Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 12/1 bl. 3-5
  • Hoe ver sal jy gaan om die aansien te red?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe ver sal jy gaan om die aansien te red?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT MENSE TER WILLE VAN AANSIEN DOEN
  • ’N WÊRELDWYE NEIGING
  • Moet jy probeer om die aansien te red of nie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Weerstaan die druk van die openbare mening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Waarom dit erken wanneer jy verkeerd het?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Betaal dit om skuld te maak?
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 12/1 bl. 3-5

Hoe ver sal jy gaan om die aansien te red?

SIEN jy ’n ooreenkoms tussen ’n persoon wat hara-kiri pleeg en een wat nie by die bure wil agterbly nie? Of tussen ’n persoon wat hom diep in die skuld dompel om ’n oordadige godsdiensseremonie te reël en een wat weier om toe te gee dat hy verkeerd het? Die verband is dat al hierdie dinge waarskynlik gedoen word uit ’n begeerte om die aansien te red.

Wat beteken dit om die aansien te red? In Chinees bevat die woord “aansien” die gedagte van “eer”. Om die aansien te red. beteken dus om “’n mens se eer of selfrespek te red”, veral wanneer dit deur “skande” bedreig word. Is dit verkeerd? Wel, dit is nie noodwendig verkeerd om selfrespek te probeer behou nie. Toe Jesus ons beveel het om ‘ons naaste soos onsself lief te hê’, het hy te kenne gegee dat daar ’n mate van besorgdheid oor onsself sal bestaan (Matt. 22:39). Selfrespek help ons om onsself sindelik, betroubaar en eerlik te hou. Wie wil graag hê dat ander aan hom moet dink as ’n vuil, onbetroubare en oneerlike persoon?

Om die aansien te red, behels egter meer. Dit gee te kenne dat ons reputasie of eer die allerbelangrikste ding is. Volgens een waarnemer beklee “skande” byvoorbeeld in Japan “’n posisie van gesag . . . wat ’n ‘rein gewete’, ‘’n goeie naam by God’ en die vermyding van sonde in Westerse etiek beklee”. Om skande te vermy of die aansien te red, moet ’n persoon bereid wees om opofferings te maak, net soos ’n Christen opofferings sal maak om ’n rein gewete te behou. Op een stadium het party mense in Japan selfs hara-kiri, ’n baie onaangename vorm van selfmoord, gepleeg wanneer hulle deur skande bedreig is. Sal jy so ver gaan om die aansien te red?

WAT MENSE TER WILLE VAN AANSIEN DOEN

In die Ooste pleeg party mense steeds selfmoord wanneer hulle meen dat hulle aansien bedreig word, hoewel hulle dit gewoonlik nie meer deur middel van harakiri doen nie. Hulle maak ook ander opofferings. Op ’n Boeddhistiese feesdag is dit in party gebiede algemeen dat gesinne die bedrag vir die hele week se kos aan een seremoniële maaltyd bestee om nie in aansien by hulle bure te daal nie. In ander plekke sal ’n man ’n besoeker na die duurste restaurant in die dorp neem om hom te onthaal. Die man kan dit waarskynlik nie bekostig nie, en die besoeker sou moontlik liewer tuis eet. Maar die gasheer meen dat hy dit moet doen om die aansien te red.

In een land is dit die gebruik dat wanneer ’n man se dogter trou, hy vir die pasgetroudes ’n gemeubileerde huis gee. Die vader verkry aansien indien hy dit baie goed meubileer. Party indiwidue dompel hulle dus diep in die skuld om dit te doen. Die bruidegom sal gewoonlik ’n geskenk in ruil vir sy nuwe vrou gee. Om aansien te verkry, sal die jongman ook skuld maak om ’n groot geskenk te gee. Maar die bruid se vader, wat moontlik reeds in die skuld is nadat hy die gemeubileerde huis gegee het, sal waarskynlik die geskenk teruggee. Hy wil nie aansien verloor deur die geld te aanvaar nie.

Sal jy so ver gaan om die aansien te red? Baie sal. ’n Persoon kan ook op ander maniere beïnvloed word deur ’n begeerte om die aansien te red. Wanneer ’n persoon in een Oosterse land ’n Christen wil word, word hy dikwels daarvan beskuldig dat hy sy familie se aansien laat daal deur “by ’n Westerse geloof aan te sluit”. Die Christelike godsdiens is natuurlik nie ’n “Westerse geloof’ nie, maar dit is hoe die mense aldaar die saak beskou. Hoewel ons nie onnodig aanstoot wil gee nie, is dit klaarblyklik onverstandig om nie iets te doen wat ons weet reg is nie net om die aansien te bewaar.

’N WÊRELDWYE NEIGING

Die neiging om die aansien te wil red word nie net in die Ooste waargeneem nie; dit kom wêreldwyd voor. Beskou byvoorbeeld die begeerte om nie by die bure agter te bly nie. ’n Man besit moontlik ’n motor wat volmaak in sy behoeftes voorsien. Eendag koop sy buurman ’n nuwe, duur model. Die man, wat tevore heeltemal tevrede was met sy motor, raak nou ontevrede. Waarom? Hy is skaam daaroor. Sy buurman se nuwe laat sy motor oud lyk. Hy koop dus ’n nuwe motor wat hy nòg nodig het nòg kan bekostig. Sy beweegrede—skaamte voor sy bure—kom taamlik ooreen met die wat sekere Oosterlinge hara-kiri laat pleeg het.

En het jy al ooit kwaad geword wanneer iemand vir jou raad gegee het of jou tereggewys het? Het jy gedink: “Dis onbillik! Wie is hy nou eintlik om my te kritiseer? Hy is self glad nie so wonderlik nie!” Jy het jouself geregverdig. Waarom? Omdat jou trots of eer gekrenk was.

’n Persoon maak soms ’n groot opoffering om die aansien te red. Hy pleeg dalk ’n ernstige sonde. Hy kan net nie so ver kom om dit aan ander te beken en die saak te laat regstel nie. Wanneer die oortreding nietemin aan die lig kom en ryp Christene dit met hom bespreek, ontken hy alles. Weens skaamte of hardnekkigheid is hy selfs bereid om hom van die Christengemeente af te skei en aldus sy verhouding met sy Skepper en sy hoop op ewige lewe in gevaar te stel. Sal jy so ver gaan om die aansien te red?

Maar gestel nou iemand oortree teen jou? Is dit vir jou maklik om hom te vergewe? Of dring jy aan op “geregtigheid”? ’n Christen sondig soms teen ’n ander. Die persoon wat te na gekom is, neem die saak na die gemeentelike ouere manne, wat die sondaar teregwys en herstel. Maar die een teenoor wie daar gesondig is, kan die saak nie vergeet nie. Hy dink dat die ouere manne te toegeeflik was en meen dat sy persoonlike leed nie ernstig genoeg beskou is nie. Waarom redeneer hy so? Is dit dalk omdat sy sin van gekrenkte waardigheid vir hom belangriker is as die herstelling van ’n broer wat gesondig het? Met ander woorde, vereis sy aansien of eer dat die sondaar moet ly?

Baie ander voorbeelde kan gemeld word. Het jy al iemand teëgekom wat geweier het om toe te gee dat hy verkeerd het, selfs wanneer die feite vir al die ander glashelder is? Of ken jy ’n persoon wat nie daarvan hou om wenke te aanvaar nie, wat optree asof hy te na gekom is wanneer hy ’n voorstel maak wat deur ander verwerp word, of wat hardnekkig en onversetlik by sy opinies hou? Ken jy iemand wat buitengewoon trots is op sy vername pos of sy hoë geleerdheid, of, omgekeerd, wat skaam is omdat hy nie so ’n geleerdheid het nie? Al hierdie karaktertrekke kan blyke van besorgdheid oor aansien of persoonlike eer wees.

’n Christen kan homself dus gerus afvra: “Wat is ek bereid om te doen om die aansien te red? Trouens, hoe beskou ek aansien en pogings om dit te red?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel