53 PAULUS
“Ek spoor julle nou aan om nie moed te verloor nie”
JESUS het self vir Saulus van Tarsus gesê “wat hy [Saulus] alles . . . moet ly” as ’n prediker en onderrigter van die goeie nuus. Het Jesus se woorde waar geword? Saulus, wat later as die apostel Paulus bekend geword het, het sy tweede brief aan die Korintiërs omtrent 20 jaar later geskryf. Teen daardie tyd was hy alreeds baie “kere geslaan, en . . . was [hy] dikwels amper dood”. Hy het ook drie keer skipbreuk gely – en een keer was hy ’n nag en ’n dag in die oop see. Maar daar het nog ’n skipbreuk vir hom voorgelê.
Paulus was vir meer as twee jaar in ’n Romeinse tronk in Sesarea, terwyl ’n korrupte goewerneur verniet gewag het vir ’n omkoopgeskenk. Toe daardie goewerneur vervang was, het Paulus vir die nuwe goewerneur gevra dat die keiser sy saak moet verhoor. Uiteindelik was Paulus op ’n skip gesit. Toe het die uitputtende reis van meer as 3 000 kilometer na Rome begin. Saam met Paulus was Lukas, ’n “geliefde dokter” en mede-prediker en ook Aristargus, ’n mede-Christen. – Kol. 4:14.
By Mira in Klein-Asië, het Julius, die Romeinse offisier wat in beheer was, sy gevangenes op ’n Egiptiese graanskip gesit wat op pad na Italië was. Nadat die passasiers op die skip geklim het en dit begin wegseil het, het die winde so erg begin waai dat dit moeilik was om te reis. Twee keer het Lukas genoem dat die reis vir hulle baie moeilik was. Toe hulle skuiling by Mooi Hawens vind, kon Paulus sien dat hulle in groot gevaar sou wees as hulle nie die winter by die hawe oorbly nie.
Die apostel het moedig vir Julius gesê dat hulle by Mooi Hawens moes bly. Hy het hom gewaarsku dat hulle “skade en groot verlies” sou ly as hulle verder reis. Julius het na die raad van ander geluister en voortgegaan. Dit was ’n besluit waaroor hy sekerlik later spyt was. Lukas het gesê dat “’n stormwind [op hulle] losgebars” het en dat “die skip . . . rondgeruk” was. Die wind het toe vinnig in ’n groot storm verander. Uur ná uur, en toe dag ná dag, was hulle “geweldig deur die storm heen en weer geslinger”. Om die skip ligter te maak, het die seemanne swaar toue en ander gereedskap oorboord gegooi. Vir dae het niemand geëet nie. Toe omtrent twee weke verbygegaan het, het Lukas gesê dat hulle “uiteindelik alle hoop verloor [het] om gered te word”.
Toe Paulus ’n gevangene op ’n skip was, het hy almal saam met hom gehelp om ’n groot storm te oorleef
Hulle was nou in groot gevaar. Maar Paulus het vol vertrou vir almal op die skip gesê: “Ek spoor julle nou aan om nie moed te verloor nie.” Hy het voorspel: “Nie een van julle sal doodgaan nie. Net die skip sal vergaan.” Toe party van die seemanne op die reddingsbootjie wou ontsnap, het Paulus hulle gewaarsku dat hulle hulle lewens sou verloor as hulle nie op die skip bly nie. Die reddingsbootjie was toe losgesny en laat gaan.
Net voor dagbreek het Paulus vir hulle gesê dat hulle nou soveel kon eet as wat hulle wou. Hy het vir hulle gesê: “Nie ’n haar op enige van julle koppe sal verlore gaan nie.” Toe het hy Jehovah voor almal gedank. Hulle het brood geëet en toe die oorblywende graan oorboord gegooi. Paulus se moed het hulle geïnspireer. Lukas sê: “Hulle almal [het] weer moed” gekry. Toe dit dag word, het die skip ’n sandbank getref en die golwe het dit uitmekaar begin slaan. Maar Paulus se woorde het waar geword: “Almal [het] veilig by die land uitgekom.” Hulle was uiteindelik veilig!
Hulle was op die eiland Malta. Paulus en dié wat saam met hom was, het gou weer begin preek. God het selfs vir Paulus gebruik om daar wonderwerke te doen. Baie mense in Malta het goed gereageer.
Paulus het nooit opgehou om moed te wys nie. Toe hy uiteindelik die volgende lente in Rome aankom, was hy vir omtrent twee jaar in die tronk, onder bewaking. Maar hy het aangehou om te preek en om geïnspireerde briewe te skryf. Nadat hy vrygelaat was, het hy weer vryelik gepreek. Maar later was hy weer in die tronk in Rome – en nou vir die laaste keer. Dit lyk asof die Romeine uiteindelik daardie getroue en moedige man doodgemaak het. Maar Paulus was nie bang vir die dood nie. Hy het dit “die laaste vyand” genoem, en hy het geweet dat Jehovah God dit sou vernietig (1 Kor. 15:26). Op die regte tyd sou Jehovah Paulus beloon – hy sou vir ewig saam met Jesus Christus as koning en priester in die hemel regeer.
Lees die Bybelverslag:
Om te bespreek:
Hoe het Paulus gewys dat hy moedig is gedurende hierdie deel van sy lewe?
Soek dieper
1. Hoekom het Saulus dalk verkies om sy Romeinse naam, Paulus, te gebruik? (w08 3/1 12 ¶4-5)
2. Die nege jaar tussen Paulus se terugkeer na Tarsus en sy trek na Antiogië word sy “stil jare” genoem. Wat het dalk met Paulus gedurende daardie jare gebeur? (w00 7/15 26-27, venster ¶3-4)
3. Was dit wys van Paulus om voor te stel dat hulle reis na Italië uitgestel moet word? (Hand. 27:9, 10; wp17.5 9 ¶3-4) A
Prent A: ’n Eerste-eeuse handelskip, soortgelyk aan die een waarop Paulus in Mira geklim het
4. Hoekom het die mense van Malta gesê dat Paulus “’n moordenaar” is? (Hand. 28:4. w15 10/1 9 ¶5-6)
Dink aan die lesse
Paulus het vir die manne op die skip gesê dat God hulle sal beskerm en dat “nie ’n haar op enige van [hulle] koppe . . . verlore [sal] gaan nie” (Hand. 27:22, 34). Wat leer dit jou oor wat Jehovah die krag het om te doen, en hoe affekteer dit jou beskouing van die predikingswerk?
Nadat Paulus gebid het, het die manne op die skip “weer moed” gekry (Hand. 27:35, 36). In watter situasies kan ons gebede ander aanmoedig? B
Prent B
Hoe kan jy die moed navolg wat Paulus in hierdie verslag gewys het?
Dink na oor die groter prentjie
Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?
Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?
Wat het jy oor Paulus in hierdie verslag geleer wat jou bly maak dat hy gekies was om saam met Christus in die hemel te regeer?
Leer meer
Kyk hoe belangrik seereise in die eerste eeu was en hoe dit gebruik was om die Christelike godsdiens te versprei.
Hoe het getroue ouermanne Paulus se volharding en selfopofferende gees nagevolg?
Volg dié na wat deur geduld die beloftes sal ontvang – Paulus (3:22)