Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • od hfst. 15 bl. 159-163
  • Hoe teokratiese onderdanigheid ons help

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe teokratiese onderdanigheid ons help
  • Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GEBIEDE VAN TEOKRATIESE ONDERDANIGHEID
  • Waarom “onderdanig wees”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Wat godvrugtige onderworpenheid van ons vereis
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Godvrugtige onderworpenheid—Waarom en deur wie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Wat beteken dit om die hoof van die huis te wees?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Georganiseer om Jehovah se wil te doen
od hfst. 15 bl. 159-163

HOOFSTUK 15

Hoe teokratiese onderdanigheid ons help

OM ONDERDANIG te wees aan God, die Universele Soewerein, is noodsaaklik as ons georganiseer wil wees om Jehovah se wil te doen. Ons erken sy Seun se hoofskap oor die Christengemeente en ons is gehoorsaam aan die beginsel van hoofskap in ander gebiede van die lewe. Sulke teokratiese onderdanigheid is tot die voordeel van almal wat daardeur geraak word.

2 Die mens is in die tuin van Eden vir die eerste keer blootgestel aan die idee van onderdanigheid aan gesag. Dit kan gesien word in God se bevele in Genesis 1:28 en 2:16, 17. Diere moes aan die mens onderworpe wees, en Adam en Eva moes hulle aan God se wil en gesag onderwerp. Gehoorsaamheid aan hierdie goddelike gesag sou vrede en goeie orde tot gevolg hê. Die beginsel van hoofskap is later in 1 Korintiërs 11:3 beklemtoon. Die apostel Paulus het geskryf: “Ek wil hê dat julle moet weet dat die Christus die hoof van elke man is, die man die hoof van die vrou is en God die hoof van die Christus is.” Dit wys dat almal in hierdie reëling behalwe Jehovah aan hoofskap onderdanig is.

3 Vandag erken die meeste mense nie die beginsel van hoofskap nie en hulle steur hulle ook nie daaraan nie. Hoekom nie? Die moeilikheid het in Eden begin toe die mensdom se ouers opsetlik gekies het om nie meer aan God se soewereine hoofskap gehoorsaam te wees nie (Gen. 3:4, 5). Maar dit het hulle nie groter vryheid gegee nie. Dit het hulle eerder onderworpe gemaak aan ’n bose geesskepsel, Satan die Duiwel. Die eerste opstand het die mensdom van God vervreem (Kol. 1:21). Gevolglik is die meeste mense vandag nog in die mag van die Duiwel. – 1 Joh. 5:19.

4 Ons is van Satan se invloed bevry toe ons die waarheid van God se Woord geleer het en daarvolgens begin lewe het. As toegewyde, gedoopte Getuies aanvaar ons Jehovah as die Soewerein van ons lewe. Ons stem saam met koning Dawid, wat Jehovah as “hoof oor alles” erken het (1 Kron. 29:11). Ja, ons besef nederig: “Erken dat Jehovah God is. Hy is die Een wat ons gemaak het, en ons behoort aan hom. Ons is sy volk en die skape van sy weiveld” (Ps. 100:3). Jehovah is beslis groot en verdien dat ons heeltemal onderdanig aan hom moet wees omdat hy alles geskep het (Op. 4:11). Jesus Christus was die volmaakte voorbeeld van iemand wat onderdanig aan God is. As bedienaars van die ware God moet ons hom navolg.

5 Wat het Jesus geleer uit die dinge wat hy deurgegaan het terwyl hy op die aarde was? Hebreërs 5:8 antwoord: “Al was hy ’n seun, het hy gehoorsaamheid geleer uit die dinge wat hy gely het.” Ja, Jesus het homself lojaal onderwerp aan sy hemelse Vader, selfs toe hy moeilike tye deurgemaak het. Jesus het ook niks uit sy eie gedoen nie. Hy het nie uit sy eie gepraat of sy eie eer gesoek nie (Joh. 5:19, 30; 6:38; 7:16-18). Gedurende sy bediening het dit hom gelukkig gemaak om sy Vader se wil te doen, al het dit veroorsaak dat hy teëgestaan en vervolg is (Joh. 15:20). Tog het Jesus hom aan God onderwerp. Jesus het “homself verneder” selfs tot in “die dood aan ’n folterpaal”. Omdat hy heeltemal onderdanig aan Jehovah was, het dit baie positiewe resultate gehad – ewige redding vir die mensdom is moontlik gemaak, hy is verhef en sy Vader is verheerlik. – Fil. 2:5-11; Heb. 5:9.

GEBIEDE VAN TEOKRATIESE ONDERDANIGHEID

6 Wanneer mense weier om onderdanig aan Jehovah se soewereiniteit te wees, veroorsaak dit baie probleme en frustrasies vir hulle. Maar wanneer ons onderdanig is aan God deur sy wil te doen, spring ons baie van hierdie dinge vry. Ons teenstander, die Duiwel, probeer die hele tyd om ons te verslind. Ons sal van hierdie bose vyand verlos word as ons hom weerstaan en ons gewillig aan Jehovah onderwerp. – Matt. 6:10, 13; 1 Pet. 5:6-9.

7 In die Christengemeente erken ons Christus se hoofskap en die gesag wat hy aan “die getroue en verstandige slaaf” gegee het. Dit beïnvloed ons gesindheid en gedrag teenoor mekaar. In die gemeente sal ons onderdanigheid aan God ons beweeg om in alle aspekte van ons aanbidding aan God se Woord gehoorsaam te wees. Dit raak ons bediening, ons bywoning van en deelname aan vergaderinge, ons verhouding met die ouermanne en ons ondersteuning van die organisasie se reëlings. – Matt. 24:45-47; 28:19, 20; Heb. 10:24, 25; 13:7, 17.

8 Ons onderdanigheid aan God dra by tot die vrede, veiligheid en goeie orde van die Christengemeente. Jehovah se eienskappe word deur sy godvresende knegte weerspieël (1 Kor. 14:33, 40). Ons eie ondervindinge met Jehovah se organisasie laat ons soos koning Dawid voel. Nadat hy gepraat het van die verskil tussen Jehovah se knegte en die goddeloses, het Dawid vreugdevol uitgeroep: “Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!” – Ps. 144:15.

9 In die gesinsreëling is “die man die hoof van die vrou”. Terselfdertyd moet mans aan Christus onderdanig wees, terwyl God die hoof van Christus is (1 Kor. 11:3). Vrouens moet onderdanig wees aan hulle mans, en kinders aan hulle ouers (Ef. 5:22-24; 6:1). Daar is vrede wanneer elke gesinslid die beginsel van hoofskap volg.

10 ’n Man moet sy hoofskap liefdevol uitoefen, in navolging van Christus (Ef. 5:25-29). As hy nie sy hoofskap misbruik of sy pligte as hoof verwaarloos nie, is dit vir sy vrou en kinders ’n plesier om aan hom onderdanig te wees. Die vrou se rol is dié van ’n helper (Gen. 2:18). Deur hom geduldig te ondersteun en te respekteer, wen sy haar man se guns en bring sy lof aan God (1 Pet. 3:1-4). Wanneer mans en vrouens die Bybel se raad oor hoofskap volg, sal hulle kinders kan sien wat dit beteken om jou aan God te onderwerp.

Teokratiese onderdanigheid raak alle aspekte van die lewe

11 Ons onderdanigheid aan God beïnvloed ook ons beskouing van “die hoër owerhede”, wat “deur God in hulle relatiewe posisies geplaas” is (Rom. 13:1-7). As wetsgehoorsame burgers betaal Christene belasting. Hulle “betaal . . . aan die keiser terug wat aan die keiser behoort, maar aan God wat aan God behoort” (Matt. 22:21). Reëlings wat gemaak word om die gebied te dek, moet ook ooreenstem met wette wat mense se inligting beskerm. Omdat ons aan die regmatige owerhede gehoorsaam is in alles wat nie met Jehovah se regverdige wet bots nie, kan ons daarop fokus om die predikingswerk uit te voer. – Mark. 13:10; Hand. 5:29.

12 Teokratiese onderdanigheid raak alle aspekte van die lewe. Met ons oë van geloof sien ons die dag wanneer die hele mensdom hulle aan Jehovah God sal onderwerp (1 Kor. 15:27, 28). Hoe geseënd sal mense tog wees wat Jehovah se soewereiniteit vreugdevol erken en hulle vir ewig aan hom onderwerp!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel