Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/15 bl. 31
  • Die gesondheidsgevare van tabak word verswyg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die gesondheidsgevare van tabak word verswyg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Tabakmoraliteit?
    Ontwaak!—1991
  • Miljoene lewens gaan in rook op
    Ontwaak!—1995
  • Tabak se verdedigers stuur hulle warmlugballonne op
    Ontwaak!—1995
  • Maak dit werklik vir God saak of ek tabak gebruik of nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/15 bl. 31

Die gesondheidsgevare van tabak word verswyg

In ’n brief wat gepubliseer is in “The Journal of the American Medical Association” het dr. Elizabeth M. Whelan geskryf: “Omdat hulle so afhanklik is van die inkomste van sigaretadvertensies, skuif talle gewilde tydskrifte die uitwerking van tabak op die gesondheid op die agtergrond. Nadat ek ’n aantal vername vrouetydskrifte nagegaan het, het ek nie een belangrike artikel oor tabak en gesondheid gevind nie.”

Dr. Whelan het verduidelik dat sy versoek is om ’n artikel met die titel “Beskerm jou man teen kanker” te skryf vir ’n veel gelese skoonheids-en-modetydskrif vir vroue. “Ek het die volle bedrag vir die artikel ontvang”, sê sy, “maar die redakteur was eerlik en het vir my verduidelik dat hulle slegs ’n klein deeltjie daarvan kon gebruik omdat ek so dikwels melding gemaak het van tabak en die feit dat hulle elke maand drie volbladsysigaretadvertensies gepubliseer het. By ander geleenthede het die redakteur van ’n publikasie sommer met die intrap vir my gesê dat hy ‘geen rubrieke of artikels oor tabak’ wil hê nie.”—7 November 1980, bladsy 2045.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel