“Generator of Diversity”], natuurlik.’

“Die verbysterde student het verdwaas uitgeroep: ‘Die Voortbrenger van Verskeidenheid [“Generator of Diversity”]? Wie is dit?’

“‘Die meeste mense ken Hom by Sy voorletters’, het die gemoedelike mentor geantwoord.”

Die professor het natuurlik na die letters G O D verwys.

Ja, ’n ondersoek van die onmeetlike of die infinitesimale aspekte van die skepping bied ’n vaste grondslag vir ’n versekerde geloof in God. Maar jy wonder dalk steeds: Is dit prakties om in ons dag sulke geloof te hê?

[Prent op bladsy 5]

Deel van ’n DNS-molekule

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel