Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/08 bl. 29
  • “Dankie vir julle groot liefde vir mense”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dankie vir julle groot liefde vir mense”
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vreedsame groep verdedig hulle goeie naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Jehovah se Getuies in Rusland
    Ontwaak!—1997
  • Die eerste takkantoor honderd jaar gelede
    Ontwaak!—2000
  • Deel 5—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 8/08 bl. 29

“Dankie vir julle groot liefde vir mense”

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN RUSLAND

◼ In die stad Tsjita, in Oos-Siberië, het ’n gemeente van Jehovah se Getuies hulle Christelike vergaderinge in ’n klaskamer gehou totdat hulle in hulle nuwe Koninkryksaal ingetrek het. Omdat die Getuies die klaskamer skoon gehou het, herstelwerk gedoen het en vriendelik en hoflik was, het die direkteure van die skool ’n brief van waardering aan die gemeente geskryf.

Die brief het onder andere gesê: “Dankie vir julle groot liefde vir mense, wat duidelik gesien kan word deur almal wat julle teëkom, en vir julle sending- en humanitêre werk wat julle onder die algemene bevolking doen. Julle het ’n onvergeetlike indruk by ons gelaat tydens die jare wat ons saam gewerk het, wat toon dat dié wat in God glo, ordentlike, pligsgetroue, vriendelike en, bowenal, doelgerigte mense is wat geloof het en ’n sinvolle lewe lei.” Jehovah se Getuies waardeer hierdie woorde.

◼ Sowat 5 500 kilometer wes van Tsjita is ’n verteenwoordiger van die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland na ’n spesiale seremonie genooi wat deur die bestuur van die St. Petersburg-distrik gehou is. Die rede? Elke jaar nadat die sneeu gesmelt het, help die plaaslike Getuies om die rommel op te ruim wat ophoop op ’n 60 kilometer lange deel van ’n pad nie ver van die takkantoor af nie. Uit waardering vir hierdie goeie gemeenskapsgees het ’n amptenaar ’n sertifikaat van verdienste amptelik aan die verteenwoordiger van die takkantoor oorhandig. Die gehoor het hartlik hande geklap. Interessant genoeg, toe ’n gasheerspreker by die seremonie die goddelike naam, Jehovah, verkeerd uitspreek, is hy vinnig reggehelp deur verskeie nie-Getuies wat teenwoordig was, wat bewys dat hulle bekend is met God se naam sowel as die mense wat daardeur geïdentifiseer word.

Die hoofrede hiervoor is die openbare bediening van Jehovah se Getuies, waarvan daar sowat 150 000 in Rusland is. Dit is hulle doel om aan te hou om “groot liefde vir mense” te betoon deur die Bybel se vertroostende boodskap mee te deel aan almal wat bereid is om te luister.—Matteus 22:39.

[Prent op bladsy 29]

Die takkantoor in Rusland het ’n sertifikaat van verdienste ontvang

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel