Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 3/1 bl. 3-4
  • Wanneer humeure opvlam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer humeure opvlam
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • MEER IS NODIG AS OM NET ONS HUMEUR TE BETEUEL
  • Hoe kan jy jou gees beheers?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Jy Kan jou humeur beteuel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Wandel deur gees en leef jou toewyding na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Gelei deur God se gees in die eerste eeu en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 3/1 bl. 3-4

WANNEER HUMEURE OPVLAM

IN DIE stad New York het “’n man van Kew Gardens wat woedend kwaad was vir sy bure omdat hulle harde musiek gespeel het, vier mense doodgeskiet en toe homself om die lewe gebring”. Aan die ander kant van die wêreld, in Osaka, Japan, “is ’n bestuurder met ’n pistool doodgeskiet toe hy sy toeter geblaas het vir ’n motor wat skielik voor hom stilgehou het”.

Jy het waarskynlik nog nooit jou selfbeheersing tot hierdie mate verloor nie. En jy wil klaarblyklik so ’n tragedie vermy. Maar kan jy sê dat jy altyd jou gees beheers? Moet jy ’n poging aanwend om dit te doen? Trouens, is daar enigiets wat jy daaromtrent kan doen?

MEER IS NODIG AS OM NET ONS HUMEUR TE BETEUEL

Die Bybel spoor ons duidelik aan om ons gees te beheers. Dit sê: “Die lankmoedige is beter as ’n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ’n stad inneem” (Spr. 16:32). Die Bybel veroordeel ook verlies aan beheer en sê: “’n Afgebreekte stad sonder muur, so is ’n man wat sy gees nie kan inhou nie” (Spreuke 25:28). Maar wat behels dit wanneer ’n persoon sy gees beheers?

Die beheersing van ons gees sluit klaarblyklik meer in as bloot die beteueling van ons humeur. Die Bybel gebruik dikwels die woord “gees” om ons heersende karaktertrekke, ons beweegredes en gesindheid aan te dui. Dit is waar in die Bybelse uitdrukkings “die gees van sagmoedigheid”, “sagmoedige en stille gees” en ‘betroubaar van gees’.—1 Kor. 4:21; 1 Pet. 3:4; Spr. 11:13.

Gestel byvoorbeeld dat ’n persoon haat in sy hart omdra, maar nie moord pleeg nie omdat hy nie die geleentheid kry nie. Het hy werklik sy gees beheers? Is haat in orde solank ons net nie daaraan uiting gee nie? Jesus antwoord: Nee! Sy woorde wat moord veroordeel, bevat ook ’n veroordeling van die haat wat daartoe aanleiding kan gee.—Kyk Mattheüs 5:21, 22.

Soms kan ons ons tong en ons humeur beteuel en van ’n onaangename situasie af wegloop sonder om ’n woord te sê. Maar gestel ons tob nog dae of selfs weke lank oor die voorval en raak steeds daaroor ontsteld. Toon dit nie dat ons nie werklik ons gees beheers het nie? Beheers ’n persoon waarlik sy gees wanneer hy sê: “Ek kan vergewe maar ek sal nooit vergeet nie”? En wat van iemand wat, al word hy nie kwaad nie, stug en nors word en weier om met diegene te praat wat hy meen hom seergemaak het?

Ons kan nie gevoelens van frustrasie of jaloesie wat in ons hart opkom, ignoreer of bloot as “normaal” afmaak nie. Hierdie gevoelens is ons ware “gees” of heersende persoonlikheid. Dit is hierdie innerlike emosies wat ons moet beheers as ons God wil behaag.

Om die skadelike gevolge van onbeheerste emosies toe te lig, het Jesus Christus gesê: “Uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.” Dan sê hy: “Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak” (Matt. 15:19, 20). Ja, om ons gees te beheers, beteken om ons “hart”, dit wil sê, ons gesindhede en beweegredes, te beheers.

Dit is dus nie voldoende om onsself net in te hou wanneer ons uitgelok word nie. Om God te behaag, moet ons waarlik ons gees beheers. Maar hoe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel