Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/1 bl. 10
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Evolueer “superkieme”?
  • “Het godsdiens sy perke oorskry?”
  • Mutasies—’n Grondslag vir evolusie?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Daardie aanpasbare kieme—Hoe hulle terugkeer
    Ontwaak!—2003
  • Evolusie—Mites en feite
    Is lewe geskep?
  • Is evolusie ’n feit?
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/1 bl. 10

INSIG IN DIE NUUS

“Een oggend in 1914”

• “Alles het skielik, onverwags, een oggend in 1914 geëindig”, het Brittanje se voormalige eerste minister, Harold Macmillan, gesê tydens ’n toespraak by Yale-Universiteit. Hy het gesê dat die groot oorlog wat in 1914 begin het, die einde gekenmerk het van “100 jaar van vrede en vooruitgang” en “die einde van ’n tydvak” aangedui het. Voor daardie tyd het dit gelyk asof die wêreld in ’n eeu van “outomatiese vooruitgang” was waarin “alles voortdurend beter sou word”, het die 86-jarige staatsman gesê. “Dit was die wêreld waarin ek gebore is.”

Macmillan het toe gesê dat die Volkebond “’n poging was om ’n mate van die stabiliteit wat die groot nasies [voor 1914] geskep het in die nuwe tydvak tot stand te bring”. Maar die Volkebond het misluk, het hy gesê, omdat daar nie langer “enige sin van eenheid bestaan het wat tydens die voorafgaande 100 jaar van vrede geheers het nie”.

Nog ’n hoogaangeskrewe gesaghebbende voeg dus sy stem by dié van talle staatsmanne en geskiedkundiges wat die betekenis van die jaar 1914 erken. Maar dekades voor daardie jaar kon toegewyde studente van Bybelprofesie 1914 identifiseer as ’n klimaktiese keerpunt (Die “Bible Examiner”, Oktober 1876, ble. 27, 28). Hierdie Bybelprofesieë het ook getoon dat die “geslag” wat sou sien hoedat die gebeure in 1914 begin ook die “voleinding van die wêreld” sou sien.—Matt. 24:3, 7-22, 32-35.

Evolueer “superkieme”?

• Het jy al ooit ’n infeksie gehad wat eenvoudig nie wou genees met die antibiotika wat jou dokter daarvoor voorgeskryf het nie? Hierdie onaangename situasie ontstaan soms omdat sekere algemene kieme klaarblyklik immuun geword het teen geneesmiddels wat hulle normaalweg sou doodmaak. Evolusioniste beweer soms dat mutasies verantwoordelik is vir sulke “superkieme”. Hulle beweer dat soortgelyke “voordelige” mutasies die ewolusie van die mens tot gevolg gehad het.

Maar verander gewone kieme in die reël in superkieme? Nie volgens bioloog Richard P. Novak wat ’n artikel in “Scientific American” vir Desember 1980 geskryf het nie. “Jare lank is daar verkeerdelik aanvaar dat chromosoommutasies verantwoordelik is vir kliniese weerstand teen antibiotika”, sê hy. Waarom? Omdat daar soms mutasies verskyn wat antibiotika weerstaan wanneer bakterieë in laboratoriums gekweek word. Maar teen watter koste vir die algemene gesondheid van die bakterieë? “Die mutasies wat weerstand opgebou het, is ewolusionêre gebreklikes”, erken Novak, “en in natuurlike toestande sterf hulle vinnig uit”.

Volgens dr. Novak is die meeste superkieme met weerstand teen antibiotika waarop dokters afkom nie mutasies nie. Sulke kieme kry hulle weerstand van uiters klein organismes genaamd “plasmiede”, wat die bakterieë klaarblyklik immuun teen geneesmiddels maak. Wetenskaplikes weet nie waar die plasmiede vandaan kom nie, maar dit is betekenisvol dat daar nie naastenby soveel “voordelige mutasies” is as wat party ewolusioniste dink daar is nie.

“Het godsdiens sy perke oorskry?”

• Tydens ’n onlangse radioprogram het nuusredakteur Jim Branch van die stasie WRFM gepraat oor die onderwerp “Het godsdiens sy perke oorskry?” Branch het verwys na godsdiens se groot betrokkenheid by die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing en gesê: “Hulle wil eintlik terugkeer na die goeie ou dae toe die kerk en die staat nie apart was nie en godsdiens vir ander op plaaslike sowel as hoër vlak voorgeskryf het.”

Branch sê dat die kerke oënskynlik hulle politieke betrokkenheid regverdig “op grond daarvan dat God oral is, maar eendag sal hulle dalk te staan kom voor ’n regter wat sê: ‘O, nee, hy’s nie . . . nie uit ’n wetlike standpunt nie.’ En dan sal die regter God en godsdiens en die perke daarvan definieer. En dan sal godsdiens vind dat die bordjies verhang is. Na soveel jare wat dit vir die sekulêre wêreld voorgeskryf het, sal die sekulêre wêreld dan vir godsdiens voorskryf.”

ln ’n grafiese beskrywing van ’n rampspoedige verandering in die kerke se status haal die Christenapostel Johannes valse godsdiens, of “Babilon die Grote”, soos volg aan: “Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie.” Die profesie sê voorts: “Daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word.”—Openb. 18:7, 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel