Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 46 bl. 208-211
  • “Ek het die Here gesien!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het die Here gesien!”
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • Wie was Maria Magdalena?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • “Ek het die Here gesien!”
    Volg hulle geloof na
  • Die moed om ja te sê
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • “Sy het gedoen wat sy kon”
    Wees moedig en maak God gelukkig
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 46 bl. 208-211

46 MARIA MAGDALENA

“Ek het die Here gesien!”

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

DIE storie van Maria Magdalena begin met ’n verandering van vrees na vreugde. Die Bybel sê dat “sewe demone” uit haar gekom het. Dit was sonder twyfel Jesus Christus wat haar van hierdie nagmerrie bevry het. Sy het toe besluit om haar vryheid te gebruik om Jesus moedig te volg en hom op enige manier wat sy kon, te ondersteun.

Sy het haar geliefde Here Rabboeni genoem, ’n term van diep respek wat “Leermeester” beteken. Hierdie man, saam met sy 12 apostels, het regdeur die land gereis om mense oor God se Koninkryk te leer. Maria het gesien dat hulle hulle sekulêre werk agtergelaat het om al hulle tyd en energie in hierdie belangrike werk te gebruik. Hoe kon sy help?

Sy kom uit ’n traumatiese agtergrond, maar sy was vasbeslote om haar lewe te gebruik om Jesus en sy volgelinge te help

Maria was een van baie vrouens “wat hulle besittings gebruik het om Jesus en sy apostels te bedien”. Hierdie vrouens het finansiële ondersteuning aan Jesus en sy apostels gegee. Daar was omtrent 20 dissipels, mans en vrouens, wat “van stad tot stad en van dorpie tot dorpie gereis” het. In daardie kultuur was dit seker ongewoon vir vrouens om saam met ’n godsdiensleier te wees, en hulle was seker gekritiseer omdat hulle anders was. Maar vir Maria en die ander vrouens, was die voorreg om Jesus en sy apostels te bedien enige opoffering werd. Hulle het die moed gehad om Jesus te ondersteun ten spyte van wat ander van hulle gedink het.

Maria se hart was sekerlik gebreek toe Jesus op die Pasganag in Jerusalem gearresteer, verkeerdelik van godslastering beskuldig was en tot die dood op ’n folterpaal veroordeel was. Maar sy het nooit haar moed verloor nie. Sy het saam met ander getroue vrouens, insluitende Jesus se eie ma, na die plek gegaan waar Jesus doodgemaak sou word. Hulle het gewys dat hulle Jesus liefhet, hom ondersteun en lojaal aan hom is. Selfs in sy donkerste uur het hy gesien dat hierdie getroue vrouens nog steeds by hom was. Hulle het gesien dat Jesus tot sy dood toe getrou was en dat hy alles gedoen het wat sy Vader hom gestuur het om te doen. Maria was daar toe hy sy laaste asem uitblaas.

Maria Magdalena ondersteun Jesus se ma terwyl hulle kyk hoe Jesus aan ’n folterpaal hang. Joodse godsdiensleiers kyk hulle vuil aan, Romeinse soldate staan daar naby en ander kyk hartseer van ’n afstand af.

Daardie moedige vrouens het openlik oor Jesus getreur sonder om bekommerd te wees oor wat die Romeinse soldate en Joodse leiers sou dink. En Maria Magdalena was vasbeslote om nog een ding vir haar geliefde Here te doen – om sy dooie liggaam te versorg. In die warm klimaat van Judea sou die liggaam vinnig ontbind. Dit was hulle gewoonte om olies en speserye aan die liggaam te smeer voordat die persoon begrawe was om te keer dat die reuk nie dié pla wat daar kom treur nie. Maria het nog ’n stappie verder gegaan, sy het dit gedoen nadat Jesus begrawe was. Die oomblik toe die Sabbat verby was, het sy en ’n paar ander vrouens die nodige bestanddele gekoop en vroeg in die oggend na Jesus se graf gegaan om dit aan sy liggaam te smeer.

Maria het moontlik eerste by die graf aangekom, en sy was geskok om te sien dat dit oop en leeg was! Sy het gehardloop om Petrus en Johannes te vertel. Teen die tyd toe sy terugkom, was die ander vrouens weg. Maria het vooroor gebuk om in die graf te kyk en “sy het twee engele in wit sien sit waar Jesus se liggaam gelê het”. Nadat sy ’n bietjie met hulle gepraat het, het sy omgedraai en ’n man gesien wat sy gedink het ’n tuinier is. Hy het gevra: “Vrou, hoekom huil jy?” Sy het vir hom oor Jesus se liggaam gevra en bygevoeg: “Meneer, as u hom weggedra het, sê vir my waar u hom neergelê het, en ek sal hom wegneem.” Maria het nie eers daaraan gedink of sy die gewig van ’n volwasse man sou kon optel en dra nie. Sy het net geweet dat sy moes doen wat sy kon.

Soos sy hartseer weggedraai het, het die man een woord gesê: “Maria!” Sy het daardie stem geken. “Rabboeni!” het sy uitgeroep en hom omhels. Jesus het nie toegelaat dat sy aan hom vasklou nie. Hy het vir haar ’n belangrike toewysing gegee: “Gaan na my broers toe.” Jesus het haar vertrou om die belangrikste nuus vir sy apostels oor te dra – hulle Here was opgewek! Sy het dit onmiddellik gedoen. Die manne het haar eers nie geglo nie. Ons lees: “Hulle het gedink dat die vrouens hierdie dinge opmaak.” Maar dit het nie Maria Magdalena gekeer nie. En niks anders het nie. Sy het sekerlik aangehou om daardie goeie nuus met ander te deel. Dit moes baie moed gevat het.

Lees die Bybelverslag:

  • Matteus 27:​55, 56

  • Markus 16:​1, 2

  • Lukas 8:​1-3; 24:​1-11

  • Johannes 19:25; 20:​1, 2, 11-18

Om te bespreek:

Hoe het Maria Magdalena gewys dat sy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Op watter maniere het Maria Magdalena en ander vrouens Jesus en sy apostels dalk ondersteun? (ijwia artikel 6 ¶5-6) A

    Maria Magdalena groet Jesus en twee van sy apostels terwyl hulle by haar huis instap. Ander vrouens is gelukkig terwyl hulle brood bak en naaldwerk doen.

    Prent A

  2. 2. Hoekom het Maria nie vir Jesus herken nadat hy opgewek was nie? (ijwia artikel 6 ¶16)

  3. 3. Hoekom het Jesus vir Maria Magdalena gesê om op te hou om aan hom vas te klou? (w08 4/15 32 ¶6)

  4. 4. Die apostels het gedink dat Maria Magdalena die verslag van Jesus se opstanding “opmaak”. Watter beskouing van vrouens het hulle dalk so laat reageer? (Luk. 24:11; w12 9/1 10 ¶4-5)

Dink aan die lesse

  • Maria Magdalena het nederige werk vir ander gedoen. Hoe kan ons haar navolg? B

    Drie susters is gelukkig terwyl hulle kos aan broers bedien by ’n teokratiese bouprojek.

    Prent B

  • Hoe kan ons Maria Magdalena navolg wanneer ander nie die Bybelse boodskap glo of waardeer wat ons aan hulle verkondig nie? (Luk. 24:​10, 11)

  • Hoe kan jy Maria Magdalena se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Hoekom is jy dankbaar dat Maria Magdalena moontlik gekies was om saam met Christus in die hemel te regeer?

Leer meer

Vergelyk party van die mites oor Maria Magdalena met die feite in die Bybel.

“Wie was Maria Magdalena?” (ijwbq artikel 172)

Hoe het die manier waarop Jesus Maria Magdalena en ander behandel het ’n voorbeeld gestel van hoe vrouens behandel moet word?

“Christenvroue verdien eer en respek” (w95 7/15 15-18 ¶3-8)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel