Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/08 bl. 26-28
  • Hoe kan ek versoeking weerstaan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek versoeking weerstaan?
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ek versoeking weerstaan?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Hoe om versoeking te weerstaan
    Ontwaak!—2014
  • Hoe kan ek versoeking weerstaan?
    Jongmense vra
  • Hoe om menslike swakheid te oorwin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 8/08 bl. 26-28

Jongmense vra

Hoe kan ek versoeking weerstaan?

◼ Karen is skaars tien minute by die partytjie toe sy twee seuns sien instap met ’n hele klomp inkopiesakke. Die inhoud van daardie sakke is geen geheim nie. Vroeër het sy gehoor hoe dieselfde seuns sê dat daar “oorgenoeg dop” by hierdie partytjie gaan wees. Karen het natuurlik nie haar ouers daarvan vertel nie. Sy het vir haarself gesê dat die seuns seker nie ernstig is nie. Daar was mos veronderstel om êrens in die huis ’n paar grootmense te wees.

Karen hoor skielik ’n bekende stem agter haar. “Vir wat staan jy net daar, jou nat vadoek?” Toe Karen omdraai, sien sy haar vriendin Jessica met twee oop bottels bier in die hand. Jessica druk een onder Karen se neus en sê: “Komaan, moenie vir my sê jy’s te jonk om ’n bietjie pret te hê nie!”

Karen wil nee sê. Maar die druk om dit te aan- vaar, is groter as wat sy verwag het. Dit gaan nie oor die alkohol nie. Dis net dat Jessica haar vriendin is, en Karen wil nie lyk soos ’n “nat vadoek”, soos Jessica haar genoem het nie. Jessica is boonop een van die goeie meisies. En as sy drink, wat is dan so erg daaromtrent? ‘Dis net ’n bier’, sê Karen vir haarself. ‘Dis nie soos om dwelms te gebruik of seks te hê nie.’

WANNEER jy jonk is, kom jy voor baie verskillende versoekings te staan. Dikwels behels dit die teenoorgestelde geslag. “Die meisies by die skool is baie opdringerig”, sê 17-jarige Ramon.a “Hulle hou daarvan om aan jou te vat en te sien hoe ver hulle kan gaan. Hulle aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie!” Deanna, ook 17, het al ’n soortgelyke ondervinding gehad. “Een seun het na my toe gekom en sy arm om my gesit”, sê sy. “Ek het hom op sy arm geslaan en gesê: ‘Wat maak jy? Ek ken jou nie eers nie!’”

Dalk het jy ook al voor ’n versoeking te staan gekom en voel dit vir jou asof die druk net nie wil ophou nie. Soos een Christen gesê het: “Versoeking is soos iemand wat aanhoudend aan jou deur klop en die ‘Moenie steur nie’-teken ignoreer.” Hoor jy daardie geklop meer dikwels as wat jy graag sou wou? Is enige van die volgende byvoorbeeld vir jou ’n versoeking?

□ Rook

□ Drank

□ Dwelms

□ Pornografie

□ Geslagsonsedelikheid

□ Ander ․․․․․

As jy enige van die bogenoemde gemerk het, moet jy nie dink dat jy eenvoudig nie uitgeknip is om ’n Christen te wees nie. Jy kan leer om verkeerde begeertes te bedwing en om versoeking te weerstaan. Hoe? Dit help om te weet wat agter versoekings skuil. Kyk na drie faktore.

1. Onvolmaaktheid. Alle onvolmaakte mense het die neiging om verkeerde dinge te doen. Selfs die apostel Paulus—’n ryp Christen—het eerlik erken: “Wanneer ek wil doen wat reg is, is die slegte by my aanwesig” (Romeine 7:21). Dit is duidelik dat selfs die onberispelikste persoon nou en dan bewus sal word van “die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë” (1 Johannes 2:16). Maar om aanhoudend aan verkeerde dinge te dink, sal dinge net vererger, want die Bybel sê: “Wanneer die begeerte vrugbaar geword het, baar dit sonde.”—Jakobus 1:15.

2. Eksterne invloede. Versoeking is oral waar jy kyk. “By die skool en by die werk praat mense die hele tyd oor seks”, sê Trudy. “Op TV en in flieks laat hulle dit altyd so romanties en opwindend lyk. Dis maar bitter selde dat jy die negatiewe gevolge sien!” Trudy weet uit ondervinding hoe kragtig sulke invloede kan wees. “Op 16 het ek gedink dat ek verlief is”, sê sy. “My ma het ernstig met my gepraat en vir my gesê dat ek binnekort swanger sou wees as dinge so aangaan. Ek was geskok dat my ma so iets sou dink! Toe, twee maande later, was ek wel swanger.”

3. “Die begeertes wat eie is aan die jeug” (2 Timoteus 2:22). Hierdie frase kan enige begeerte insluit wat kenmerkend is van jongmense, soos die begeerte om aanvaar te word of jou eie identiteit te smee. Hierdie begeertes is nie op sigself verkeerd nie, maar as ’n mens vrye teuels daaraan gee, kan dit versoeking moeiliker maak om te weerstaan. As jy daarna smag om jou eie identiteit te hê, kan dit jou byvoorbeeld beweeg om jou rug te keer op die goeie waardes wat jy by die huis geleer is. Dit is wat op 17-jarige ouderdom met Steve gebeur het. Hy sê: “Ek het teen my ouers gerebelleer en het enigiets en alles gedoen wat hulle my geleer het om nie te doen nie—en dit kort nadat ek gedoop is.”

Ja, die invloede wat hierbo beskryf word, is kragtig. Jy kan versoeking nietemin weerstaan. Hoe?

◼ Identifiseer eerstens die versoeking wat vir jou die moeilikste is om te weerstaan. (Jy het dit dalk reeds hierbo gedoen.)

◼ Vra jou dan af: ‘Wanneer bestaan die grootste moontlikheid dat ek voor hierdie versoeking te staan sal kom?’ Merk een van die volgende:

□ By die skool

□ By die werk

□ Wanneer ek alleen is

□ Ander ․․․․․

As jy weet wanneer jy waarskynlik voor ’n versoeking te staan sal kom, kan dit jou help om dit heeltemal te vermy. Dink byvoorbeeld aan die denkbeeldige scenario aan die begin van hierdie artikel. Watter waarskuwing het Karen gehad dat daar moeilikheid sou wees by die partytjie wat sy bygewoon het? Hoe kon sy die versoeking in die eerste plek vermy het?

◼ Noudat jy (1) die versoeking geïdentifiseer het en (2) vasgestel het wanneer jy waarskynlik daarvoor te staan sal kom, is jy gereed om iets daaromtrent te doen. Jou eerste prioriteit is om uit te vind hoe jy blootstelling aan die versoeking tot ’n minimum kan beperk of dit heeltemal kan vermy. Skryf hieronder neer wat jy kan doen.

․․․․․

․․․․․

(Voorbeelde: As jy ná skool gereeld skoolmaats teëkom wat wil hê dat jy saam met hulle moet rook, kan jy dalk ’n ander pad huis toe neem sodat jy hulle nie raakloop nie. As jy dikwels ongevraagde Internetpornografie kry, kan jy dit oorweeg om programme te installeer wat die bron daarvan en alle soortgelyke webwerwe blokkeer. Jy kan ook meer spesifiek wees wanneer jy sleutelwoorde in ’n soekenjin intik.)

Jy kan natuurlik nie alle versoekings vermy nie. Jy sal vroeër of later heel moontlik voor ’n baie groot verlokking te staan kom—dalk wanneer jy dit die minste verwag. Wat kan jy daaromtrent doen?

Wees voorbereid. Toe Jesus “deur Satan versoek is”, het hy die versoekings onmiddellik verwerp (Markus 1:13). Waarom? Omdat hy reeds geweet het wat sy standpunt was in verband met die geskille wat opgeduik het. Dink hieraan. Jesus was nie ’n robot nie. Hy kon voor die versoeking geswig het. Maar hy het hom reeds vas voorgeneem om sy Vader te alle tye te gehoorsaam (Johannes 8:28, 29). Jesus het dit werklik bedoel toe hy gesê het: “Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van hom wat my gestuur het.”—Johannes 6:38.

Skryf in die spasies hieronder twee redes neer waarom jy die versoeking waarvoor jy die meeste te staan kom, moet weerstaan en twee maniere waarop jy dit kan doen.

1. ․․․․․

2. ․․․․․

Onthou, wanneer jy voor versoeking swig, word jy ’n slaaf van jou begeertes (Titus 3:3). Waarom sou jy toelaat dat jou begeertes jou beheer? Wees eerder volwasse genoeg om jou drange te beheers en nie toe te laat dat jou drange jou beheers nie.—Kolossense 3:5.

Nog artikels uit die reeks “Jongmense vra” kan gevind word op die webwerf www.watchtower.org/ype

[Voetnoot]

a Name in hierdie artikel is verander.

IETS OM OOR TE DINK

◼ Kan volmaakte skepsele versoek word?—Genesis 6:1-3; Johannes 8:44.

◼ Watter uitwerking het jou getrouheid op ander wanneer jy versoeking weerstaan?—Spreuke 27:11; 1 Timoteus 4:12.

PROBEER HIERDIE EKSPERIMENT

[Venster op bladsy 27]

Neem ’n kompas en hou dit sodat die naald noord wys. Plaas nou ’n magneet langs die kompas. Wat gebeur? Die naald gee nie meer ’n akkurate lesing nie. Dit draai eerder na die magneet toe.

Jou gewete is soos daardie kompas. As dit goed opgelei is, sal dit “noord” wys en jou help om wyse besluite te neem. Maar skadelike assosiasie is soos ’n magneet; dit kan ’n invloed op jou hê wat jou sedelike oordeel kan belemmer. Die les? Probeer om mense en situasies te vermy wat ’n negatiewe invloed op jou sedelikheidsgevoel kan hê!—Spreuke 13:20.

[Venster op bladsy 27]

WENK

Dink vooraf aan hoe jy kan reageer wanneer iemand jou in die versoeking wil bring om iets verkeerds te doen. Moenie bekommerd wees nie. Jy hoef nie eiegeregtig te klink nie. Dikwels hoef jy net ferm nee te sê. As ’n skoolmaat byvoorbeeld vir jou ’n sigaret aanbied, kan jy sê: “Moet dit nie op my mors nie. Ek rook nie!”

[Prent op bladsy 28]

Wanneer jy voor versoeking swig, word jy ’n slaaf van jou eie begeertes

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel