Sy verkies dit bo enige speelding
Is dit moontlik dat klein kinders ’n boek bo speelgoed sal verkies? Ja, beslis, as ouers hulle van kleins af aan boeke blootstel. Mebrahdtu en Angela, ’n egpaar in Kalifornië, VSA, het die boek Leer by die Groot Onderwyser vir hulle dogter begin lees vandat hulle haar van die hospitaal af huis toe gebring het.
“Gevolglik”, het die ouers geskryf, “het sy baie lief geword vir die Onderwyser-boek. Toe sy maar net 12 maande oud was, het sy begin vra dat ons vir haar lees uit wat sy die Jesus-boek genoem het. Julianna is nou drie jaar oud en sien gretig uit na die gesellige sessies wat sy elke dag saam met haar ma of pa geniet. Ons oordryf nie wanneer ons sê dat ons dogter hierdie boek bo enige speelding verkies nie. Die prente en illustrasies is op sigself nuttige onderrigmiddele. As haar ouers leer ons ook baie.”
Jy kan hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye, dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif, aanvra. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.