Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 10/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Daar wag ’n wereld sonder pyn
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Wie het werklik ’n hemelse roeping?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Glorieryke vryheid vir die kinders van God is op hande
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 10/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy onlangse nommers van Die Wagtoring met aandag gelees met die doel om die informasie te onthou? Dan sal jy ongetwyfeld die volgende gedagtes onthou:

• Word dit aan die indiwidu oorgelaat om te kies of hy ’n hemelse of ’n aardse hoop wil koester?

Nee. Voordat ’n persoon enige Skriftuurlike hoop kan koester, moet hy hom onvoorwaardelik aan Jehovah God toewy en gedoop word en aldus instem om voortaan God se wil te doen. Jehovah laat sy wil geskied deur die werking van sy heilige gees, en by toekomstige lede van die “klein kuddetjie” het daardie gees die hemelse hoop gewek. Die “groot menigte” wat nou ingesamel word, met die vooruitsig om vir ewig op aarde te lewe, ontvang egter ook God se gees (Luk. 12:32; Rom. 8:14-17).—1/3 bl. 6.

• Hoe moet ons reageer indien iemand verkeerde beweegredes aan ons toeskryf?

Dit is goed om nie aanstoot te neem nie (Pred. 7:9). As Christene moet dit ons begeerte wees om God na te volg, en hy lê selfbeheersing aan die dag wanneer hy beskuldig word. Hy sal ons vertroos, en ons sal vreugde smaak indien ons steeds ‘op Jehovah vertrou en doen wat goed is’ (Ps. 37:3). Indien God ons wil regverdig, sal hy dit op die gepaste tyd doen.—15/6 bl. 14.

• Wat is die ‘pyn wat nie meer’ onder aardse onderdane van die Koninkryksbewind sal wees nie?

Die profetiese belofte dat daar geen pyn meer sal wees nie, beteken nie dat die Koninkryksonderdane op aarde hoegenaamd geen pyn sal waarneem nie (Openb. 21:4, NAB). Die vermoë om pyn waar te neem, kan voordelig wees. Maar verstandelike, emosionele en intense fisiese pyn as gevolg van sonde en onvolmaaktheid sal ‘nie meer wees nie’ in die sin dat die oorsake daarvan uitgewis sal word.—1/7 bl. 5.

• Wat is ’n vername manier waarop Christene liefde vir God en naaste betoon?

Die verkondiging van die “goeie nuus” is ’n vername manier waarop ons toon dat ons God met ons hele hart, siel, krag en verstand liefhet (Luk. 10:27). En wanneer ons die “goeie nuus” aan ons medemens leer, is dit een van die grootste blyke van liefde vir hulle, want dit help hulle om ’n goeie naam by Jehovah te kry.—1/7 bl. 30.

• Hoe is dit vir ’n persoon wins as hy ’n toegewyde, gedoopte dissipel van Jesus Christus is?

So ’n persoon het die tevredenheid wat verskaf word deur die wete dat sy dade Jehovah God en Jesus Christus se goedkeuring wegdra. As ’n Christen verkry hy ook broers, susters, moeders en kinders in ’n geestelike sin.—15/7 bl. 15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel