Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 7/15 bl. 11
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Geslagsrewolusie” boemerang
  • “Sieners het deurgaans verkeerd”
  • Op soek na betroubare voorspellings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Hoe betroubaar is Bybelvoorspellings?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Wat vorm jou gesindheid?
    Ontwaak!—1997
  • Voorspellings van die wêreld se einde
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 7/15 bl. 11

INSIG IN DIE NUUS

“Geslagsrewolusie” boemerang

• In die laaste dekades het die “geslagsrewolusie” gelei tot die verwerping van sedelikheid in die naam van “vryheid”. ’n Voorbeeld wat in die Kanadese tydskrif “Macleans” gemeld word, is Swede, waar “prostitusie wettig is, en ook pornografie. Aborsie kan gratis op aanvraag verkry word, sewejariges kry sekslesse en talle jeugklinieke gee voorbehoedmiddels weg”. Maar na ’n ondersoek van die resultate berig die publikasie: “Die Swede self het nou te kampe met ’n mag der menigte maatskaplike probleme wat gedeeltelik die gevolg van die wellustige jare is: die afrekening is nie aangenaam nie.”

Sweedse sosioloog Rita Liljestrom sê: “Seksualiteit is beskou as die sleutel tot ’n ander politieke gemeenskap. Maar nou is daar skynbaar ’n nuwe redetwis: die gevoel dat ons baie behaal het maar ook dinge verloor het.” Sy het die geslagsrewolusie veroordeel “as ’n pseudo-bevryding wat manne en vroue selfs meer vervreemd as tevore gelaat het”. Persone wat vantevore ’n permissiewe gesindheid gehad het, vind nou dat seks dikwels verdorwe en dierlik is, in plaas van ’n betuiging van innige liefde tussen getroude persone wat vir mekaar omgee. Hulle veroordeel ook pornografie en prostitusie, daar hulle meen dat dit gelei het tot meer verkragting en seks onpersoonlik gemaak het. Die feit dat geslagspermissiwiteit veneriese siekte, ongewenste swangerskappe, aborsies en gebroke huwelike weens ontrouheid tot gevolg gehad het, is ook goed geboekstaaf.—Hebr. 13:4.

“Sieners het deurgaans verkeerd”

• Miljoene persone hou die voorspellings van spiritistiese mediums of “sieners” dop. Maar Jack Mabley het in Chicago se “Tribune” geskryf: “As jy hulle ernstig opneem en ’n aandeel wil koop of silwer wil verkoop op wat hulle sê, is my voorstel dat jy die teenoorgestelde doen van wat hulle sê. Die sieners het deurgaans verkeerd.” Met verwysing na 62 van hulle voorspellings vir 1980 wat deur ’n koerant gepubliseer is, het Mabley gesê: “Nie een van daardie 62 voorspellings was in die kol nie.”

’n Spiritistiese medium in Kalifornië het byvoorbeeld voorspel dat “rentekoerse [in 1980] sal daal terwyl die ekonomie ’n oplewing toon”. Die teenoorgestelde het gebeur. Sewe mediums het voorspel dat Ted Kennedy tot president verkies sou word. Hy het nie eers sy party se benoeming verkry nie. Jeanne Dixon het van destydse Jimmy Carter voorspel: “ln die herfs sal daar ’n aanslag op sy lewe wees wat verband hou met ’n kerk.” Sy het ook voorspel dat skandale hom verskeie intieme, hooggeplaaste amptenare sou kos. Nie een van hierdie voorspellings is bewaarheid nie.

Dit is nie mense se voorspellings nie, maar die geïnspireerde profesieë van God wat sonder uitsondering bewaarheid word (Jes. 46:9-11; 2 Pet. 1:20, 21). God se Woord veroordeel dus valse voorspellers.—Deut. 18:10-12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel