Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 5/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan ’n Internetverhouding regtig gevaarlik wees?
    Ontwaak!—2005
  • Die Internet—Maak wyse gebruik van ’n wêreldwye kommunikasiemiddel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 5/22 bl. 30

Van ons lesers

Internet Ek studeer rekenaaringenieurswese, en ek wil julle gelukwens met die reeks “Die Internet—Is dit vir jou?” (22 Julie 1997). Die artikels was saaklik, leersaam en wetenskaplik akkuraat. Julle is dit nie eens met die sinlose vooroordeel en paniek in verband met die Internet nie. Aan die ander kant het julle nie die werklike gevare verberg nie.

L. E., Italië

Ek gee rekenaarklasse en koop dikwels tydskrifte oor rekenaars om op hoogte te bly. Nie een van hulle was al moedig genoeg om so eerlik oor die voor- en nadele van die Internet te praat nie.

A. A. S., Brasilië

Ek het in die laaste tyd baie omtrent die Internet gehoor, maar ek het dit nie heeltemal verstaan nie. Julle reeks het hierdie onderwerp op ’n baie eenvoudige manier verduidelik.

A. H., Indië

Julle het op so ’n manier geskryf dat selfs lesers met geen of min kennis van die Wêreldwye Web dit maklik kon verstaan. Julle het ons ook gehelp om te sit en die koste te bereken wat met die gebruik van hierdie diens gepaardgaan.

E. K., Etiopië

Dis altyd my skuld Ek is 15 jaar oud, en die artikel “Jongmense vra . . . Waarom is dit altyd mý skuld?” (22 Julie 1997) het trane oor my wange laat loop. Ek is die jongste in die gesin en daar word altyd op my gepik. Dankie dat julle hieroor geskryf het.

N. H., Verenigde State

Skeurvallei Ek het dit besonder baie geniet om die artikel “Die Groot Skeurvallei” (22 Julie 1997) sommer ’n hele paar keer te lees. Dit was soos om op safari te gaan. My man het in Afrika gewerk, en ek kon op ’n toer na die suidelike deel van Tanzanië gaan. Ek het die hele tyd deur die ruit van ons Land Rover gekyk. Alles is so helder en kleurryk in Afrika; dit het ’n onuitwisbare indruk op my gemaak.

B. S., Kanada

Kinders wat floreer Ek wil julle bedank vir die uitstekende reeks “Help jou kinders om te floreer” (8 Augustus 1997). Dit was vir my baie nuttig en aanmoedigend. Ek het ’n driejarige seuntjie, en hierdie artikel het my gehelp om sy standpunt te verstaan en om hom op ’n beter manier te dissiplineer. Ek is Jehovah innig dankbaar vir hierdie artikels.

P. S., Italië

Die artikel “Harde woorde, verpletterde gees” het my diep getref. My hele lewe lank was ek baie krities oor myself. Ek is bly om te sien dat julle, in plaas van baie krities te wees, op liefdevolle wyse almal probeer help wat soveel lyding deurgemaak het. Mag Jehovah voortgaan om julle te seën en die skryfwerk te rig aan artikels wat so nuttig en gerusstellend is.

L. D., Kanada

Ek hoop dat die artikels ander sal laat besef wat die grondoorsaak is van al die innerlike pyn wat baie van ons deurgemaak het. Dankie dat julle hierdie onderwerp aangeroer het.

L. B., Verenigde State

Artikels soos dié help my om my werk as ’n onderwyseres by ’n kleuterskool beter te doen. Duisend maal dankie dat julle ons op hoogte hou en ons help om te verbeter.

G. R., Mexiko

Die artikels het my weer ’n bietjie hoop gegee. Ek kom uit ’n disfunksionele gesin, en ek vind dit dikwels moeilik om te dink dat ek goed genoeg is om Jehovah te dien en vir my dogtertjie te sorg. Ek sal my bes doen om die wenke in die artikel toe te pas. Dankie dat julle omgee.

A. A., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel