Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/1 bl. 8-9
  • Kan jy onsigbare dinge sien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy onsigbare dinge sien?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • “O Jehovah, maak asseblief sy oë oop”
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Jehovah se vurige leërmag
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Elisa het strydwaens van vuur gesien—Sien jy dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Kan jy onsigbare dinge sien?

WAS jy al ooit in groot moeilikheid? Het dit gelyk asof daar geen uitweg, geen oplossing is nie? Dit is wat ’n jongman in die dae van God se profeet Elisa gedink het.

As ons terugkyk na daardie tyd, vind ons dat die Arameërs teen die Israeliete oorlog maak. Maar die koning van Israel weet skynbaar altyd vooraf waar die Arameërs gaan toeslaan. Die Aramese koning ontbied dus sy dienaars, soos jy hier kan sien, en vra: ‘Wie van ons verraai ons troepe se bewegings aan die koning van Israel?’

‘Niemand nie’, antwoord ’n dienaar. ‘Dit is Elisa, die Israelitiese profeet. Hy weet wat u selfs in die privaatheid van u eie kamer sê, en hy vertel dit vir die koning van Israel.’

‘Vind hom’, beveel die koning, ‘dat ons hom kan gaan vang.’ Later word daar vir die koning vertel: “Hy is daar in [die stad] Dotan.” Hy stuur dus ’n groot leër met perde en strydwaens soontoe. Die soldate bereik die stad gedurende die nag en omsingel dit.

Toe Elisa se dienaar die volgende oggend vroeg uitgaan, sien hy dat hulle omsingel is deur die Aramese leër! Die bang jongman sê vir Elisa: “Ag, my heer, hoe sal ons maak?”

“Vrees nie”, antwoord Elisa kalm. Dan sê hy iets wat vir sy dienaar baie vreemd klink. “Die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.” Maar hoe is dit moontlik?

Elisa bid: ‘O Jehovah, open tog sy oë, dat hy kan sien.’ En dadelik is sy oë geopen sodat hy dinge kon sien wat gewoonlik onsigbaar is. Daar op die berghange is perde en strydwaens van vuur rondom hulle. Ja, Jehovah het sy oë op wonderdadige wyse geopen sodat hy Sy hemelse strydmagte kon sien!—2 Kon. 6:8-23.

Beteken dit dat God se engele vandag gereed is om sy knegte te help? Ja! Hulle is werklik daar, selfs al kan ons hulle nie sien nie. En hulle kan ons te hulp kom, net soos hulle Elisa en sy dienaar beskerm het sodat hulle niks oorgekom het nie. Sien jy God se onsigbare, hemelse magte met die oë van jou verstand?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel