Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/08 bl. 3-4
  • “Wat het met my kind gebeur?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wat het met my kind gebeur?”
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wysheid en begrip
  • Kommunikasie met adolessente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Vrae wat ouers vra
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Adolessensie—Voorbereiding vir volwassenheid
    Ontwaak!—2011
  • Wanneer jou adolessent jou geloof bevraagteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 6/08 bl. 3-4

“Wat het met my kind gebeur?”

Scott en Sandraa was uit die veld geslaan toe hulle 15-jarige dogter by die sitkamer instap. Haar hare, wat vroeër blond was, was nou bloedrooi! Die gesprek wat gevolg het, was selfs meer verbysterend.

“Het ons jou toestemming gegee om jou hare te kleur?”

“Wel, julle het nie gesê ek mag nie.”

“Hoekom het jy ons nie gevra nie?”

“Want ek het geweet julle sou nee sê!”

SOOS Scott en Sandra jou gou sal vertel, is adolessensie ’n onstuimige tyd—nie net vir jongmense nie, maar ook vir hulle ouers. Ja, baie ouers is heeltemal onvoorbereid op die dramatiese veranderinge wat plaasvind wanneer hulle kind puberteit bereik. “Ons dogter het sonder enige waarskuwing verander”, vertel Barbara, ’n ma in Kanada. “Ek het gewonder: ‘Wat het met my kind gebeur?’ Dit was asof iemand haar weggevat het terwyl ons geslaap het en iemand anders daar gelos het!”

Barbara se ondervinding is glad nie uniek nie. Kyk na wat ouers van regoor die wêreld vir Ontwaak! vertel het.

“Toe my seun ’n adolessent geword het, het dit gevoel asof hy skielik eiesinniger geraak het en meer geneig was om ons gesag te bevraagteken.”—Lia, Brittanje.

“Ons dogters het meer selfbewus geraak, veral oor hulle voorkoms.”—John, Ghana.

“My seun wou sy eie besluite neem. Hy wou nie gesê word wat hy moes doen nie.”—Celine, Brasilië.

“Ons dogter het nie meer soveel daarvan gehou dat ons haar druk en soen nie.”—Andrew, Kanada.

“Ons seuns het aggressiewer geraak. Pleks van ons besluite te aanvaar, het hulle dit bevraagteken en daaroor geredekawel.”—Steve, Australië.

“My dogter het haar gevoelens weggesteek. Sy was in haar eie klein wêreldjie, en sy het geïrriteerd geraak wanneer ek dit wou binnedring.”—Joanne, Mexiko.

“Ons kinders was geneig om geheimsinnig te wees en wou meer privaatheid hê. Hulle het dikwels verkies om by hulle vriende te wees.”—Daniel, Filippyne.

As die ouer van ’n adolessent vind jy moontlik dat van die kommentare hierbo net sowel jou eie kon gewees het. Indien wel, wees verseker dat jy nie hulpeloos is in jou strewe om hierdie “vreemdeling” in jou midde, jou tienerseun of -dogter, te verstaan nie. Die Bybel kan help. Hoe?

Wysheid en begrip

’n Bybelspreuk sê: “Verwerf wysheid, verwerf begrip” (Spreuke 4:5). Albei eienskappe is noodsaaklik wanneer jy met ’n adolessent te doen het. Jy het begrip nodig om verder as die gedrag te kyk en te verstaan presies wat jou kind deurmaak. Jy het ook wysheid nodig om so te reageer dat jy jou tiener steeds op die weg na verantwoordelike volwassenheid lei.

Moenie mislei word deur wat lyk na ’n groeiende gaping in die verhouding tussen jou en jou seun of dogter nie. Die feit is, gedurende hierdie moeilike stadium in die lewe het adolessente hulle ouers se betrokkenheid nodig—en wil hulle dit selfs hê. Hoe kan begrip en wysheid jou help om hierdie leiding te voorsien?

[Voetnoot]

a Name in hierdie reeks is verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel