Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 54 bl. 242-245
  • Moed in donker tye

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moed in donker tye
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • ‘Daar is niemand groter nie’
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Leer uit die laaste woorde van getroue mans
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Besluite wat wys dat ons op Jehovah vertrou
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • ’n Wonderdadige voorsiening van brood
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 54 bl. 242-245

54 APOSTEL JOHANNES

Moed in donker tye

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

“DIT is die laaste uur”, het die apostel Johannes geskryf. Op sy oudag het hy geweet dat die einde van die era van die apostels naby was. Jare vroeër het Jesus en die apostel Paulus gewaarsku dat afvalligheid sou floreer. Die apostels het afvalligheid teruggehou, maar ná hulle dood, sou valse onderrigters die gemeente mislei (Matt. 7:15; Hand. 20:​29, 30; 2 Tess. 2:​6, 7). Dit lyk asof Johannes die laaste een was wat afvalligheid teruggehou het. Dink net hoe hy moes gevoel het gedurende daardie donker tye terwyl afvalligheid een gemeente ná die ander besmet het. Maar Johannes het nie hoop verloor nie en hy het moedig gebly.

Hoe kon die bejaarde apostel Johannes vervolging, gevangenskap en afvalligheid verduur?

Toe hy moontlik in sy 90’s was, was Johannes nog steeds besig om oor “God [te] praat en van Jesus [te] getuig”. Daarom was hy as ’n gevangene na Patmos gestuur, ’n droë, rotsagtige eiland in die Egeïese See. Waar het Johannes die moed gekry om positief te bly? Hierdie belofte van Jesus was seker nog helder in sy verstand: “Wees verseker: Ek is met julle al die dae tot aan die einde van die wêreldstelsel.” – Matt. 28:20.

Nou meer as 60 jaar nadat Jesus daardie belofte gemaak het, was Johannes sekerlik opgewonde om Jesus op ’n buitengewone manier weer te sien en te hoor. Hy het Johannes ’n ongelooflike openbaring van Jehovah God gegee. Dit het op “die dag van die Here” gefokus, wanneer die Christengemeente herstel en verenig sou wees. Christus sou dan sy volgelinge help om groot uitdagings te hanteer.

Die visioen was “in tekens”, of simbole oorgedra. ’n Groot deel van wat Johannes gesien het, was sekerlik meer as wat hy kon verstaan. Maar ten minste was die volgende duidelik: Jehovah en Jesus was glad nie oorwin deur die afvalligheid wat besig was om in die gemeentes te versprei nie. Gedurende die Here se dag sou God se mense floreer en wonderlike seëninge geniet. Satan sou in ’n hemelse oorlog oorwin word en af na die aarde toe gegooi word. En uiteindelik sou hy later vir ewig vernietig word. Daardie visioen moes Johannes se moed sekerlik versterk het, en hy het “alles wat hy gesien het”, getrou neergeskryf.

Die apostel Johannes skryf die openbaring neer wat hy van Jesus kry. In ’n visioen sien hy hoe die verheerlikte Jesus die groot vuurkleurige draak en die demone af aarde toe gooi.

Om ’n gevangene op Patmos te wees, het Johannes nie doodgemaak of sy gees gebreek nie. Ná die dood van die Romeinse keiser Domitianus, ’n groot vyand van die Christelike godsdiens, was Johannes vrygelaat. Later was Johannes terug op die vasteland, moontlik in Efese. Toe hy omtrent 100 jaar oud was, het hy ’n moeilike nuwe toewysing gekry.

Johannes was geïnspireer om die vierde en laaste Evangelieverslag te skryf. Hy het moontlik geweet dat hierdie dokument vinnig van een gemeente na die volgende sou versprei en die geloof en moed van baie sou versterk. Vyande van die ware Christelike godsdiens sou hom net meer daarvoor haat. Maar dit het hom nie gekeer nie.

Omtrent sewentig jaar het verbygegaan ná die gebeure van Jesus se lewe, maar met die hulp van die heilige gees, het Johannes gesien dat sy geheue nog helder was. Hy het ’n hartlike, duidelike verslag van Jesus se lewe opgeteken, waarvan omtrent 90 persent nie in die ander drie Evangelieverslae is nie. Byvoorbeeld, Johannes het alleen die opstanding van Lasarus beskryf – sowel as die wrede plan van die godsdiensleiers om hom daarna te vermoor (Joh. 11:​1-46; 12:10). Johannes het ook in baie detail geskryf oor wat Jesus op die aand voor sy dood vir sy dissipels gesê het en oor die gebed wat hy namens hulle gedoen het. Wat ’n wonderlike geskenk om aan alle Christene te gee!

Omtrent daardie selfde tyd het Johannes ook drie geïnspireerde briewe aan sy mede-aanbidders geskryf. Hy het vreesloos die afvalligheid wat daardie dae plaasgevind het, uitgewys. Hy het die Christene gewaarsku om nie met die afvalliges te assosieer nie en hulle selfs nie eers te groet nie. Johannes se drie briewe was ook vol liefde en hoop. Johannes het geskryf dat “God . . . liefde” is, en sy liefdevolle raad en aanmoediging het God se liefde weerspieël. Hy het ook geskryf hoe bly hy was dat sy geestelike kinders aanhou “om die weg van die waarheid te volg”. Baie van hulle was sekerlik beweeg om aan te hou om dit te doen.

Christene vandag sal nooit deurmaak wat Johannes deurgemaak het nie. Alhoewel afvalligheid nog steeds ’n gevaar is, sal dit nooit weer die Christengemeente oorweldig soos dit in die eerste eeu ná Johannes se dood gedoen het nie (Jes. 54:17; Hand. 3:21). Maar soos Johannes sal ons wel moeilike tye, vervolging en selfs afsondering ervaar. Laat ons sy voorbeeld navolg. Laat ons vasbeslote wees, ongeag wat gebeur, om moedig te wees en God gelukkig te maak!

Lees die Bybelverslag:

  • Johannes 16:1–17:26

  • 1 Johannes 2:18; 4:8

  • 2 Johannes 9-11

  • 3 Johannes 4

  • Openbaring 1:​1, 2, 9-11; 12:9; 20:​1-6; 21:​1-5

Om te bespreek:

Hoe het Johannes gewys dat hy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Wat wys dat Johannes ’n sterk persoonlikheid gehad het? (bt 33, venster ¶3-4)

  2. 2. Hoekom was Johannes ’n “ongeleerde en gewone” mens genoem? (Hand. 4:13; w08 5/15 30 ¶6)

  3. 3. Op watter manier het Johannes gebly totdat Jesus gekom het? (w05 1/15 13 ¶14-15)

  4. 4. Hoe weet ons dat Johannes die Evangelieverslag geskryf het wat sy naam dra? (it “Johannes, die goeie nuus volgens” ¶2-8-wcgr) A

    Fondation Martin Bodmer, Cologny (Genève)

    Prent A: ’n Manuskrip uit omtrent 200 HJ met die titel “Goeie nuus volgens Johannes”

Dink aan die lesse

  • Johannes se geïnspireerde geskrifte verwys meer as 100 keer na Jesus se offerdood of die seëninge daarvan. Hoe kan ons soortgelyke waardering vir Jesus se offerande wys?

  • Johannes was moontlik diep in sy 90’s toe hy geïnspireer was om vyf Bybelboeke te skryf. Wat leer dit ons oor hoe Jehovah ouer persone beskou? B

    Collage: ’n Ouer suster is produktief in haar oudag. 1. Sy hou ’n Bybelstudie aanlyn. 2. Sy gee ’n klein geskenkpakkie vir ’n jong suster in haar gemeente, wat haar Pionierdiensskoolboek vashou.

    Prent B

  • Hoe kan jy Johannes se moed in jou lewe navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Hoekom is jy dankbaar dat Johannes gekies was om saam met Christus in die hemel te regeer?

Leer meer

Kan ouer broers en susters net so moedig soos Johannes wees?

Wees ’n moedige . . . Bejaarde (2:04)

Johannes het baie oor liefde geskryf. Kyk wat ons uit sy geïnspireerde geskrifte en sy voorbeeld kan leer.

“Lesse wat ons kan leer by ‘die dissipel vir wie Jesus lief was’” (w21.01 8-13)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel