Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/08 bl. 4-5
  • ’n Adolessent in die huis—die rol van begrip

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Adolessent in die huis—die rol van begrip
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Agter die gedrag
  • ’n Adolessent in die huis—die rol van wysheid
    Ontwaak!—2008
  • Wat is die uitdagings?
    Ontwaak!—2009
  • Is dit verkeerd om ’n bietjie privaatheid te wil hê?
    Ontwaak!—2010
  • Hulp vir vandag se jongmense
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 6/08 bl. 4-5

’n Adolessent in die huis—die rol van begrip

Gestel jy besoek ’n vreemde land en jy praat nie die taal nie. Kommunikasie sal ongetwyfeld moeilik wees—maar nie onmoontlik nie. ’n Fraseboek kan jou byvoorbeeld help om basiese uitdrukkings in die taal te leer. Of miskien kan iemand vir jou tolk sodat jy ander kan verstaan—en hulle jou kan verstaan.

OUERS wat tieners grootmaak, voel dalk soms of hulle hulle in ’n soortgelyke situasie bevind. Soos in die geval van ’n vreemde taal is die gedrag van adolessente dalk moeilik om te begryp—maar nie onmoontlik nie. Die sleutel vir ouers is om te probeer verstaan presies wat gedurende hierdie soms opwindende, maar dikwels verwarrende, stadium van die lewe plaasvind.

Agter die gedrag

’n Jong persoon se begeerte na onafhanklikheid is nie altyd ’n teken dat hy in opstand kom nie. Onthou, die Bybel erken dat “’n man sy vader en sy moeder [mettertyd sal] verlaat” (Genesis 2:24). Om jongmense voor te berei vir groter verantwoordelikhede as volwassenes, moet hulle ten minste ’n mate van ondervinding opdoen wanneer dit kom by besluitneming.

Kom ons kyk na wat moontlik agter die gedrag skuil wat deur die ouers in die vorige artikel waargeneem is.

Lia, in Brittanje, het gekla: ‘Dit het gevoel asof my seun skielik eiesinniger geraak het en meer geneig was om ons gesag te bevraagteken.’

Soos klein kindertjies vra tieners herhaaldelik: “Hoekom?” Maar nou is ’n kort, eenvoudige antwoord dalk nie die einde van die bespreking nie. Wat het verander? Die apostel Paulus het geskryf: “Toe ek ’n klein kindjie was, het ek soos ’n klein kindjie . . . geredeneer” (1 Korintiërs 13:11). Namate jongmense hulle redeneringsvermoë ontwikkel, het hulle breedvoeriger verduidelikings nodig sodat hulle “waarnemingsvermoëns” geoefen kan word.—Hebreërs 5:14.

John, in Ghana, het gesê: “Ons dogters het meer selfbewus geraak, veral oor hulle voorkoms.”

Of dit nou vroeg, laat of presies op tyd gebeur, die vinnige groei tydens puberteit maak dat baie jongmense baie selfbewus is oor hoe hulle lyk. Meisies voel dalk opgewonde of ongelukkig oor hulle nuwe kurwes—of ’n bietjie van albei. Voeg hierby die probleem van aknee—en die ontdekking van grimering—en dit is maklik om te verstaan waarom dit soms lyk asof tieners meer tyd voor die spieël as voor hulle skoolhandboeke deurbring.

Daniel, in die Filippyne, het verduidelik: “Ons kinders was geneig om geheimsinnig te wees en wou meer privaatheid hê. Hulle het dikwels verkies om by hulle vriende te wees.”

Geheimsinnigheid kan gevaarlik wees (Efesiërs 5:12). Privaatheid is egter iets anders. Selfs Jesus het die nut daarin gesien om “’n eensame plek [te soek] om alleen te wees” (Matteus 14:13). Wanneer jongmense grootword, het hulle ook ’n bietjie meer privaatheid nodig—en dit is vir hulle belangrik dat volwassenes daardie privaatheid respekteer. ’n Mate van privaatheid help jongmense om dinge te deurdink—’n noodsaaklike vaardigheid wat vir hulle baie nuttig sal wees as volwassenes.

Om te leer hoe om vriendskappe aan te knoop, is eweneens deel van grootword. Dit is wel so dat “slegte omgang . . . nuttige gewoontes [bederf]” (1 Korintiërs 15:33). Maar terselfdertyd is dit soos die Bybel sê: “’n Ware metgesel het te alle tye lief en is ’n broer wat gebore word vir die tyd wanneer daar benoudheid is” (Spreuke 17:17). Om te leer hoe om heilsame vriendskappe aan te knoop en te behou, is ’n belangrike vaardigheid waarby hulle selfs as volwassenes sal baat vind.

Wanneer ouers voor enige van die bogenoemde situasies te staan kom, sal dit verstandig wees as hulle begrip verkry sodat hulle nie die gedrag van hulle tieners verkeerd vertolk nie. Begrip moet natuurlik gepaardgaan met wysheid, die vermoë om op ’n situasie te reageer op so ’n wyse dat dit die beste resultaat tot gevolg sal hê. Hoe kan ouers van adolessente dit doen?

[Lokteks op bladsy 5]

Namate jongmense hulle redeneringsvermoë ontwikkel, het hulle breedvoeriger verduidelikings vir gesinsreëls nodig

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel