Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 5/22 bl. 31
  • My bye het kuikens uitgebroei!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • My bye het kuikens uitgebroei!
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wonder van die volstruiseier
    Ontwaak!—2002
  • Getroue ouers wat saamwerk
    Ontwaak!—2009
  • Voeding en versorging in die dierewêreld
    Ontwaak!—2005
  • Lesse wat ons leer by die voëls van die hemel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 5/22 bl. 31

My bye het kuikens uitgebroei!

EK WOON op ’n plasie in die noorde van Swede. Onlangs, toe twee van my henne begin broei het, het ek hulle optrede dopgehou. ’n Paar dae nadat die eerste kuikens uitgebroei het, het ’n paar van hulle rondgeloop en voor die ander hen verbygegaan. Sy het aangeneem dat dit haar kuikens is en het onmiddellik opgestaan, haar eiers verlaat en die kuikens onder haar begin bymekaarmaak. Die kuikens het blykbaar nie omgegee watter hen vir hulle sorg nie.

Ek het probeer om die hen sover te kry om die “gesteelde” kuikens terug te gee en weer op haar eie eiers te sit, maar dit was tevergeefs. Ek was op die punt om die eiers wat sy verwerp het weg te gooi toe ek gaan stilstaan en dink: ‘Daar is dalk nog lewe in hulle!’ Toe het ek aan ’n plan gedink.

’n Groot swerm bye handhaaf ’n konstante temperatuur van ongeveer 34 grade Celsius in hulle korf. Ek het dus die eiers geneem en hulle op ’n laag watte bo-op die broeikas in een van my byekorwe neergesit. Daarna het ek twee koppies water naby hulle neergesit om die “nes” vogtig te help hou. Ek het die eiers elke dag omgedraai en sodoende die broeis hen nageboots.

Ná ’n paar dae het ek duidelike piepgeluide uit ’n hele paar van die eiers hoor kom. Kort daarna het ’n nat kuikentjie deur sy dop gebreek! Ek het hom onmiddellik opgetel en onder die hen gesit wat haar eiers verwerp het. Gelukkig het sy hom aanvaar. Sy het weldra ’n broeisel van 12 donserige kuikentjies gehad om te versorg, danksy die besige bye.—Bygedra.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Alle foto’s: Foto, Roland Berggren, Västerbottens-Kuriren, Sverige

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel