Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 4/1 bl. 16
  • ’n Geskiedkundige oorwinningsfees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Geskiedkundige oorwinningsfees
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Loof Jah vir sy oordele!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • “Loof Jah!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Die stryd teen God se naam
    Ontwaak!—2004
  • Openbaring – Wat dit vir jou toekoms beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 4/1 bl. 16

’n Geskiedkundige OORWINNINGSFEES

“DIE OORLOG van daardie groot dag van die almagtige God” te Armageddon sal die grootste in die geskiedenis vir ons aardbol wees, en dit sal die laaste wees (Openb. 16:14, 16). Dit is soos God se profeet gesê het om diegene wat Hom liefhet te troos: “Die HERE is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, . . . Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.”—Nah. 1:7-9.

Wat volg dan? Die apostel Johannes deel ons mee dat hy “’n groot stem van ’n groot menigte in die hemel” hoor. Hierdie engeleleërskare sing in ’n groot koor: “Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek” (Openb. 19:1, 2). Watter gejuig! Want die verdrukking, die afvalligheid en die moorddadige weë van die wêreldryk van valse godsdiens, “Babilon die Grote”, sal vir ewig van die oppervlak van God se aarde af uitgewis wees.

Wat hoor die apostel nog? “En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja!” Dan weerklink ’n derde “Halleluja!”, en heel gepas voeg Johannes, wat elders ‘’n seun van die donder’ genoem word, die klimaktiese woorde by: “En ek het iets gehoor soos die stem van ’n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.”—Openb. 19:3-6; Mark. 3:17.

Die sang van daardie hemelse stemme is baie mooier as enige “Halleluja-koor” wat ooit op hierdie aarde gehoor is. Die miriades engele weet waaroor daardie lied handel. Hulle sing dit dus met innige vreugde en gevoel: “Halleluja!”—wat beteken “Loof Jah!” God se volk op aarde sal die “groot verdrukking” oorlewe en ook daardie lied begin sing waarin hulle Jah, Jehovah, die Soewereine Heer van die ganse heelal, loof vir sy groot oorwinning oor al die magte van goddeloosheid. Ander glorieryke gebeure volg. Jehovah se volk word genooi om ‘bly te wees en hulle te verheug’, omdat ’n huwelik nou in die hemel plaasvind. Die Lam word in die eg verbind met sy “vrou”—die voltallige 144 000 verrese “heiliges” wat uitgeken is aan die “regverdige dade” wat hulle as mense op aarde verrig het (Openb. 19:6-8; 14:1-5). Die regeringsbestel, die “nuwe hemele”, is nou volkome. Reeds voor die “groot verdrukking” het die Lam ’n “groot menigte” menslike aanbidders soos ’n herder versorg (Openb. 7:9, 14). Maar nou gaan die belofte dat God ‘alle trane van hulle oë sal afvee’ vir die hele mensdom vervul word, onder meer vir die verrese dode, terwyl ’n “nuwe aarde”-gemeenskap onder die mense begin funksioneer.—Openb. 21:1, 4; 2 Pet. 3:13.

God se lojale dienaars in die hemel en op aarde sal saamsing in daardie wonderlikste en sinvolste Halleluja-koor. Want Jah, Jehovah, sal die oorwinning behaal het!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel