Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 9/22 bl. 31
  • Waarom baie mense bloed weier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom baie mense bloed weier
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Kanada se “besmette bloed”-ondersoek
    Ontwaak!—1995
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Bloedoortappings—Hoe veilig?
    Hoe kan bloed jou lewe red?
  • Is Bloed wat vir MIV getoets is, veilig?
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 9/22 bl. 31

Waarom baie mense bloed weier

IN WAT ’n epogmakende besluit genoem is, het ’n hof in Ontario die Kanadese Rooikruis aanspreeklik gehou vir die HIV-besmetting van twee mense wat ’n bloedoortapping ontvang het—albei het besmette bloed van dieselfde skenker ontvang. “Wanneer iets so rampspoedigs soos besmette bloed die lewe van ontvangers bedreig”, het regter Stephen Borins gesê, “vereis dit dringende aksie.”

Gedurende die tagtigerjare is ongeveer 1200 Kanadese met HIV besmet, en ’n bykomende 12 000 het hepatitis C opgedoen—almal van besmette bloed en bloedprodukte. Om die aantal besmettings te help verminder, word skenkers baie sorgvuldiger getoets. Maar nie alle skenkers is eerlik oor hulle seksuele lewe nie. ’n Opname in die Verenigde State het byvoorbeeld getoon dat 1 uit 50 skenkers nie risikofaktore, soos homoseksualiteit of geslagsomgang met ’n prostituut, gemeld het nie.

Wat ook tot die dilemma bydra, is die feit dat bloedtoetse nie onfeilbaar is nie. Volgens die tydskrif New Scientist “kan huidige toetse nie die virusse opspoor as iemand bloed skenk binne drie weke nadat hy met HIV besmet geraak het nie. Vir hepatitis C kan hierdie ‘vensterperiode’ meer as twee maande lank wees.”

In die laaste jare was daar ’n opvallende afname in die aantal Kanadese wat gewillig is om bloed te skenk—of te ontvang. Die rubriekskrywer Paul Schratz skryf: “Met die afname in belangstelling om bloed te skenk en die toename in mense wat nie kan skenk nie, kan ons God dank dat Jehovah se Getuies baanbrekerswerk doen in navorsing oor bloedplaasvervangers.”

Interessant genoeg, The Toronto Star berig dat sowat 40 mense “wat in Kanadese hospitale opgeneem is valslik beweer het dat hulle Jehovah se Getuies is omdat hulle nie bloedoortappings wou hê nie”. Opnames toon dat ongeveer 90 persent van Kanadese die een of ander plaasvervanger vir geskenkte bloed sou verkies. Die gebruik van bloed is derhalwe nie meer net ’n godsdienskwessie nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel